Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle, sterftes aangemeld  

(Foto: AP Photo/Virginia Mayo)

Suid-Afrika het nou al meer as 596 000 bevestigde Covid-19-gevalle aangemeld.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand bevestig dat 596 060 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 12 423 nadat nog 159 sterftes aangemeld is: 37 in die Oos-Kaap, 43 in Gauteng, 45 in KwaZulu-Natal, vyf in die Vrystaat en 29 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 491 441 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 82%.

Suid-Afrika het tot dusver 3 455 671 toetse vir Covid-19 gedoen, 25 324 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap843 6214,2%
Vrystaat33 1635,6%
Gauteng202 01133,9%
KwaZulu-Natal107 27118%
Limpopo11 9442%
Mpumalanga22 0673,7%
Noordwes23 6414%
Noord-Kaap8 3411,4%
Wes-Kaap103 21017,3%
Onbekend500%
Totaal596 060100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap2 67079 947
Vrystaat54219 548
Gauteng3 061167 812
KwaZulu-Natal1 78882 599
Limpopo15910 281
Mpumalanga21419 436
Noordwes21414 980
Noord-Kaap1004961
Wes-Kaap3 67591 877
Totaal12 423491 441

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Martie Smartie ·

Sal graag wil ‘n gedetailleerde ontleding sien van sterfte oorsake die afgelope 5 maande. Soos ek hierdie ANC ken, dink ek die pap word lekker dik aangemaak met hierdie chinese virus pandemie, vir korrupsie en politieke gewin

Jacques ·

Kan ons ook asb die syfers sien van seisoenale influenza? Dankie.

Madeleine ·

Stem 100% Saam
Daar is 140 000 padsterftes jaarliks in ONS land. Hoekom vra minister Nie dat almal net 60 km/h VIR n jaar ry Nie?
Kan Nie Glo mense Glo nog hierdie virus en lockdown is real Nie.

Jacques ·

Die regering gee nie om vir mense se lewens nie. Wat van die nagenoeg 220,000 aborsies wat jaarliks hier gebeur (net onder 50 miljoen per jaar wêreldwyd)? Wat van die Tuberkulosis sterftes wat baie male meer is as Covid en ook aansteeklik is? Wat van Vigs? Wat van kanker wat maai onder mense? Wat van moorde op mense?

Jaco ·

Is die ekonomiese herstelkoers ook 82%?
Kort na inperking begin het, het ramaphosa hard gepraat oor hoe kwaai ongelykheid in SA is en dat wit mense se sterk rol in die ekonomie moet stop. So wit besighede wat weens inperking bankrot speel en wit werkers wat hulle werk verloor, is seker te verwagte en seker wat die ANC wil hê. MAAR, wat van swart besighede? Hulle eienaars en werkers se velkleur en BEE is dan klaar reg. Waarom word hulle dan ook “gestraf” as hulle nie skuldig is aan die “misdaad” van apartheid nie. Weet die ANC ook dat, terwyl hulle lekkerkry oor wit besighede wat vou, VERLOOR daardie besighede se swart werkers hulle werk? Iets maak nie sin nie.
Nog iets: is inperking die nuwe normaal? Is toe gimnasiums, toe kerke, dra van maskers en lang toue mense by winkels alles dinge wat permanent, vir jare, so gaan bly?

Harry ·

Jaco lyk my jy hou daarvan om jouself te herhaal want jy spin die ou storietjie nou al weke lank amper elke dag, wats jou punt, dit raak nou vervelig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.