Covid-19-statistieke: Só lyk jongste syfers

(Argieffoto: Unsplash)

Altesame 306 nuwe Covid-19-gevalle is Saterdag in Suid-Afrika aangemeld.

Dié getal is laer as die aantal nuwe getalle ʼn dag tevore (393), maar hoër as die gemiddelde getal nuwe gevalle oor die afgelope sewe dae (275).

Die jongste styging verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 1,1%.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) se statistieke is daar is nou 16 622 aktiewe virusgevalle in die land.

Die meeste nuwe gevalle is Woensdag weer in Gauteng (40%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (13%), KwaZulu-Natal (11%), die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap (8% elk), Mpumalanga en die Oos-Kaap (5% elk) en Limpopo (2%).

ProvinsieNuwe gevalle
Oos-Kaap16
Vrystaat25
Gauteng122
KwaZulu-Natal35
Limpopo6
Mpumalanga14
Noordwes24
Noord-Kaap23
Wes-Kaap41
Totaal306

 

Nog sewe Covid-19-verwante sterftes is bevestig, wat die algehele sterftesyfer op 89 476 te staan bring.

Altesame 3 630 mense word tans vir die koronavirus in die hospitaal behandel nadat nóg sewe mense sedert die vorige verslag opgeneem is.

Minstens 2 925 677 mense in Suid-Afrika het al Covid-19 opgedoen, van wie 2 819 579 reeds herstel het.

Volgens die departement van gesondheid is altesame 77 223 dosisse van die entstof Saterdag toegedien.

* Volgens Nios is dit moontlik dat daar ʼn teenstrydigheid kan wees in die getal gevalle en mense wat in die Wes-Kaap herstel het, omdat dié provinsie se syfers tans gevalle insluit waar mense weer die virus opgedoen het en gevalle wat deur antigeentoetse bevestig is. Dit word nie by die nasionale statistieke ingesluit nie. Die getal gevalle van mense wat in die Wes-Kaap herstel het, bly dus staties op die nasionale verslae. Nios werk saam met die provinsiale departement van gesondheid om dié teenstrydighede op te klaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Pieter ·

Desember is na by nou begin die anc kommuniste weer met al hulle stories. Dit is nie die virus wat ons siek maak nie dit is julle anc kommuniste wat ons siek maak.

Jaco ·

Ek sien hiers klaar onbekende faktore ten opsigte van die Wes-Kaap. Ek sidder vir Desember vanjaar: dan is die Wes-Kaap weer skielik, sommer oornag, in ‘n hoë 100% opgemaakte 4de golf, word strande gesluit en kry wit toeristebesighede aan die kus weer báie sseer. Dan is wit mense ook ontneem van hulle tradisionele “vakansie by die see”. Maklik 90% van die ANC-regering se anti-Corona maatreëls is eintlik anti-wit maatreëls. Dis volledig gemik teen wit mense, wit besighede en “die rassistiese DA” in die Wes-Kaap.
Voordat almal my nou kruisig vir my kommentaar, ONTHOU TOG: corona noodfondse is net vir BEE besighede.

Erik ·

Jaco, so wat jy sê, is dat die ANC die syfers manipuleer sodat blanke besighede in die Wes-Kaap swaarkry tydens die feesseisoen? En jy glo jouself? Lekker lag ek nou!

MakersMark ·

Sommiges hier leef in ‘n sameswerings komplot tussen hul eie ore.

Casper ·

Wat my aanbetref is daar teenstrydighede met al die statistieke.Die Noord Kaap het ‘n hoë infeksie syfer maar die minste mense.Iemand verbloem die ware syfers.Ek voorspel die syfers gaan net so voor die feesseisoen drasties toeneem sodat streng beperkings ingestel gaan word om infeksies te stuit sodat minder mense op die paaie gaan wees en minder drank verkoop word.Oom met die hoed gaan seker strande patrolleer,hy moet net ‘n miljoen rand se perd kry.Ek wonder net of die arme siel kan perdry.

ChrisR ·

Maroela……..julle syfers bo maak nie sin? Totale syfer (2 925 677) minus herstel minus sterfte syfer los n paar duisend onverklaar?

ChrisR ·

Hallo Mariska,

Jy is korrek, ek het n tel fout gemaak.

Ek vra verskoning.

Jan GL ·

Die verkiesing is mos verby. Nou gaan die getalle weer styg. Die virus het n AI en weet alles wat die cANCer beplan

Papsak ·

Ja dit mos ANC virus hy weet wanneer om ons in te hok hoe pateties sies pluk by

Andries ·

Wie probeer die p hle bluf. Glo al lankal nie meer in hul syfers nie. Driekwart kan nie eens tel of ‘n sinvolle gesprek voer nie maar is “slim” genoeg om ons hierdie bull te vertel.

Anel ·

Hulle gaan seker vanaad 20:00 so uit die bloute aankondig dat die ramptoestand tot 15 Desember verleng word, dalk nog opgradeer na vlak 3 en dan maak hulle weer die plekke toe. Of het ek iets iewers gemis?

MakersMark ·

Die sameswerings teorieë neem weer oor. Middeleeuse mentaliteit.

Jan ·

Influenza-associated mortality in South Africa, 2009-2013:
Observed mortality rate
During the study period, 302 112 respiratory deaths were recorded. The mean respiratory mortality weekly rate over the study period was 2.29 per 100 000 population for all ages, 1.69 per 100 000 population for persons aged <65 years, and 13.49 per 100 000 population for persons aged ≥65 years

https://onlinelibrary.wiley.com/doi/full/10.1111/irv.12498

Dit is 60 000 sterftes per jaar vir die 5 jaar periode.

Daar is tans na 2 jaar 89476 sterftes van Covid, ongeveer 45000 per jaar.

Mense gaan dood daarvan maar tydens 2009 tot 2013 is 60000 per jaar aan griep verwante oorsake oorlede en niemand het gemeen dit is erg nie.

Wat is dit nou met Covid anders om in naam van n "pandemie" die ekonomie, skool onderrig, en individuele vtyheid te verwoes,

Die wereld het mal geword

Foefie ·

Ek het sóveel respek vir die covid virus en ál sy variante. Dis omdat dit die mees intelligente virus onder die son is. Dis eintlik n miracle virus.

Hy kan afgeskakel word soms soos byvoorbeeld tydens n verkiesing…. dan is daar geen fout of kwaal nie. Of wanneer hooggeplaasdes party hou sonder maskers: no problem.

En dan… lo and behold, soos met die aanskakel van n knoppie. Siedaar. Covid mense! Pasop! Gevaar!

Ek lag in my mou.

Nico ·

Die Dept. van gesondheid en die regering moet begin stop om die publiek bang te maak met die verspreiding van valse nuus oor die Covid19 gevalle en sterf gevalle, is die getalle wat deur gegee word die waarhied of nie. dan word die publiek nog as proefkonyne gebruik met die sogenaamde entstowwe wat nog nie goedgekeur is nie. Gee asseblief die waarheid aangaande die siekte en strefgevalle.

john ·

ja natuurlik is die fake statestieke hoer hulle mik mos weer vir n lock down

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.