Covid-19: Vlugtelinge uit Metodistekerk verwyder

Vlugtelinge word Donderdag uit die Metodistekerk in Kaapstad verwyder. (Foto: AP)

Talle vlugtelinge is Donderdag uit die Metodistekerk in die Kaapse middestad en omliggende gebiede verwyder te midde van die Covid-19-pandemie. Die vlugtelinge is nou na tydelike skuilings geneem waar hulle gehuisves sal word gedurende die algehele landwye afsondering.

Adv. Bongani Bongo, voorsitter van die portefeuljekomitee vir binnelandse sake, het in ʼn verklaring gesê die komitee het besluit die vlugtelinge moet later herintegreer word in die gemeenskappe waar hulle voorheen gewoon het óf hulle moet gedeporteer word na hul lande van herkoms.

Dié besluit is geneem gedurende ʼn vergadering met die departement van binnelandse sake, die Stad Kaapstad, die Verenigde Nasies se hoëkommissariaat vir vlugtelinge (VNHKR) en die Menseregtekommissie (MRK). Bongo het die besluit verwelkom.

Volgens Bongo het die regering die komitee se besluit geïmplementeer te midde van die pandemie wat spesifieke voorsorgmaatreëls vereis waarvoor nie by die kerk voorsiening gemaak kan word nie.

Vlugtelinge word Donderdag uit die Metodistekerk in Kaapstad verwyder. (Foto: AP)

Bongo het sy misnoeë uitgespreek oor die feit dat die vlugtelinge aanvanklik geweier het om die kerk te ontruim en eindelik verwyder moes word. “Die komitee is steeds daarvan oortuig dat dit onaanvaarbaar is dat die wette van hierdie land ondermyn word deur vlugtelinge wat sedert Oktober betoog,” het Bongo gesê.

Maroela Media het vroeër berig sowat 500 vlugtelinge het aanvanklik in Oktober buite die VNHKR in die Waldorf-arkade in die Kaapse middestad uitgekamp. Polisie het hulle hier verjaag, waarna hulle na die Metodistekerk gevlug het. Dié kerk het die groep vlugtelinge al sedert einde Oktober gehuisves. Van dié vlugtelinge het ook tydelike skuilings in die omgewing buite die kerk opgerig.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jaco ·

Wat dan nou van “menseregte”? Gaan die menseregtekommissie nou vir binnelandse sake aankla? Dít sal nogal absurd wees: die ANC wat die ANC aankla…

marius ·

Hulle moes in die eerste plek nie met oop arms verwelkom gewees het nie.

De Villiers ·

Is dit die antwoord wat Jesus ook vir hulle sou gee as die mense aan sy kerk se deure kom klop het?

Cherokee ·

De Villiers, dit is nie ek wat die duim-af geplant het nie. Iemand duim-af vele mense, maar het nie die moed om hulle teë te praat nie.
Jou antwoord aan marius is egter uiters debatteerbaar. ‘n Teen vraag sou byvoorbeeld wees of Jesus van Sy volk sou verwag om die Fillistyne in te laat. En ek sê nie dat die vlugtelinge wel Fillistyne is nie, maar wys jou net daarop dat jy nie net marius se stelling so kan wegvee en met ‘n selftevrede glimlag wegstap nie. Debatteerbaar het ek gesê.

Kobus ·

Hier is ‘n paar vrae.
1.Hoe kry vlugtelinge dit reg om ‘n regering te manupileer en eise te stel?
2.Gaan die kerkleier wat toestemming tot hierdie onwettige verblyf vervolg word? Dit is mos blatante oortreding van die wet wat afgekondig is en wat geld?
3.Waar is ons ministers? Hulle doen vir jare nie hulle werk nie en nou staan hulle daagliks op podiums en verkondig hulle weldade.Gaan die menseregte ook hier ‘n rol speel?
4.Hoe leef 500 mense in ‘n gebou? Kosmaak?,Sanitasie? Daar is blykbaar ook geboorte geskenk tydens die tyd.Maw,iemand moes hier betrokke gewees het wat die klomp gesteun het.

Frederik ·

Deporteer die mense, waar kom hulle vandaan? Kom le net op RSA se nekke vir aalmoese maar RSA kan nie eers na sy eie mense omsien nie.

Pieter ·

Dit is mos nou maklik om die warm patat iemand anders sin te maak. Tipies.

Lindi ·

Herintigreer? Se voet man!!!! Deporteer voor die voet. NIEMAND bly agter in SA nie

Sandra ·

DIe land van melk en heuning is toe nou nie so nie. Liewer bitter aalwyn en gal. Noudat hulle die werklike ervaring het, wil hulle kom staan en orders afgee. Jammer ou pel, maar hier werk dit nie so nie.
Gaan terug waar jy vandaan kom dat ons in vrede kan leef.

Gypsygirl ·

Hoeveel van hulle het reeds die virus opgedoen? Ek vra net?

Cherokee ·

Die duim-af was nie vir jou eerste vraag, maar vir die tweede.

summie ·

Daai kerk se priester wat hulle so met oop arms verwelkom het, het ‘n dure les geleer dis verseker !

Eerlik ·

Hierdie is lankal reeds n probleem, hoekom nie die lot lankal reeds terug gestuur van waar hulle vandaan kom nie. Pleit poverty maar babas sal ons maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.