Covid-19-statistieke: Nou styg getalle weer

(Argieffoto: Unsplash)

Altesame 472 nuwe gevalle van Covid-19 is bevestig, ʼn toename van die 331 wat ʼn dag tevore aangemeld is, en ook ʼn styging in die gemiddelde getal nuwe gevalle oor die vorige sewe dae (391).

Die positiwiteitskoers staan tans op 1,4% en meer as 33 000 nuwe toetse vir die koronavirus is gedoen.

Altesame 2 920 581 gevalle is tot dusver bevestig en 2 813 218 mense het reeds van die siekte herstel.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê daar is in hierdie stadium 18 314 aktiewe gevalle van die virus.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (22%), gevolg deur die Wes-Kaap (19%), KwaZulu-Natal (14%), die Noord-Kaap (13%), die Vrystaat (9%), die Oos-Kaap, Noordwes en Mpumalanga (7% elk) en Limpopo (3%).

Nog 62 sterftes is aangemeld en die sterftesyfer staan nou op 89 049. ʼn Bykomende 29 mense is ook in hospitale vir behandeling van Covid-19 opgeneem en 3 993 mense word in hierdie stadium in private en staatshospitale vir Covid-19 behandel.

Nog 191 264 dosisse entstof is Woensdag toegedien, wat die algehele syfer op meer as 21,9 miljoen te staan bring. Nog 154 047 mense is gister ten volle ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

VaalDonkie ·

Onthou, mense, dis nie ‘n opwaartse neiging totdat dit ‘n paar dae agtermekaar styg nie.

William ·

Alles beplan, sal sien wat gebeur na die verkiesing en veral begin Desember. Hou maar julle vakansie geld in die bank

RB ·

Korrek! Weermag is reeds ingelig en gereed vir streng Desember lockdown.

Ek hoop van harte mense het, soos De Kock, die moed van hul oortuiging om op te staan teen diè manupilasie en beheer.

Elke individu moet self verantwoordelikheid wees.
Die regering het geen reg om wèèr families samesyn oor kerstyd te ontneem.

MakersMark ·

Sameswerings teorie……..seker selfde “hulle” wat die reelings tref as die vorige drie golwe ??

piet ·

Meer toetse = meer potensiele positiewe gevalle. Jy moet appels met appels vergelyk. Meet as persentasie van die aantal toetse wat gedoen word. Oor die afgelope naweek is byvoorbeeld 3-keer minder toetse as nou gedoen. Dinge lyk redelik bestendig vir my.

Jana ·

Ai tog, as ons dit net al onder 200 nuwe gevalle kan hou en geen sterftes nie?

Casper ·

Sal dit nie wonderlik wees nie Jana,maar dan moet mense nie luister na vals profete nie en inent.Dit is belangrik dat mense die voordele van die entstof insien.Die koeler weer speel ook ‘n faktor.

Oomniklaassevriend ·

Inenting gaan nie help nie. Afrika het die laagste inentingskoers en ook die laagste sterftesyfer. Die Amishgemeenskap in die VSA het weens hulle nagmaalgebruike ‘n hoë aanvanklike besmettingkoers ondervind en het nou weens natuurlike weerstand van die laagste hospitalisasie en sterftes. Die Amish gebruik nie entstowwe nie.

Dirk Mostert ·

Het al tevore voorspel die laagtepunt sal in die week van die verkiesing wees. Netsoos ek voorspel het dat ons gedurende die verkiesing op vlak 1 sal wees. Ek is nie ‘n siener nie, maar lees die owerhede soos ‘n boek,

MakersMark ·

Voorspelling sal verkeerd wees jy sal nie wen nie dan sal vir jou vertel word “hulle” het die nommers “gekook”. As jy vra wie is hulle sal jy nie ‘n antwoord kry nie…….

Anel ·

En Disdag gaan dit die hoogte in skiet. En dan word ons gedreig met die 4de vlaag, in die middel van die somer en Deseber is ons weer op vlak 4. Al so moeg vir die klug!!!

Magda ·

Oppad Desember maand toe, geen alkohol, geen strand. Hoop ons mense gaan dit NIE TOELAAT NIE GENOEG IS GENOEG ANC GEMORS

Frank John ·

Drinkers moet maar nou koop en opstok want hulle gaan hul agenda weer dryf met passie!!!

Frank John ·

Gee vir ons die statistieke op ander siektes en sterftes. En trek hulle af van dié “corona” tellings wat julle vir eie gewin daar by getel het. O’ en moenie dit weer later daar by tel om jul eie agenda te bevorder nie. Dit klink, volgens julle raporte of alle ander siektes en sterftes nie meer gebeur of plaas vind nie.
Hahaha, dit is een ding wat “Coronavirus” reg gekry het, het alle ander siektes en sterftes uitgewis en die wêreld het nou net een siekte, “Corona”!!! Hahaha

annie ·

Die grafiek van die noordelike halfrond dui ons pad aan hoewel die klimaat hemelsbreed verskil. Ons is dalk in ‘n beter posisie omdat dit nou somer word om die 4e fase vry te spring maar die man met die rooiveerhoed hou nie van jolige kêrels op strande nie. Dus geld inperkings dalk weer vanaf Desember… met net ‘n blertsie alkohol(-gel) vir die rye soet landsburgers by winkeldeure.

Papsak ·

Ja ek stem hier kom desember vakansie en verkiesing en ewe skielik skiet die gevalle weer hoogte in kyk hoe oulik word gespeel julle is nie met kinders te doen nie ons is groot mense julle planne wys alles julle is pateties

Jeffrey ·

Ja, want baie mense is nie lus om na werk in n donker huis te gaan sit en isoleer met load shedding nie, ek moet na werk maar n plek gaan soek waar ek n warm maaltyd kan koop, en dan is ons tussen baie ander mense. So its not possible “to stay home” like Cape Town’s poster asks us to do. This is efrica after all.

Pietertjie ·

Kan mens dit nou toeskryf aan die koel weer wat oor die binneland trek?

Jan GL ·

Stel die verkiesing uit tot na die 15de en kyk hie val die positiwiteitskoers

Charles ·

Hou die verkiesing na die vakansie, dan bly die getalle laag ;)

Danie ·

Lyk my hier is baie mense wat meer as weet as die res van ons, hulle almal voorspel en vertel vir ons hoe die syfer in die volgende paar weke gaan lyk. Miskien moet ek by julle aanklop vir my volgende lotto nommers.

Oom Kaspaas ·

Die getalle is ELKE WEEK Donderdag bietjie hoër as die ander dae, gaan kyk maar die weeklikse trends

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.