Covid-19: ‘Werkers het óók verantwoordelikheid’

(Foto: Jon Super/AP)

Nagenoeg 1,5 miljoen mense het Maandagoggend – te midde van streng maatreëls – teruggekeer werk toe.

Vlak 4 van die regering se sogenaamde koronavirusvlakke geld sedert Vrydag, wat beteken sommige aktiwiteite word toegelaat, onderworpe aan uiterste voorsorgmaatreëls om gemeenskapsoordrag en verdere uitbrekings te beperk.

Thulas Nxesi, minister van arbeid en indiensneming, het Sondag ʼn lys vereistes bekend gemaak waaraan werkgewers moet voldoen wanneer bedrywighede hervat word. Hy het ook gewaarsku dat ondernemings wat nie aan die vereistes voldoen nie, beveel kan word om hul ondernemings te sluit.

Nxesi het gesê wat betref die departement se voorbereiding en afdwing van die regulasies –

  • het arbeidsinspekteurs reeds meer as 2 200 inspeksies tydens die afsonderingstydperk gedoen. Dit sluit ook staatsdepartemente en gesondheidsinstellings in.
  • was daar al hoe meer persoonlike beskermende toerusting in werkplekke Waar dit nie die geval was nie, is plekke beveel om gedeeltelik of heeltemal gesluit.
  • is 170 inspekteurs (uit 200) tans in die veld ontplooi.
  • is daar in die 2019-begroting voorsiening gemaak vir die aanstel van nog 500 inspekteurs. Dié proses word nou bespoedig.
  • sal dit onmoontlik wees om elk van die 1,8 miljoen ondernemings te besoek. Inspekteurs maak dus staat op die steun van werkers, vakbonde en maatskaplik verantwoordelike werkgewers om inligting te verskaf sodat daar eerder op brandpunte gefokus kan word en ʼn voorbeeld van spesifieke oortreders gemaak kan word.

(Foto: Brian Inganga/AP)

Die minister het egter benadruk dat nie net werkgewers ʼn verantwoordelikheid het nie. “Werkers moet hulle hande was of ontsmet, hulle moet die beskermende kleredrag dra en opdragte rakende gesondheid en veiligheid volg. Dit is in almal se belang sodat almal veilig bly en ons die verspreiding van die virus stuit,” het Nxesi gesê.

Volgens die minister het die Covid-19-pandemie ʼn hele aantal skuiwergate in die werkplek uitgewys – en werkers wat nie in tradisionele rolle inskakel nie. Dit sluit in diegene in die informele sektor, buitengewone en vryskutwerkers. Hy het onderneem om die sogenaamde veiligheidsnet ook na dié werkers uit te brei.

Werkloosheidsversekeringsfonds

Die departement se hoofinspekteur van beroepgesondheid en veiligheid, Tibor Szana, het gesê een van die departement se grootste take tydens die afsonderingstydperk was die hantering van uitbetalings aan diegene wat finansieel deur die pandemie geraak is.

  • Daar is reeds oorgeskakel na massa-uitbetalings, pleks van individuele aansoeke en verskeie samewerkingsooreenkomste met verskillende bedrywe en bedingingsrade is aangegaan.
  • ʼn Massabetaling van R5,3 miljard is reeds uit die regering se tydelike verligtingsfonds (Covid-19 TERS) deur bedingingsrade en werkgewers uitbetaal. Dit het 98 000 werkgewers en 1,1 miljoen werkers bereik.
  • Nóg R2,4 miljard se voordele is goedgekeur vir uitbetaling aan 29 000 werkgewers vandag [Maandag].
  • Eise van 74 000 werkgewers, wat 481 000 werkers verteenwoordig, moet nog verwerk word. Die eise beloop R1,9 miljard. Dit behoort binne die volgende paar dae betaal te word.
  • Gewone WVF-eise het ononderbroke voortgegaan en sowat R1 miljard rand is in dié tyd aan 65 000 eisers uitbetaal.
  • Die WVF gaan R13,8 miljard se beleggings laat uitbetaal om die likiditeit van die fonds te verseker.

Vergoedingsfonds 

(Argieffoto: Vincent Thian/AP)

Covid-19 is vroeër vanjaar tot beroepsiekte verklaar, wat dit vir bepaalde beroepe makliker maak om vergoeding te eis indien hulle die virussiekte by die werk opdoen.

Szana het Sondag gesê tot dusver is daar egter nog baie min eise by die Vergoedingskommissaris ingedien.

ʼn Toegewyde reaksiespan, bestaande uit medici en amptenare van die departement, sal die eise as ʼn prioriteit hanteer.

Soos die WVF het die Vergoedingsfonds ook op aanlyn aansoeke besluit, gerugsteun deur ʼn inbelsentrum, om eisers en amptenare te beskerm en die proses meer vaartbelyn vir betaling te maak,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarel ·

Om Besighede wat werk verskaf net te sluit. Weet die mense hoeveel werksoekers/ loses daar was voor die Korona virus en hoeveel dit gestyg het en dan voer hierdie zregeting nog steeds mense van hulle Bedmaats af in. My kop is seker te plat om te verstaan. Hoe het iemand gesê: tot sovêr het almal geld verloor behalwe die Politieke Amptenare. Hulle sperl te lekket met mdnse se lewens

Fedup ·

So they want snitches in companies? Shame, to what level of common sense will we move now? And by the way, i will bet you all that money is long gone. Occupational disease, my big tie.

marius ·

Elke werknemer moet van twee LAP maskers voorsien word ? Huisvroue het inisiatief geneem om dit te vervaardig omrede daar ‘n tekort is aan gewone maskers . Watter kader bevoordeling gaan nou opspring dat dit uitsluitelik net by hulle gekoop kan word ? Daar word net reels gemaak en gedreig en geskop en GEEN hulp nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.