Covid-19-statistieke: Nog minder gevalle aangemeld

Argieffoto van gesondheidswerkers (Photo by Phill Magakoe / AFP)

Nog 11 215 pasiënte het in die laaste siklus van 24 uur positief getoets.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) verteenwoordig die jongste toename in gevalle ’n positiwiteitskoers van 29,3%, terwyl nog 183 sterftes intussen aangemeld is. Dít bring die land se dodetal op 66 859 te staan.

Minstens 2 295 095 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen.

Daar is tans 178 072 aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika en tot dusver het 2 050 164 mense van die virus herstel. Dit dui op ’n herstelkoers van 89,3%.

Gauteng is steeds verantwoordelik vir die meerderheid nuwe gevalle (37%), gevolg deur die Wes-Kaap (19%) en Limpopo en Mpumalanga (elk 9%). KwaZulu-Natal en Noordwes het elkeen 7% van nuwe gevalle aangemeld, terwyl 5% van nuwe gevalle in die Oos-Kaap aangemeld is. Die Vrystaat is in dié stadium verantwoordelik vir 3% van nuwe gevalle en die Noord-Kaap vir 2%.

ProvinsieNuwe gevalle op 18 Julie 2021Totale gevalle tot en met 18 Julie 2021
Oos-Kaap512218 521
Vrystaat317123 111
Gauteng4 398816 240
KwaZulu-Natal829375 761
Limpopo981101 960
Mpumalanga1 035113 945
Noordwes765117 530
Noord-Kaap22263 416
Wes-Kaap2 156364 611
Totaal11 2152 295 095

Nog 400 Covid-19-pasiënte is intussen in ’n hospitaal in Suid-Afrika opgeneem. Dit beteken 16 819 mense word tans vir Covid-19 in hospitale landwyd behandel. Hiervan is 9 499 pasiënte in private hospitale en 7 320 mense in staatshospitale.

Altesaam 16 351 inentings is sedert die vorige verslag gedoen. Meer as 5 miljoen mense in Suid-Afrika is tot dusver teen Covid-19 ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Dirk Mostert ·

Nios moet ook aandui hoeveel van die gevalle en sterftes was reeds geent. In die VSA, VK en EU word wel sulke inligting ingesamel.

Hendrik Marthinus ·

Hoe lyk Dai Statistieke Dirk
Is dit belowend of nie

piet ·

Dirk, ek sou se bittermin siende dat relatief min mense ingeent is.

Marisa W ·

Gee net so week kans – dan is die gevalle in Gauteng en KZN die hoogte in weer.

Belinda ·

Na al die “looting”gaan daar seker binnekort baie hoe statistieke vir Gauteng en KZN wees. Ek bid en dank die Here elke dag dat hy sover nog my hele familie veilig hou. Ek sit nog op die wik en weeg of ek vir die inenting moet gaan. dis scary om te sien hoe families uitgewis word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.