Covid-19-statistieke: Positiwiteitskoers effens laer

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: GCIS)

Die persentasie Suid-Afrikaners wat Sondag positief getoets het vir Covid-19 (19,5%), is effens laer as die gemiddeld van 22,9% wat die afgelope week aangeteken is. Nietemin het 6 375 mense Sondag positief getoets vir Covid-19, wat beteken dat 3 921 633 mense in Suid-Afrika nou al positief getoets het vir die virus.

Wat nuwe gevalle betref is die meeste in Gauteng (2 190) en die Wes-Kaap (1 470) aangeteken. Limpopo het slegs 55 nuwe gevalle van Covid-19 aangeteken, wat 1% van die gevalle landwyd uitmaak. Gauteng is tans die episentrum van die virus, met meer as 13 000 mense in dié provinsie wat nou Covid-19 onder lede het.

Ses mense is Sondag aan Covid-19-verwante komplikasies dood en 134 is in die hospitaal opgeneem. Wat inentings betref is net 2 804 mense Sondag teen Covid-19 ingeënt. Die meeste hiervan was in KwaZulu-Natal (860). Net ses mense in die Vrystaat en 18 in die Wes-Kaap is die afgelope 24 uur ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Wielspore ·

Sederd die ontstaan van Covid het ek die virus vrygespring tot 02 May 2022 toe ek positief toets, ten spyte van hoofpyn, koors, bewerasie, hoes en moegheid het die virus gekom en gegaan. Die moegheid vat langer om reg te kom in vergelyking met ander virus siektes.

Wicus ·

Ek is nog aan die herstel. Simptome soos joune gewees. Was twee dae plat, toe skielik beter met ops en afs. Vreemde ervaring, glad nie soss griep wat by my gewoonlik ‘n geleidelike verbetering baan gevolg het. Die moegheid tref my nog gereeld, maar verder dink ek ek is gesond.

Sarie ·

Wag tot almal wat siek geword het na die yskoue naweek en loadshedding hul gaan laat toets. Die naweek was wenresep om syfers weer op te stoot.

Henri ·

Ek het die vorige artikel oor aappokke gelees en sien die COVID-statistieke is ook weer nuus. Hoe meer die mens saniteer, hoe meer “nuwe” siektes gaan ons sien. Vertrou jou eie immuunstelsel en vul dit aan met vitamines en essentiële minerale indien jy nie genoegsame groente en vrugte eet nie. Die mens oorleef al immers duisende jare.

Albert Kruger ·

Henri, ek stem saam dat ‘n gesonde leefstyl wondere vir jou immuunstelsel beteken, maar ek dink darem nie sanitasie veroorsaak siektes nie. Toe mense in die middeleeue in groot groepe begin saamleef het, het onhigiëniese omstandighede vir eeue tot groot sterfte-getalle gelei wat eers met die koms van beter sanitasie verbeter het.

Anel ·

Mense “saniteer” al die goeie kieme weg. Nou kom ‘n gewone kiem en maak mense siek wat die goeie kieme en weerstang is weggewas. Hou tog net op met dit. Bly gewoonweg skoon. En kyk bietjie hoeveel mense op plase en met diere wat nue heeldag tyd het om goeie kieme weg te was nie, hoe gesond is hulle! En hou tog op om vir elke neusloop en seerkeel te toets. Jy is positief vir gewone verkoue of griep. Die wat positief toets skrik hulle in ‘n ander bloedgroep in en verbeel hulle hulle is op hul laaste! Asseblief, drink jou gewone verkoue en griep medisyne, bly vir 2-3 in die bed en dan gaan jy beter voel. Wens almal wil ophou paranoïs wees!!!!

Wicus ·

So dink ek ook. Leef normaal sindelik. Jou liggaam moet leer om kieme natuurlik te beveg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.