Covid-19-statistieke: SA steek 20 000-kerf verby

(Foto: pixabay)

Op dag 57 van die landwye staat van algehele afsondering staan die getal bevestigde Covid-19-gevalle in Suid-Afrika nou op 20 125, ʼn styging van 988 sedert ʼn dag gelede.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagaand gesê nóg 28 Covid-19-verwante sterftes is bevestig.

Die dodetal weens die pandemie staan tans op 397.

Altesaam 17 599 toetse vir die nuwe koronavirus is die afgelope 24 uur gedoen en ʼn totaal van 543 032 toetse is tot op hede in Suid-Afrika gedoen.

ProvinsieSterftes
Oos-Kaap53
Vrystaat6
Gauteng29
KwaZulu-Natal47
Limpopo3
Mpumalanga0
Noordwes1
Noord-Kaap1
Wes-Kaap257
Totaal397

Altesaam 10 104 mense het reeds van die nuwe koronavirus herstel.

In die Wes-Kaap, wat steeds die episentrum van die virus in Suid-Afrika is, het 12 519 mense tot dusver die virus opgedoen. Die provinsie het reeds 107 567 toetse, of amper ʼn kwart van alle toetse in die land, gedoen.

Die provinsie het R1,4 miljard bewillig vir die aankoop van voorraad soos persoonlike beskermende toerusting, mediese toerusting en beddens. Die geld sal ook vir humanitêre hulp aangewend word om die uitwerking van die afsonderingstydperk op inwoners te verminder.

Nagenoeg R168 miljoen sal aan kwarantyn- en isolasiefasiliteite, wat die oprig van ʼn veldhospitaal insluit, bestee word.

(Grafika: Elsabe Erasmus)

(Grafika: Elsabe Erasmus)

(Grafika: Elsabe Erasmus)

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Willem ·

Mkhize is nou so besig om Prof Gray sleg te maak hy nie meer tyd vir die virus nie

Martie Smartie ·

Soos enige een kan sien, ten spyte daarvan dat die aantal nuwe toetse per dag vir 2 dae agtermekaar heelwat minder was, het die positiewe gevalle en sterftes gestyg. Dit lyk dus logies dat die regering se drakoniese onlogiese regulasies niks help om die kurwe v positiewe gevalle en sterftes af te plat nie. Dit maak goeie bewyse vir n saak v oortreding vd PFMA van Zuma en haar bevelsraad dat hulle belastinggeld vermors deur drank en sigaret verkope te verbied. Hulle moet bewys dat dit werk. Sal graag hulle bewyse wil sien. Blote spekulasie. Geen bewyse. Mense rook en drink, hulle kry dit net op ander plekke. En die belastingkas verloor miljarde in belasting. Sien sy dan nie die prentjie nie? Kan iemand dit vir haar en Cele verduidelik asb?

Dirk Mostert ·

Dit lyk nie vir my of die afsonderingsmaatreels, wat die ekonomie verwoes en almal se lewens ontwrig, enige uitwerking op die statistiek het nie. Kamtig die kurwe afplat! Dis reeds bewys (Tanzanie) dat die toetse nie betroubaar is nie. Simptome vir Covid-19 en gewone griep is dieselfde. Hoeveel griepgevalle gaan hierdie winter as Covid-19 getel word? Jammer, maar ek vertrou nie meer enige statistiek wat deur die regering verskaf word nie. Dit sluit in die 4% inflasiekoers en matriekslaagsyfers.

marius ·

As die virus sy oorsprong uit die VSA of Europa gehad het , en die wereld besmet het sou daar al misiele gevlieg het . Nog geen frons oor hul broers in sjina nie of glo hulle steeds die ambassadeur wat vertel dat die VSA dit geplant het ?

Kobus ·

Na aanleiding wat ons ondervind in die buiteland wil ek graag waarsku oor die volgende. Ek verstaan daar is streng maatreels by bejaardesorgoorde, wat goed is, by ons is dit n groot % van alle sterftes en die aansteeklikheids syfers onder inwoners en personeel is baie hoog. In baie gevalle is daar n tekort aan PPE en personeel en sorg. Die 2de is dat die winter met verkoue,griep, kovid baie probleme veroorsaak, deels omdat van die simptome aanvanklik dieselfde is-tekorte aan swaps en toetse is algemeen, lab toetse kan maklik 8 dae plus neem, met die gevolg dat jy nie weet of jy kovid het voordat dit amper te laat is nie, intussen steek jy familie en ander aan. Dikwels het jy geen ander keuse om in selfisolering te gaan nie. Hospitalisasie is ook nie n opsie nie, tensy jy ernstig in nood is. Social distancing en n gewone common sense benadering is die beste om jou en almal om jou te beskerm. Intussen gaan die lewe aan, maar dit is n ander “normaal” as wat ons gewoond was. Sterkte.

Baardman ·

Eenvoudige som sê vir my 10 021 is nog positief, maw meer as 50% het reeds herstel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.