Covid-19-statistieke wys amper almal in Oos-Kaap herstel

Die Oos-Kaap het nou ʼn herstelkoers van 95% wat Covid-19-gevalle betref. Dít volgens die jongste Covid-19-statistieke wat Maandagaand deur die departement van gesondheid bekendgestel is*. Altesaam 84 092 mense in dié provinsie het sedert Maart die virus opgedoen, terwyl 79 942 reeds herstel het. Altesaam 2 567 mense is hier weens die virus oorlede, van wie 50 in die afgelope 24 uur aangemeld is. Dit is die meeste nuwe sterftes landwyd.

Die algehele getal sterftes landwyd staan tans op 11 982 en die algehele getal Covid-19-gevalle is 589 886, waarvan 2 541 in 24 uur aangemeld is. Dit is steeds aansienlik laer as die meer as 14 000 nuwe gevalle wat op 24 Julie aangemeld is.

Suid-Afrika beweeg vandag (Dinsdag) na vlak twee van afsondering, maar die regering waarsku dat getalle kan toeneem indien Suid-Afrikaners nie waaksaam is en die nodige gesondheidsmaatreëls toepas nie.

In die Wes-Kaap het 89% van Covid-19-pasiënte (91 041 uit 102 609) reeds herstel en 80% van pasiënte in Gauteng (161 078 uit 200 237) reeds herstel. Onderskeidelik 32 en 14 pasiënte het in 24 uur hier gesterf.

Grafika: Elsabe Erasmus

KwaZulu-Natal het steeds die meeste aktiewe gevalle, met 26 082 pasiënte (25%) uit 106 037 van al die gevalle wat nog siek is. Altesaam 14 mense is sedert Sondag in dié provinsie oorlede.

* Hierdie berig is gebaseer op syfers vanaf die nasionale departement van gesondheid en Maroela Media kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir die akkuraatheid daarvan nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

annie ·

‘n Vreemde spul, diè sg oorlogskamer van genl-Z. Sy wil die wèreldrekord breek en mens sal nie verbaas wees as dooies opgegrawe word vir sè-ah-smere vir nog hoèr tellings nie. Wat beteken die herstelsyfer? Hoeveel keer word die duisende wat Covid-19-positief was weer getoets? Die hoofkantoor hou niks goeds in nie want landkaarte van oh-sulke-mooi-plase gaan kaarte van hoè virustellingsgebiede kort voor lank vervang.

wim ·

Moenie mense verwar met die term herstelkoers nie. Dit laat mense dink aan prognose (kans om te herstel as jy siek word), wat baie beter is as 80% en 90%.

Wat mens eintlik moet sê die aktiewe gevalle in die Oos-Kaap het skerp afgeneem, en dan die ander provinsies wat ook al die geval is.

Meer insiggewend sal wees as dit uitgedruk word as aktiewe gevalle per 100 000. Mens kan dieselfde syfers gebruik saam met die bevolkingssyfer, en dit so uitdruk.

Adeline ·

Ek glo nie een woord wat die spul sê oor covid-9 nie – gebruik maar my eie gesonde verstand met wysheid PUNT

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.