Covid-19-statistieke: Só lyk aktiewe gevalle per provinsie     

(Argieffoto: pixabay)

Suid-Afrika het nou meer as 638 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 633 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand bevestig dat 638 517 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 14 889 nadat nog 110 sterftes aangemeld is: 31 in KwaZulu-Natal, 24 in Gauteng, sewe in die Oos-Kaap, nege in die Vrystaat, een in die Wes-Kaap en 38 in Mpumalanga.

Tot dusver het 563 891 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 88%.

Suid-Afrika het tot dusver 3 800 190 toetse vir Covid-19 gedoen, 16 367 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap86 84913,6%
Vrystaat39 7816,2%
Gauteng212 89833,3%
KwaZulu-Natal114 82418%
Limpopo13 7342,2%
Mpumalanga25 0763,9%
Noordwes26 2454,1%
Noord-Kaap11 9231,8%
Wes-Kaap107 18716,8%
Totaal638 517100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap2 98682 2331 630
Vrystaat78527 12911 867
Gauteng3 813187 30121 784
KwaZulu-Natal2 294101 98910 541
Limpopo21412 782738
Mpumalanga41623 6101 050
Noordwes27521 0334 937
Noord-Kaap1458 7173 061
Wes-Kaap3 96199 0974 129
Totaal14 889563 89159 737

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.