Covid-19-statistieke: Só lyk aktiewe gevalle

(Foto: Denis Balibouse/Keystone via AP)

Suid-Afrika het nou meer as 683 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 027 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Dinsdagaand bevestig dat 683 242 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 17 103 nadat nog 87 sterftes aangemeld is: vier in die Oos-Kaap, 35 in KwaZulu-Natal, 28 in Gauteng, vyf in Noordwes en 15 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 616 857 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 90%.

Suid-Afrika het tot dusver 4 294 931 toetse vir Covid-19 gedoen, 14 591 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap89 99113,2%
Vrystaat48 8657,2%
Gauteng221 32032,4%
KwaZulu-Natal119 76917,5%
Limpopo15 8802,3%
Mpumalanga27 7184,1%
Noordwes30 1034,4%
Noord-Kaap18 0002,6%
Wes-Kaap111 59616,3%
Totaal683 242100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap3 14485 3011 546
Vrystaat1 07334 80812 984
Gauteng4 332197 71219 276
KwaZulu-Natal2 778111 2845 707
Limpopo39114 841648
Mpumalanga56626 492660
Noordwes37527 1342 594
Noord-Kaap22114 8142 965
Wes-Kaap4 223104 4712 902
Totaal17 103616 85749 282

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.