Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle, sterftes aangemeld

(Foto: LUCA SOLA/AFP)

Suid-Afrika het nou meer as 1 584 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 222 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand bevestig dat 1 584 064 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 54 417 nadat nog 11 sterftes aangemeld is: een in die Oos-Kaap, vyf in die Vrystaat, een in Gauteng, een in die Noord-Kaap en drie in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 507 778 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 95%.

Suid-Afrika het tot dusver 10 699 021 toetse vir Covid-19 gedoen, 16 194 sedert die vorige verslag.

Meer as 318 000 gesondheidsorgwerkers is reeds teen Covid-19 ingeënt.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap196 10912,4%
Vrystaat89 4555,6%
Gauteng424 32626,8%
KwaZulu-Natal336 73221,3%
Limpopo63 9504,0%
Mpumalanga78 3304,9%
Noordwes67 8294,3%
Noord-Kaap40 3452,5%
Wes-Kaap286 98818,1%
Totaal1 584 064100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 568184 356185
Vrystaat3 88082 0613 514
Gauteng10 664410 5733 089
KwaZulu-Natal10 388321 0135 331
Limpopo2 27261 370308
Mpumalanga1 39676 177757
Noordwes1 72563 1362 968
Noord-Kaap89835 6123 835
Wes-Kaap11 626273 4801 882
Totaal54 4171 507 77821 869

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Maans

Hoekom word die aktiewe gevalle nooit genoem nie? Die “kumilatiewe” getal laat dit veel erger klink

Karen

Daar is geensins ñ 3de golf oppad nie, syfers bly laag.