Covid-19: Vierde vlaag dalk minder erg  

(Argieffoto: Getty Images/AFP)

Die Suid-Afrikaanse Covid-19-modelleringskonsortium (SACMC) meen die vierde vlaag van die Covid-19-pandemie kan moontlik nie so erg soos vorige vlae wees ten opsigte van die aantal hospitalisasies en sterftes nie.

Die SACMC het ʼn verslag uitgereik waarin moontlike scenario’s rakende ʼn vierde vlaag in Suid-Afrika uiteengesit word.

Die verslag fokus op projeksies van hospitaalopnames as die primêre uitkoms. Die aantal infeksies en opgespoorde gevalle kan vergelykbaar wees met vorige vlae, afhangende van die scenario, maar daar word egter verwag dat die verhouding van opnames en sterftes tot infeksies en gevalle aansienlik laer sal wees as in vorige vlae van die pandemie, as gevolg van die inentingsprogram, lui die verslag.

Die doel van die verslag is om scenario-projeksies te verskaf van die tydsberekening en grootte van ʼn potensiële vierde vlaag van Covid-19-gevalle in Suid-Afrika, met inagneming van die vordering van die inentingsprogram tot dusver, bevolkingsgedrag en ʼn hipotetiese nuwe variant van kommer.

Selfs in die hipotetiese scenario waar gesondheidsmaatreëls glad nie nagekom word nie, word daar geprojekteer dat die grootte van die vierde vlaag in terme van hospitaalopnames kleiner sal wees as tydens die derde vlaag, in die afwesigheid van ʼn nuwe variant.

Indien daar ʼn nuwe variant kom wat 25% meer doeltreffend is om nie beskerming te bied teen vorige infeksie en inenting nie, word verwag dat die gevolglike vlaag in hospitaalopnames hoër sal wees in vergelyking met die scenario’s waar daar nie ʼn nuwe variant is nie, hoewel entstowwe ʼn impak sal hê en moontlik die kwesbaarste van ernstige siekes sal kan beskerm.

Nuwe gevalle

(Argieffoto: Luca Sola/AFP)

Intussen is altesame 566 nuwe Covid-19-gevalle in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ʼn totaal van 2 926 914 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 1,6%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (59%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (8%), KwaZulu-Natal (7%) en Limpopo (7%). Die totale aktiewe gevalle is 16 885.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 89 515 nadat nog 11 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 820 514 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 96,4%.

Suid-Afrika het tot dusver 18 998 133 toetse vir Covid-19 gedoen, 35 327 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 48 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 3 597 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 24,3 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap23142
Vrystaat252 998
Gauteng3321 015
KwaZulu-Natal373 052
Limpopo381 129
Mpumalanga15204
Noordwes34681
Noord-Kaap171 507
Wes-Kaap456 157
Totaal56616 885

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap15 178277 306
Vrystaat7 075153 874
Gauteng19 641900 712
KwaZulu-Natal14 779498 469
Limpopo4 084117 173
Mpumalanga2 011150 074
Noordwes4 222146 012
Noord-Kaap2 36288 938
Wes-Kaap20 181487 956
Totaal89 5152 820 514

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Lourens CFG ·

Ek wil al die horries kry vir al die “Get vaxxinated” boodskappe kort kort van die munisipaliteit, banke, assuransies ens af, deesdae met “and stand a chance to win part of Rx million” by.
Ek blok en merk as spam almal, maar kry steeds.
Ek is wraggies al covid dik .

Irma ·

Ek blameer jou glad nie vir jou kommentaar nie want hierdie tipe berigte word elke liewe dag, tot kotsens toe in ons kele afgedruk.

Genis ·

Ek ook, dis regtig nou al so voorspelbaar… Hulle weet wansuis wanneer dit kom, laat mens dink….

gehasie ·

Goeie genade dit is die langste wat ‘n griep nog met die mensdom was, dit terwyl daar uiters doeltreffende medisyne daarvoor is. Hierdie voel soos n NetFlix series. Enige datums vir die vrystelling van die vierde en vyfde episodes?

VaalDonkie ·

Die vierde episode is geboek vir omtrent die 15de Desember om saam te val met die skoolvakansie. Die vyfde episode behoort so teen Valentynsdag of dalk Paasfees hier te wees.

Spook ·

Dr Angelique Coetzee het een oggend op RSG gesê die volgende vlaag begin op 2 Desember. Sy moet net in ag neem dis somer.

Francois Le Cochon ·

gehasie, die mensdom het alreeds vanaf 1580 die griep virus begin opdoen, en hierdie virus is nogsteeds met ons, albeit in verskillende mutasies. Die res wat jy kwytraak is ook snert.

Anel ·

Hulle miet iewers begin om die getalle laat optel want hulle moet ‘n rede hê om die vreeslike 4de vlaag te regverdig en weer algehele “lock down” weer kan toepas. MAAR DIT IS SOMER!!!!! WAT VERSTAAN HULLE NIE!!!!!! Hoof Afriforum kry iets uitgerig vandag of môre!!!!

MakersMark ·

As mense wil inent hoof ons nie te worry oor covid nie of dit nou winter of somer is.

Anoniem ·

Hoe kan SACMC bepaal dat daar wel ‘n vierde golf gaan wees, asook wanneer dit gaan plaasvind en hoe erg dit gaan wees?

MakersMark ·

Hul beplanning is briljant. Is die virus opgelei om te doen wat hulle sê of beheer hulle dit soos ‘n drone ?

annie ·

Model wat die Europese model getrou navolg… Miskien kan die fanatieke syfertjiemense ‘n antidepressant of twee neem en begin ontspan. Die grafiek wil-wil afplat maar skynbaar bid die kundiges dag en nag dat dit wil opstaan en mooi saamspeel vir die volmaakte voorbeeld van ‘n goed gedokterde prentjie vir die beste mediese tydskrif ter wêreld wat bewys sal lewer dat die SA-vervaardigde gepledge-de entstof, nog pledges wat kan tiengeliengelieng dringend benodig vir die vyfde vlaag waarheid volgende winter as die Europese model so sê, wat dit sekerlik sal wil.

Dirk Mostert ·

Modelle en projeksies. Gmf! Bill Gates, die meesterbrein van die pandemie, voorspel volgens ‘n RT-onderskrif dat covid-sterftes teen middel 2022 minder as gewone griepsterftes sal wees (mits almal natuurlik geent is).
566 Infeksies is ‘n skerp toename teenoor minder as 100 op 1 November. Toetse (35,327) het netso toegeneem, asook die positiwiteitskoers (nou 1.6 teenoor 0.8% vroeer). ‘n Kersvakansie-vlaag sal daar wees.

Samuel ·

NIOS en die regering behoort hierdie sogenaamde vierde vlaag baie goed te kan bestuur. Die aanvangsdatum is sekerlik bepaal vir rondom 15 Desember 2021 en die opskorting middel Januarie 2022.

Ek is siek en sat van hierdie bedrieglike speletjie. Vir die ANC het dit ‘n magspel geword.

Robert ·

Al die regte geluide word gemaak om jou voorspelling werklik te maak… ek het dieselfde gedagte.

Pieter ·

Na aanleding van die afduime is daar baie messe en vurke wat aan die ent vassit. Hoe gullible kan mense wees?

Jaco ·

As die vlae so voorspelbaar is, hoekom is ons hospitale nooit gereed as dit kom nie. Sekerlik as jy dit kan voorspel, dan kan jy mos voor die tyd solank als reg kry vir die vlaag? Of is dit te moeilik?

Danie ·

Mense kan hul self liewer reg kry om NIE hospitaal toe te kaan deur hul self te laat spuit. Kapasiteit van baie of meeste hospitale is beperk en as die beperkings oorskry word, sit ons met n probleem. Dis nie moeilike wiskunde nie.

Jaco ·

Ek stem saam met jou, maar tydens die 1ste vlaag het hul ekstra faciliteite oop gemaak, tente op gesit, ens. Waar is dit nou alles. As hul hul beplanning reg doen, hoef ons nie weer in lockdown in te gaan nie, en so die ekonomie probeer beskerm. Maar dit lyk nie of die wil daar is van die regering af nie. Wonder hoekom?

Papsak ·

Laat n mens wonder jis ken darem julle storie weet presies hoe die vierde golf gaan wees en hoe erg hy sal wees ag stop die sirkus niks nou meer snaaks

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.