Covid-19-statistieke: Positiwiteitskoers byna 25%

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het teen Vrydagaand altesaam 3 879 434 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 8 351  nuwe gevalle is aangemeld. Die jongste positiwiteitskoers is 22,5%.

Nog 114 sterftes is aangeteken, waarvan drie die afgelope 24 tot 48 uur bevestig is. Dit bring die algehele sterftesyfer op 100 744 te staan.

Altesaam 37 115 nuwe toetse vir Covid-19 is gedoen, waaronder 20 781 (56%) in die private sektor en 16 334 (44%) in die openbare sektor.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (40%), gevolg deur KwaZulu-Natal (19%), Wes-Kaap (18%),  Oos-Kaap (7%), Vrystaat (6% elk), Mpumalanga, Noordwes en Noord-Kaap (3% elk) en Limpopo (1%).

Nuwe gevalle per provinsie:

Gauteng: 3 329
KwaZulu-Natal: 1 612
Wes-Kaap: 1 507
Oos-Kaap: 601
Vrystaat: 469
Noordwes: 263
Mpumalanga: 254
Noord-Kaap: 233
Limpopo: 83

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

KaRoOkWaGgA ·

Hoeveel nuwe kanker gevalle?
Hoeveel nuwe HIV gevalle?
Hoeveel sterftes aan bognoemde siektes?
Ons kry nie bogenoemde syfers nie, want dit laat Covid na ‘n grap lyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.