Covid-19: Weermag roep afgetrede medici op

Die weermag het ‘n beroep op afgetrede weermaglede gedoen om te help in die stryd teen die verspreiding van Covid-19. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se gesondheidsdiens roep geregistreerde medici nou op om saam met aktiewe weermaglede te werk om die verspreiding van Covid-19 te stuit.

Veral mediese dokters, verpleërs, klinici en militêre nooddienswerkers word gevra om aansoek te doen om te help.

Die weermag sê hy is besig om sy mediese kapasiteit te versterk in die lig van die nasionale ramptoestand wat pres. Cyril Ramaphosa as opperbevelvoerder van die SANW vroeër afgekondig het. Dit word gedoen in ooreenstemming met die bepalings van die staat van algehele afsondering.

Lede van die polisie en weermag op patrollie tydens die staat van algehele afsondering. (Foto: SA Weermag/Twitter)

Die weermag sê sy huidige betrokkenheid om die verspreiding van die nuwe koronavirus in bedwang te help bring gaan na verwagting tot 23 Junie duur. Hy werk nou saam met die nasionale departement van gesondheid om die pandemie hok te slaan.

Die dodetal weens Covid-19 in Suid-Afrika staan nou op 11 en 1 655 bevestigde gevalle van die nuwe virus is aangemeld.

Belangstellende kandidate word gevra om die relevante departement te kontak.

  • Direkteur van medisyne: 012 367 9156
  • Direkteur van verpleegdienste: 012 367 9168
  • Direkteur van nood- militêre mediese sorg: 012 671 5005
  • Direkteur van die gesondheidsreserwemag: 012 671 5153

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Anel ·

Die weermag sê tot 23 Junie. Wat weet hulle wat nie na ons, die burgers van die land, gesê word nie. Hierdie land is nou so in sy kanon in dat die seker weer 100 jaar gaan vat om dslk weer op sy voete te kom. En vandag is van Riebeeckdag. Hoe ironies. Die land gaan ten gronde agv 11 moontlike sterftes van ‘n virus, maar dit is niks as hordes mense vermoor word op hul plase of vir ‘n selfoon of net vermoor word nie, of dat die staatskas leeg geplunder word nie. Dan word daar nie ‘n ramptoestand afgekondig nie. Werklose en honger mense by die duisende is ook niks. Solank ons die buiteland laafs navolg. Ek is so siek vir hierdie nonsens. En dan, klink dit my, as jy ouer as 65 jaar is, kry jy geen behandeling nie. Wie is hulle om God te speel? Hier gaan meer mense doodgaan aan ander siektes en dinge as aan die simpel virus. Daar is dan al meer as 100 moorde gepleeg die afgelope paar dae maar dit is baie goed, want dit is minder as verlede jaar die tyd. Die redenasie is siek.

Die Wolf ·

Ja! die onbevoegdheid kom nou met rasse skrede te voorskyn. Dit het mos lekker gegaan met die soustrein. Ek wonder op CR gaan skoonmaak na dese? Dit is mos duidelik wie die houstompe is.

Janc ·

Ek probeer regtig glo dat ons syfers reg is, maar as jy noodgedwonge, afgetrede lede van die weermag moet inroep vir hulp, kan ek nie help om te wonder hoe die syfers eintlik lyk nie. Wees vir eens in julle lewens eerlik met ons. Dis die minste wat julle kan doen! Dis geen skande nie, al die ander lande gaan deur dieselfde, dis nie nou die tyd om vir die wereld daar buite te probeer bewys dat ons alles onder beheer het nie.

marius ·

Dan gooi limpopo se mec twee vroue dokters in haglike toestande in modimole hospitaal met ‘n hofbevel en polisie omrede hulle self geisoleerd was na hulle dit by ‘n hospitaal opgedoen het ?
Vergeet dit !

Piet parys ·

Die probleem is die mediese personeel val in die risiko kategorie want hulle is almal oor 65 jr . So die risiko as hulle die virus kry is mos dan fataal en dit met geen of min selfbeskerming wat kan mens verwag indien enige iemand dan wil hulp verleen met die siekes.

Lindi ·

Benoude katte maak benoude spronge! Ek glo nie vir ‘n oomblik hulle syfers nie.

PH ·

En nou kom staan die ANC weer bakhand voor die mense wat pad gegee het en afgetree het agv van die ANC se houding

Boortor ·

Tot 23 Junie?? Hier kom n ding! Afsondering tot dan. Totsiens aan die ekonomie, ook oorlede as gevolg van die virus. Sterkte mense!

Maryke ·

Interessant dat ou dokter gevra word om te help terwyl nuwe dokters wat wil kwalifiseer nie kans kry nie. My suster het aansoek gedoen het om haar “community service” by een van die weermag hospitale te voltooi en is daar geplaas deur die gesondheidsdepartement net om later uit te vind haar pos is terug getrek. Sy het die hele Januarie gewerk en is nie betaal nie. Sy is dokter wat probeer om haar kwalifikasie te voltooi, maar niemand gee vir haar pos nie en tans wag sy tuis om aanstellingsbrief te ontvang.

Antoinette ·

Waar is ons oud weermag Medics. Hier is mos n kans om nog iets vir jou land en volk te beteken. Is dit nie waarvoor ons opgelei is nie. Vir volk en vaderland

Anel ·

Watter volk en watter vaderland? (tong in die kies). Ek glo al die afgetredenes is ouer as 65 en dan kwalifiseer jy ook nie vir behandeling as jy siek word nie. Bly weg, bly vêr weg!

JM ·

Dalk Kubaanse dokters aanstel? In die verlede is Kubaanse dokters en ingenieurs aangestel, terwyl Suid-Afrika oor genoeg gekwalfiseerde dokters en ingenieurs beskik, maar met die “verkeerde” velkleur!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.