‘DA-kiesers moet ANC, EFF uit die Wes-Kaap hou’

DA-premierskandidaat vir die Wes-Kaap Alan Winde saam met Carl Pophaim, Albert Fritz en Phumzile van Damme in Waalstraat, Kaapstad (21 Januarie 2019) (Foto: Courtney Africa/ANA)

Die DA se premierskandidaat vir die Wes-Kaap, Alan Winde, het Maandag gesê die party moet kiesers in die provinsie registreer om seker te maak dat die ANC en die EFF nie aan bewind kom in dié provinsie nie.

“Teen die einde van hierdie week het ons ʼn baie belangrike registrasienaweek en mense van die Wes-Kaap moet registreer. Dit is baie belangrik vir hierdie provinsie,” het Winde gesê. “Ons moet die ANC en die EFF uit die provinsie hou. Hulle is desperaat om die provinsie terug te vat en ons moet seker maak ons behou [die provinsie].”

Winde, saam met die DA se adjunkleier in die Wes-Kaap Albert Fritz, en ander openbare verteenwoordigers van die DA het Maandag die media by die Wes-Kaapse wetgewer toegespreek ná verkiesingsplakkate in Waalstraat in Kaapstad aangebring is.

Hy het gesê kiesers het “die mag in hul hande” om te besluit wie hul regering gaan wees in die toekoms. “Kiesers moet verstaan die mag is in hul hande; hulle moet verstaan dat hulle ʼn besluit kan neem oor wie die regering moet wees. Moenie toelaat dat die ANC en EFF beheer oorneem in die Wes-Kaap nie. Registreer hierdie naweek om vir ʼn beter toekoms te stem. Slegs die DA kan vordering bly maak in die Wes-Kaap.”

Kiesers kan Saterdag en Sondag (26 en 27 Januarie 2019) tussen 08:00 en 17:00 by hul naaste stempunt registreer.

Winde het ook verwys na die DA se prestasie wat betref dienslewering in die provinsie en wat gedoen moet word om seker te maak dat vordering steeds gemaak word. “In die eerste termyn het ons korrupsie uitgeroei; ons het seker gemaak dat wetgewing in plek is om dit onwettig te maak vir staatsamptenare om besigheid te doen met die regering. Ons het die ministeriële handboek hersien en seker gemaak dat ons geld aangewend word volgens die planne wat ons beraam het en die beloftes wat ons gemaak het.”

Hy het gesê toe die Wes-Kaapse kiesers die DA in 2014 weer verkies het, was skole, hospitale en basiese dienste die hoogste prioriteit.

“Ons het toe in die tweede termyn in beweeg en dit het oor dienslewering gegaan. Ons het eers die bestuur in plek gekry en daarna het ons die geld begin spandeer waar dit aangewend moes word. Ons het geld spandeer aan skole, hospitale, ambulanspunte, klinieke, biblioteke en behuising.”

Hy gee toe dat daar nog baie gedoen moet word. Volgens hom maak die DA goeie vordering, want die party “werk hard om sy beloftes gestand te doen” en seker te maak dat elke rand aangewend word om te betaal vir dienste wat weer in gemeenskappe teruggeploeg word.

“Ons plan vir die volgende vyf jaar is om te bou op die vordering wat ons reeds gemaak het. Om steeds korrupsie uit te roei, en hard te werk om die ekonomie te bevorder sodat nog meer mense ʼn regverdige kans het op langtermyn werk en dat ons alles in ons vermoë doen om dienslewering te bespoedig.

“Ons beplan ook om die twee oorblywende stukke van die ANC se onsuksesvolle nalatenskap in die Wes-Kaap te takel: misdaad wat buite beheer is en ʼn mislukte spoorwegdiens.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Willem ·

As ‘n voormalige DA kieser verstaan ek werklik nie waarom die DA die ANC uit die Weskaap wil hou as hulle (die DA) hul al hoe meer by die ANC skaar. Kyk maar net na die hele debakel waar die arme juffrou van rassisme beskuldig word.

Die DA is niks beter as die ANC of EFF nie. Die DA se redenasie is dat hulle die enigste party is wat die ANC kan teenstaan. Daarop wil ek vir hulle sê dis snert en al minder mense gaan vir hulle begin stem. Ek weet van bitter min wit mense wat weer vir die DA gaan stem en die rede is eenvoudig, hulle dra nie witmense se belange op die hart nie. Doen so voort Maimane en kie, julle gaan seerkry in die 2019 verkiesing!

hendrik ·

Jy’s reg Willem. Met Patricia se nuwe GOOD party gaan sy baie bruin kiesers weglok van die DA>

Stoffel ·

Julle DA sal my nooit weer sien nie. Julle ondersteuning vir ons, is non existent. Julle moet eerder julle stemme in Zim gaan soek, as in SA of Wes Kaap. As ek iemand soek om te help, sal ek eerder na enige klein party gaan.

JWC ·

DA…. Sal nie weer vir die DA stem nie – hulle ware kleure (intended pun) is gewys tydens die Willense -SAUK debakel toe Botha en Mallet “skuldig” bevind is net omdat hulle wit was en nou weer met die belaglike Schwieser-Reineke storie waar die onskuldige onderwyseres wit was….

Die DA sal maar die harde manier moet leer, want die kiesers se oë is (hopelik) oop… rassisme is heel lewendig onder die leierskap van die DA.

Koebaai DA, Hallo VF+ (en ou PM wat nou ook weer eens na vore kom…)!!

Peet Schabort ·

Julle die DA het darem mooi gehelp om die onderwyslewe van ‘n juffie. op te foeter daar op Schweizer. Is dit verkiesingskoors wat maak dat só opgetree word? As julle dit wil weet: Ek is en was nog nooit ‘n ingeskrewe lid van enige politieke party, so moenie my kommentaar koppel aan enigiets verdags.

Martiens ·

@Willem stem saam met jou die DA gaan n groot pak slae kry.

BlinkStephaans ·

Jy is heeltemal reg Mr Winde… die DA kiesers weet die mag is in hul hande… en jy gaan vind hulle verplaas daardie mag, want jou party se deuntjie klink al te veel nes die anc s’n. Ongelukkig vir jou is n groot deel van die DA se sogenaamde magsbasis mense wat vir hulself kan dink… en besef dat hul stem misbruik word.

Philip ·

Nee wat ek is klaar met DA. Gaan stem waar iemand na ons wit afrikaners sal kyk. Hulle hantering vd laaste insident met onderwyseres was die laaste strooi. Nou nog niks of jammer gesê vir die stupid ding wat die DA jeugleier gedoen het nie.

Frik Lotz ·

DA se dae is getel. Stem eerder VF Plus en maak die party n krag om mee rekening te hou. Dis nou of nooit!

Johan ·

Wel,wat die Provinsiale stembrief betref in die Wes-Kaap is die DA inderdaad al opsie om die ANC uit te hou. Verskeie kiesers mag egter groener weivelde soek wat stem op die Nasionale stembrief aangaan

Louwboepens ·

Onthou julle nog die HNP se slagspreek met die verkiesings in die verlede?STEM REG – BLY WEG.Ek is nou daar!! Lekker laatslaap en dan viswaters toe.Mors maar julle tyd om te gaan stem.

Chris ·

Twee honde (DA en FF Plus) baklei oor ‘n been en die derde loop daarmee heen (ANC). Die begin van die einde van die goeie lewe in die Kaap want Afrikaners kon nog nooit vir een party gestem het nie. Sodra dit net ‘n bietjie beter gaan dan wil elke een sy eie party stig…en dan… VAT DIE ANC ALLES! Verdiende loon.

Inus Bester ·

So Chris, jy offer eerder jou beginsels en waardes op om die party (DA) te laat wen wat buitendien niks vir jou doen nie? Onthou, beginselloos = ruggraatloos!

R ·

Ek stem 100% saam met jou Chris. Mense moet ophou kyk na die eie ek en kyk na die greater good. Maar dit was nog nooit regtig iets waarmee Afrikaners goed was nie.

Johan ·

Stem vir die VF+ op die nasionale stembrief en DA op provinsiale een in die Wes-Kaap. Tussen ACDP,COPE & VF+ het hul in vorige verkiesing net 1 setel in Wes-Kaap gewen so nie veel koalisie opsies om die ANC uit te hou nie. Moet dus maar al die gewig agter een party gooi in die Kaap

Judge Dredd ·

As die wit mense van DA nou vir die VF+ stem en DA en VF+ gaan in koalisie in na verkiesing – dan het ANC/EFF niks beter kans om provinsie te wen – maar hopelik sal die nuwe koalisie darem ietsie begin doen vir wit mense ook.

jaco ·

Wit premierskandidaat van ‘n party wat VIR regstellende aksie gestem het. Mark my words: as hy premier word, gaan hy dieselfde pad loop as Trollip in Nelson Mandelabaai.

Cherokee ·

Die DA skaar hulle nie al hoe meer by die ANC nie. DA-kiesers moet nie hulself probeer oortuig dat die DA nòu skielik meer ANC-gesind raak nie. Die DA het geensins verander nie. Hulle is steeds net soos toe hul naam verander is van Helen Suzman se Progresiewe Party wat van die begin af geveg het vir swart oorheersing.

vissie ·

Stem eerder VF+ dan kan ons selfbesluit wie ons koalisie vennote moet wees…DA het sover sleg gevaar as beskermheer van afrikaanses.

Cherokee ·

Sleg gevaar sê jy vissie? Hulle het glad nie gevaar nie!

Voormalige DA Stem ·

Ek sal die ANC weghou deurom VF+ te stem. Dat dit my so lank gevat het om te besef dat hulle die enigste party is wat vir my geskiedenis, tradisies, kultuur en taal staan, is skokkend! DA is ook deesdae bereid om onskuldiges te smeer om die massas se stemme te probeer wen. Hulle is sell-outs. Jammer Steenhuizen, ek like jou, maar nie die rigting waarin DA stap nie.

R ·

Julle almal maak ‘n groot fout. Op hulle swakste dra die DA nog steeds die LAND se beter belange op die hart. Mense moet ophou om dit so persoonlik te maak, dit is op die einde van die dag politiek. Hou op kyk na wat vir JOU die beste is en dink aan wat op die oomblik vir die LAND die beste is. En as jy nog wonder, gaan bly net in ‘n dorp waar die DA aan bewind is dan kan jy die absolute massiewe verskil sien. Die waarheid is ongelukkig dat daar op hierdie oomblik nie ‘n klein party is wat die ANC kan teenstaan nie, so dit is sinneloos om vir hulle te stem, dit gaan geen verandering of verbetering teweeg bring nie. Stem daar waar jou stem ten minste ‘n verskil kan maak.

Lola ·

Ek dink nie “ons maak ‘n groot fout nie”. Dit is wat julle bly propageer. Ja die dorpe wat onder DA val lyk beter maar tipies van ‘n sosialistiese party wie dink jy betaal vir al die verbeteringe? En as die werkende mense se geld ook opraak wat gaan hulle doen? Dit is verkeerd van jou om te se om vir ‘n kleiner party te stem dra geen water nie, die EFF het ook klein begin. So ook die BLF. Dit is my opinie maar ek dink dit is in elk geval heeltemal verkeerd vir net een party om die regering oor te neem. Die regering is veronderstel om te bestaan uit verskeie partye wat die die land ordentlik bestuur.

John ·

… die land se belange… Nee. Die DA speel heiliger as ander met die leier wat die Bybel nie eens as ‘n goeie bydrae van kolonialiste wil erken nie. Kyk hoe hanteer die DA ongerymdheide in eie geledere… toesmeer en bevorderings… Die waterkwessie in die Kaap is swak hanteer en swak oordeel word meer by die dag gesien soos om borde op te rig met dooies se name.. vir die verhoging van eie aansien. En die gebulder van Mmusi is erger as ‘n groot bul met ‘n doring tussen sy tone. Oei!

Deon ·

Dit is tyd dat die KP en HNP weer tot die politiek toetree. Hulle sal die ANC, EFF en DA al hulle hel gee. Die VF+ is te sag.

Pretorius ·

Deon, sover my kennis strek is die KP (Konserwatiewe Party) op pad terug. Hulle sal glo nie gereed wees vir die 2019-verkiesing nie, maar wel vir die munisipale verkiesings in 2021. Die KP het hom volgens ingeligte bronne wel aangepas by die nuwe Suid-Afrika (asook die embleem) en gaan hom tussen die DA en VF+ posisioneer. Hulle het glo navorsing gedoen en duisende oud KP’s stem nie vir die VF+ nie, stem glad nie, of stem as “tussentydse standplaas” vir die DA. Ek sien self uit daarna!!

Cherokee ·

Pretorius, waar jy die inligting vandaan kry sal ek nie weet nie en wil dus nie ‘n mening daaroor uitspreek nie. Jy sê egter iets anders wat my laat glimlag; ‘Oud KP’s stem nie VF+ nie, stem glad nie of stem DA’. Dit wat jy beskryf is tipies van die ‘Oud KP’s’. Hulle het NP gestem en het die HNP beswadder totdat Andries Treurnicht die KP gestig het. Toe verraai hulle die regsgesinde stem deur die HNP in verkiesings te opponeer. Die enigste wat ons saamgewerk het was tydens die referendum. Dit verbaas my dus nie dat hulle DA stem nie – opponeer steeds die konserwatiewe stem in die land.

Madeleine ·

Ek stem saam. DA is nooit daar as jy hulle nodig het nie. Nee wat julle sal ook nie my stem kry nie.

Andre ·

Die DA is klaar, julle het die aan julleslef gedoen met die hulp van julle “leier” Mmusi.
Die EFF het geen kans om enige provinsie te wen so ek weet nie eers hoekom noem julle hulle naam nie? Die ANC gaan die Wes Kaap te danke aan die gemors binne in die DA, maar die VF+ en tannie Pat sal hulle oor vier jaar weer troef.

Dankie vir niks en totsiens DA, julle was baie goed onder Helen en tannie Pat. Nou is julle net nog `n ANC/EFF/BLF party

Rina Kotze ·

Weens DA se onlangse optrede, sal ek 5 keer dink voor ek weer vir die DA stem!

Helen Zille moes nooit afgestaan het van haar rol as leier van die DA nie,

Dis waar die probleme begin het. Jammer, net my beskeie mening.

pieter ·

Stem reg of bly in n provinsie waar geen of min dienste is ,pot holes,lang grasse ,ashope langs strate,klein winkels van uit motorhuise ,straat ligte werk nie,robote werk nie, geen strepe op paaie ,stop strate weg en so kan ons aangaan die kaap is mooi hou dit so ekke bly ni in kaap nie so ek weet vaarvan ek praat, gaan binnekort verhuis weskaap toe so dink mooi

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.