DA dien klagtes in teen Gupta-maatskappye

Ajay en Atul Gupta (Foto: ANA)

Die DA het vanoggend by die Kaapstad-Sentraal-polisiestasie bedrogverwante klagtes ingedien teen verskeie maatskappye en individue wat hegte bande met die omstrede Gupta-sakefamilie gehad het of steeds het.

Dit volg op ’n bevinding deur die swart bemagtigingstribunaal teen die maatskappye Trillian (’n beleggingsmaatskappy wat ooreenkomste met Eskom aangegaan het), en Tegeta en Optimum (wat albei steenkool aan Eskom verskaf het) dat hulle almal gelieg het oor hul swart bemagtigingskrediete en gevolglik miljarde rand se inkomste onwettig bekom het.

Die maatskappye het deur die bank voordelige handelsposisies bekom deur voor te gee hulle is klein maatskappye met ’n groot mate van swart Suid-Afrikaanse aandeelhouding, terwyl hulle eintlik redelike groot maatskappye met ’n beduidende mate van Gupta-beheer of Gupta-verwante beheer was.

Die DA se optrede kom te midde van geen waarneembare vordering deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) onder die nuwe leiding van adv. Shamila Batohi om staatskapers te ondersoek of aan te kla die afgelope paar maande nie.

Die DA-LP’s Natasha Mazzone, Dean Macpherson en Mat Cuthbert het dus ook klagtes ingedien teen die Eskom-magshebbers Anoj Singh, Prish Govender en Edwin Mabelane, sowel as die ouditeur Simone Mitchell van BEE Matrix, en Tebogo Leballo, vir meineed.

Al bogenoemdes het onjuiste inligting oor die bemagtigingskrediete van die drie tersaaklike maatskappye verskaf – Leballo onder eed.

Namens die DA het Macpherson gesê die party sal sorg dat alle staatskapers aan die pen ry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Albertus ·

As ek een van die DA se “leiers” was, sou ek: minder klagtes indien en daardie energie gebruik om verlore steun terug te wen. As ek een van die “leiers” was, sou ek die Pretoria DA ernstig omrede hulle nie slaggate en stukkende ligte herstel nie. Daar is voorstede in Pretoria wat tot 190 straatligte het wat buite werking is, vir maande nou al. As ek een van die “leiers” was, het ek NIE die gewese jeugleier wat valshede die wereld ingestuur het in Zeerust bevorder nie. Ek sou besef het dat daardie selfde jeugleier die DA meer as 500000 stemme gekos het.

Rerig ·

So jy sou eerder dat die skelms weg kom met dit. Interessante manier van dink…

Michael P ·

Is die mense nie daar om die land te regeer nie As jy die koerant oop maak. As jy MM oop maak.As jy TV nuus kyk sleep al wat n politieke party mekaar hof toe wanneer werk die mense dan?

Johanna Botha ·

Nie eers een persoon sover vervolg nie ! ! Zondo is eintlik maar n tydmors …dit word gebruik as opleiding vir kaders hoe om skelm te wees en nie gevang te word lyk my ?

Verandering ·

Verandering is oppad. Ek is opgewonde daaroor en sien uit na my toekoms in Suid-Afrika!

Dries ·

In zimbabwe het ook veranderinge gekom jy kannie eers meer brandstof koop nie dalk moet jy op hou droom

Pieter ·

Verandering se jy dalk moet jy wakker skrik daar is geen verskil tussen die DA en ANC nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.