Covid-19-statistieke: Nog minder nuwe gevalle

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Verskaf)

Suid-Afrika het teen Sondagaand altesaam 2 919 632 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 300 nuwe gevalle is aangemeld.

Nog 11 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 88 925 te staan bring.

Altesaam 2 811 439 pasiënte het in dié stadium reeds herstel. In hierdie stadium is daar 19 268 aktiewe gevalle van Covid-19.

ʼn Totaal van 21 551 nuwe toetse vir Covid-19 is gedoen, waaronder 12 792 (59%) in die private sektor en 8 759 (41%) in die openbare sektor.

Die meeste nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal (23%), gevolg deur Gauteng en die Wes-Kaap (19%), die Noord-Kaap (10%), die Oos-Kaap (9%), Noordwes en Mpumalanga (6% elk), die Vrystaat (5%) en Limpopo (3%).

Nuwe gevalle per provinsie:

  • KwaZulu-Natal: 69
  • Gauteng: 57
  • Wes-Kaap: 57
  • Noord-Kaap: 31
  • Oos-Kaap: 27
  • Noordwes: 18
  • Mpumalanga: 18
  • Vrystaat: 14
  • Limpopo: 9

Die departement het aangedui dat altesaam 21 321 996 inentings teen Sondagaand gedoen is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Frank John ·

Op die 31st sal daar geen nuwe gevalle wees nie en geen sterftes nie ook nie op die 1ste November nie.

KB ·

Ja nê, die getalle is nou só laag, dat dit nie meer nuus is nie.
Daar is meer slagoffers van geweld die naweek gewees, as slagoffers van Covid.

Casper ·

Indien die nuwe gevalle wat aangemeld is wel so laag is,is dit verblydend en is dit van lewensbelang dat mense inent voor die volgende winter.Indien dit kan gebeur kan die pandemie gestuit word en sal daar net sporadiese gevalle wees.Sal dit nie goed wees as die noodtoestand opgehef word en ons kan aangaan met daaglikse aktiwiteite nie.Die ekonomie kan dan herstel as daar nie verdere korrupsie is nie maar is dit moontlik.

MARELIZE ·

Ja nê… en kom Desembervakansie dan hol die getalle weer weg en mag ons nie by familie of die see kuier nie. So belaglik!!

Dirk Mostert ·

Dat coronavirusse winter-gebonde is is duidelik. Die VK en VSA ondervind tans ‘n toename in gevalle ten spyte van hul entstatus. Dit wys laasjaar se Desembervlaag hier was gekook.

Snowball ·

Het die hospitale wat (sommige 400% meer) suurstof aangekoop het in Des ook hulle getalle gekook en dan die suurstof sommer in die niet ingelaat? Jy moet asb jou feite bring as jy anders kan bewys.

VaalDonkie ·

He daai hospitale die suurstof gebruik, of net bestel vir ingeval? Eerlik vraag.

Papsak ·

Ja nee verstaan dit nie maar toemaar kyk na die 1 ste hoe styg hy dan weer hulle weet net hoe om ons gevange te hou ha ha haaaa

Jacob ·

Dit moet natuurlike immuniteit wees aangesien die nuutste data vir die daling in doeltreffendheid van entstowwe vanaf 1 Februarie 2021 tot 13 Augustus 2021 as volg is:

Johnson & Johnsen Janssen van 92% geval na 3%
Moderna van 91% na 64%
Pfizer 95% na 50%
Bron: medRxiv, BMJ & CSH

Die Israeliese onafhanklike studie noem dat natuurlike immuniteit 13 keer meer doeltreffend is as entstowwe en hoort teen hierdie tempo binnekort 100 keer meer doetreffend te wees. Kombineer dit met alternatiewe voorkomende en simptomatiese behandelings teen Covid 19 en ons hoort redelik gou kudde immuniteit te bereik sonder “entstowwe”. Met die inentings mandate gaan kudde immuniteit ‘n droom bly vir die algemene bevolking en ‘n droom bewaarheid word vir die farmaseutiese maatskappye.

Dit moet te alle tye elke individu se reg wees om die entsof keuses te maak.

Oomniklaassevriend ·

Stem saam. Enige iemand wat nou nog glo dat daar dmv. inentings kudde-imuniteit bereik gaan word is oningelig. Die studie in Israel is maar een voorbeeld van verskeie soortgelyke verskynsels.

Thom ·

Jy lees die studie in Israel heel anders as mense met insig .

Jacob ·

Ek lees dit heel goed dankie, dieselfde as wat kenners op die gebied dit lees. Feit bly staan dat die entstowwe se wiele afkom.

Thom ·

Het jy ook raakgelees dat geënte persone se kanse 10 KEER laer is om ernstig siek te word as oningeënte persone ? Terloops hier by ons sien ons dat dit eerder 100 keer laer is

Jacob ·

Die risiko besluit bly by elkeen. Vir my gaan dit daaroor dat daar van die begin net gelieg is oor die hele storie. Anthony Fauci het reeds in 1999 tydens ‘n Milken debat genoem dat almal in die wereld inge-ent moet word, die Chinese het gelieg oor wanneer die eerste gevalle aangemeld is en Tedros van die WGO het goed saam deelgeneem aan die oneerlikhede, die entstowwe sou toe volkome beskerming bied, toe sou dit aansteeklikheid verminder, toe sou dit kudde immuniteit teweegbring, toe sou dit keer dat jy nie so maklik hospitaliseer word nie en doodgaan nie.

Nog nooit het ek ondervind dat soveel so baie saamlieg nie. Indien dit werklik ‘n entstof was, sou dit beskerming bied soos erkende en getoetste entstowwe teen pokke, ens. Dit bly elkeen se keuse en my keuse sal jou nie benadeel nie.

Thom ·

Ek het respek vir jou keuse maar jou keuse benadeel die samelewing as sodanig ___ elke geval wat in hoësorg beland kos die land ‘n klomp onnodige geld __ ons kry nie hier volledig ingeënte persone in intensiewe sorg nie en kry baie min pasiënte wat nie ingeënt was nie deur __ dit is uiters demoraliserend vir dokters en verpleegpersoneel . Gewoon ‘n onverantwoordelike benadering __ baie soos bestuur onder die invloed van drank .

Anoniem ·

Thom ek het nie die tyd of lus om sy bronne na te gaan nie maar dit is tot dusver goed soos yournews volgens hom kan jy niks vertrou in die “mainstream” media nie.

Jacob ·

Liberale Koos, jou bydrae is nou eintlik? Geld die peer review ook vir Ivermectin navorsing soos uiteengesit deur onder andere in die FLCCC Alliance se webblad?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.