DA kry weer bloedneus in hof oor raskriteria

(Argieffoto)

Die Noord-Gautengse hof het Donderdag die DA se aansoek om verlof tot appèl teen ʼn vroeëre uitspraak van dié hof rakende ras as kriterium vir die toekenning van hulp tydens die Covid-19-krisis, van die hand gewys.

ʼn Volbank regters het Woensdag weereens daarop gewys dat ʼn aansoek om verlof tot appèl slegs toegestaan sal word indien die aansoek ʼn redelike kans op sukses het. Die hof het ook dié waarskuwing verlede week aan die Fair-Trade Independent Tobacco Association (Fita) gerig toe sy aansoek om verlof tot appèl rakende die rookverbod van die hand gewys is.

Volgens die hof het die DA nie ’n duidelike rede aangevoer waarom die voorskrifte van die Grondwet vir swart ekonomiese bemagtiging nié ’n rol mag speel in die toekenning van finansiële hulp nie.

Maroela Media het vroeër berig die hof het in Junie die opposisieparty se aansoek vir dringende ingryping van die regering se kriteria waarvolgens die Covid-19-hulpfonds toegeken word, van die hand gewys.

Finansiële hulp word tans op grond van swartbemagtigingskodes aan sakeondernemings wat hulp nodig het weens die Covid-19-pandemie en gepaardgaande afsondering, beskikbaar gestel.

Die minister van kleinsakeontwikkeling, Khumbudzo Ntshavheni, interpreteer die woorde “behoefte” en “kwesbaarheid” in die Wet op Rampbestuur as regverdiging om verligting dienooreenkomstig toe te ken.

“Hierdie woorde moet geïnterpreteer word met inagneming van die ooglopende gebreke in ons samelewing. Om dié gebreke te ignoreer of weg te steek, is om Suid-Afrika op ʼn kleurblinde wyse te benader, wat in praktyk strydig is met die normatiewe raamwerk van die Grondwet,” lui die hof se uitspraak.

“Die Grondwet moet fundamentele maatskaplike en ekonomiese regstelling ná 300 jaar van koloniale en apartheidsregering bring.”

Die regters het bevind dat geen ander hof anders sal beslis nie.

Die DA het aangevoer dat die regering onwettig opgetree het deur te versuim om duidelikheid te gee oor hoe die hulpfonds se kriteria toegepas sou word. Die DA beskou ook die kriteria as onwettig omdat dit hoofsaaklik op grond van ras bepaal word.

Die hof het beslis dat ras, geslag, ouderdom en gestremdheid in die kriteria ingesluit moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Jaco ·

Die regbank sê: “Die Grondwet moet fundamentele maatskaplike en ekonomiese regstelling ná 300 jaar van koloniale en apartheidsregering bring.”
Vreemd dat dieselfde regbank Engels tot enigste regstaal verklaar het. Sover ek weet is Engels ‘n koloniale taal en ‘n taal van onderdrukking.

Johnny ·

Nog méér intreressant is dat die Groot Trek eers 186 jaar gelede begin het . . .

Johan ·

Besef die DA nie dat die regstelsel deur die ANC gekaap was nie.

Nie Verbaas ·

Ja ANC, ons twyfel wel oor hof se uitsprake. ANC korrupsie rekord spreek vanself.

Oujongvrou ·

Nouja, as jongmense nog hier wil bly moet hulle weet, ellende is n witman se voorland in hierdie land.

Pieter ·

Ek het ook my eie uitmuntende kriteria wat bepaal wie ek ondersteun, of vir wie ek liefdadigheid gee. Kan alle regdenkende mense asb dieselfde begin doen. My en jou belasting geld, wat met volgende begroting defnitief dramaties gaan verhoog, gaan elk geval vir die wat nie my kriteria slaag nie.

Johan ·

Ons sal maar moet aanvaar dat ons 3de klas burgers is, en daar is niks wat ons daaraan kan doen nie. As jy nie kan waai nie, aanvaar dit net. Hier le n moeilike tyd voor vir blankes.

Jakes ·

As hierdie beslissing nie toon dat die regbank baie min integriteit ten toonstel en dat kaderontplooiing duidelik hier toegepas word, dan lewe ek in n ander wereld.

Kiewiet ·

Wel, in die geval, hoop ek dat alle hulp wat welmenende minderhede aan ander kleuriges gee, gestaak sal word. Daar is nie n wet wat se dat blankes dit moet doen nie, en dit is dus nie konstitusioneel nie. N oog vir n oog. “charity starts at home.” Blankes moet liewer hulle welwillendheid tenoor mekaaar bewys as tenoor ander lands burgers.

ES ·

Nou moet hulle verduidelik – moet ons dan nou 300 jaar wag voordat ons almal op gelyke grond gaan wees? Want die Grondwet stel dit dat elke persoon gelyk is. Maar nou kan ons sien dat meerderheid meer “gelyk” is as die minderheid.

Die nuwe regering het meer as ‘n kwarteeu gehad om dinge reg te stel, maar instede daarvan, het hulle verval in korrupsie en nepotisme.

So, vir hoe lank gaan ons nog gestraf word vir die foute van die vorige regering? Nog 274 jaar?

Dank gaan ek maar begin om my tassies te pak.

Pieter ·

Eintlik is die plan om ons vir ewig te straf. Die straf is dat ons hard moet werk, baaaaaie belasting betaal om die massas te onderhou, terwyl ons niks vir onsself mag hou nie.

ES ·

Pieter, jy is doodreg! Dis hoekom ek dit streng oorweeg om maar die pad te vat landuit.

gatgogga ·

Vir hoe lank nog, vra jy?
Vir so lank as wat de Klerk se wonderlike grondwet op die wetboeke staan – dis hoe lank.

Isabella ·

Dit is ERG DIs N skroeinde skande…DA mut nou besef dis CAPEXIT!!!!

Pieter ·

Die regters doen wat ou cyril hulle se om te doen. Die land se regstelsel is net so grap as wat die ANC regering is.

Yolandie ·

MAW die regsbank is partydig, wat totaal onaanvaarbaar is. Die regbank is veronderstel om die Grondwet en regte van alle Suid Akrikaners te beskerm wat hier woon en werk. Maar nou gebruik hulle net soos ons regering ons geskiedenis as ‘n maatstaf vir watter burgers geregtig is op hulp vd regering. As dit nie onderdrukking is nie dan weet ek nie wat is nie.

Spyker ·

Ek doen n beroep op blankes, indien jy n liefdaige taak wil verrig, begin dan asseblief by blankes. Daar is duisende wat kos soek. My kinders is deel van hulle. Sukkel al twee jaar om werk te kry.

JohanR ·

Die berig moet liewer lui “Suid Afrika en sy mense kry weer bloedneus in die hof!” Dit lyk my maak nie saak wie probeer hof toe gaan, of dit nou ‘n privaat persoon is of ‘n politieke party is nie, kom hulle nie reg by die hofe nie. Die ergste en slegste is Hoofregter Dunstan Mlambo. Dink in 4 maande het nog niks by hom verby gekom nie. As ek sien hy gaan sit met ‘n saak dan weet ek is al neusie verby vir die nie regering advokaat. Se net nee vir alles! Wonder wat drink die hofe en Kopdoek saam, na ‘n wen uitspraak vir die regering?

Debbie ·

Daar is dalk ‘n moontlikheid dat hierdie hele ras kriteria in die ANC se gesig kan ontplof. Onthou, daar is baie swart mense wat vir blanke mense werk. Nou weier die regering om die blanke sakeman of vrou te help. Dit veroorsaak dat die besigheid of sy deure moet sluit of mense moet aflê. So baie mense, swart mense ingesluit, sit nou sonder werk. Iewers moet dit by die mense insink dat hulle hulle werk verloor omdat die regering nie hulle blanke werkgewer wou help nie. Iewers moet die ouens se oë begin oopgaan. Die regering doen hierdie goed opsetlik om haat aan die gang te hou. Ongelukkig word apartheid gebruik as verskoning om al die regering se besluite te regverdig. Die ANC vergeet dat hulle gebid het dat die blanke regering tot ‘n einde sal kom. So raai wat, as hulle aanhou met al hulle verkeerde aksies gaan mense ook bid dat die ANC bewind tot ‘n einde sal kom. Ons as Christene kan net bid dat God ons sal help en dat daar ‘n einde sal kom teen al die haat.

Tino ·

As dit nie vir kolonialisme was nie sou die wiel en daai fancy Mercs en BMWs wat hulle so like ook nog nie hier gewees het nie.

Hoekom ·

300 jaar terug was hier niemand gehuisves nie. Daar was ‘n paar trek stamme en die ontwikkeling van ‘n klein middelweg na Asia. Vir regters is hulle maar min van kennis en wysheid…

Nici ·

Dalk is die hof reg, rassisme moet vandag ‘n rol speel maar dan moet dieselfde hof toegee dat rassisme in die verlede nodig was om die ongeregtigheid van die boereoorlog reg te stel. Howe moet tog consistent wees of hoe? Mens kan nie se dat apartheid onaanvaarbare rassisme is en vandag se rassisme is reg nie. Dis of als verkeerd of als reg.

Misky ·

Belaglik man!!!! Ek sê weer, besighede met n VAT nommer (jy betaal en dien in met die nommer as verwysing) is geregtig op hulp. Jy dra by tot belasting oor jare, nou kan jy hulp daarvolgens kry. BEE se Groottoon (mag nie sê wat ek eintlik wil nie). Dis criteria en klaar!!!!

Nell ·

“Om dié gebreke te ignoreer of weg te steek, is om Suid-Afrika op ʼn kleurblinde wyse te benader, wat in praktyk strydig is met die normatiewe raamwerk van die Grondwet,” lui die hof se uitspraak.”

Ek sou dink dit kon dalk die regte manier gewees het om Suid Afrika te benader – julle sou veel meer sukses en minder konflik gehad het met so ‘n benadering en hoe kan dit strydig wees met die Grondwet?? Beskou die Grondwet nie almal as gelyke burgers van die land nie. Die Grondwet is mos so opgestel om minderheidsregte te beskerm nie waar nie- of sit ek nou die pot toetenaal en al mis??

Pieter ·

Klomp Rassiste in daai regsbank. (Almal Comrads van cANCer en eff). DA mors hulle tyd. Die wit belasting moet gestop word dan kan ons sien hoe gou word hulle lied verander.

Piet ·

Ons word uitgeskuif op alle gebiede. Om te oorleef sal die Afrikaner moet saamstaan en mekaar se dienste en besighede ondersteun. Dis wat die Jode, Indiers, Muslims al lankal in SA doen. Klein besighede wat nie onderworpe is aan BEE nie moet net Afrikaners in diens neem. Daar is nou geen ander alternatief oor as jy hier wil bly en oorleef nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.