DA: ‘Mthethwa besig met heksejag, verdeel Suid-Afrikaners’  

Minister Nathi Mthethwa. Foto: Siyabulela Duda/GCIS

Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, se versoek vir ʼn verduideliking oor hoekom ʼn groep Suid-Afrikaanse rugbyspelers nie die knie gebuig het ter steun van die Black Lives Matter (BLM)-veldtog nie, is ʼn heksejag en sy uitsprake verdeel Suid-Afrikaners.

DA-LP Zakhele Mbhele het gesê sy party verwerp Mthethwa se versoek aan die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) vir ʼn verduideliking oor hoekom die Sale Sharks se agt Suid-Afrikaanse spelers nie die knie gebuig het nie.

“Minister Mthethwa se versoek is heeltemal belaglik en niks minder nie as ʼn heksejag wat daarop gemik is om die spelers sleg te praat vir die uitoefening van hul grondwetlike regte van vryheid van keuse en vryheid van assosiasie.”

Dit is sulke uitsprake wat Suid-Afrikaners verdeel, meen Mbhele. “Geen Suid-Afrikaner moet gedwing word om steun vir enige beweging te toon nie. Suid-Afrika is ʼn grondwetlike demokrasie, en vryheid van keuse en vryheid van assosiasie is fundamentele regte.”

Volgens Mbhele is dit spelers se eie keuse of en wanneer hulle solidariteit en steun wil wys vir die BLM-veldtog en is dit nie die minister of regering se plek om hulle voor te sê of te beswadder in dié verband nie.

Mthethwa loop erg deur sedert hy Maandag gesê het hy is nie gelukkig met dít wat hy in Engeland gesien het nie. “BLM is belangrik. Die feit bly dat swart spelers al onder rassisme in Suid-Afrika deurgeloop het. Daar is diegene wat rassisme in die geheim beoefen en ons sal hulle jag omdat ons die pyn ken wat rassisme veroorsaak.”

Die burgerregteorganisasie AfriForum het gesê hy beskou die minister se aandrang dat SA Rugby teen dié spelers moet optree, as diktatoriaal. “Mthethwa se versoek is kenmerkend van ʼn regering wat toenemend diktatoriaal optree en vir burgers wil voorskryf hoe hulle moet dink en optree,” het Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, gesê.

Solidariteit het gesê hy sal intree namens enige van die agt spelers wat deur die minister geteiken is, asook enige ander sportlui wat in die beoefening van hul beroep benadeel word weens hul weiering om die BLM-beweging te ondersteun.

Die VF Plus het gesê Mthethwa se dreigemente teen sportlui wat nie die knie voor die BLM-ideologie wil buig nie, is ongrondwetlik en verkeerd. “Suid-Afrika se Grondwet maak voorsiening vir vryheid van assosiasie en indien die minister dink hy kan deelnemers aan sport of enigiemand anders verplig om voor BLM te buig, onderwerp hy hulle aan Marxisme,” het die VF Plus se leier, dr. Pieter Groenewald, gesê.

Die Sale Sharks se agt Suid-Afrikaanse spelers, Rob du Preez (losskakel), Faf de Klerk (skrumskakel), Dan du Preez (agtsteman), Jono Ross (kaptein en flank), Lood de Jager (slot), Jean-Luc du Preez (slot), Akker van der Merwe (haker) en Coenie Oosthuizen (stut), het nie Vrydagaand die knie voor hul wedstryd teen Harlequins gebuig nie.

Die spelers het egter steeds gewys dat hulle teen rassisme gekant is deur T-hemde te dra met die woorde “Rugby Against Racism” daarop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Rentia ·

Mooi so manne! Staaan vas en staan sterk. Elke mens het net een persoon waarvoor die knie gebuig sal word. Staan sterk, baie mense staan agter julle!

Wonder net ·

Sy opmerking “en ons sal hulle jag omdat ons die pyn van rassisme ken “wat is dit anders as haatspraak en rasse aanhitsing? Hy mag se wat hy wil maar niks gebeur nie? In my opinie moet hy mos dan nou ook voor die MRK verskyn oor sy uitlatings?

ES ·

Rassisme in sport het niks met die BLM beweging te doen nie. Daar is ‘n ander platform waarop dit aangespreek kan word as dit moet.

Sarah ·

Ons reg op vryheid en reg op inkomste is die laaste 6 maande van ons ontneem. Die feit dat hy nou sy speelgoed wil gooi omdat die manne besluit het dat hulle nie voorgese gaan word oor watter dinge hulle ondersteun nie, wys ons net dat hulle nog steeds probeer hulle mag in mens se keel afdwing.

Jaco ·

Maak ALLE sport finaal 100% swart. Dan is our people finaal tevrede dat alle rassisme weg is uit sport en dan weet wit sportlui mos nou finaal dat hulle nie welkom is nie. Dis hoogstens 1 week se administrasie om alles finaal so om te swaai/te “transformeer”.
Mthethwa en sy mense regeer SA al 26 jaar lank. Waarom NOU nog kla? Hulle kon mos lankal dinge verander het na presies soos hulle dit wil hê. As wit rassisme en “wit monopoliekapitaal” sulke verskriklike probleme is, deporteer dan die wit mense na Europa, Amerika, Kanada en Australië. Dis ook nie so moeilik nie.

Werner ·

Wens hulle wil ons ook straf met rassisme en ons eenkant in ons eie staat inperk. Hulle sal nie want dan gaan hulle binne n jaar by ons geld leen en kos bedel

Jaco ·

Daars al jare lank regstellende aksie en BEE, so dis duidelik dat ons belastinggeld nie meer belangrik of nodig is nie. Inderdaad dus vreemd dat die ANC ons nog nie gedeporteer of ge-dump het in ‘n “tuisland” nie

Anoniem ·

Die ANC regime wil die land se sportlui opsetlik verdeel, want dan is dit soveel makliker om hul bose “alles beheer” planne in werking te stel.

Scalla ·

Die nar dink darem baie van homself, nog by elke departement waar hy betrokke was daar nie juis fireworks nie!!!

Pieter ·

Is oor hy nie sy werk kan doen, en nou probeer hy aandag weg trek. Hy irreteer my met sy rasisme en haat.

Persheks Adri ·

Is dit huh? Jy is nie die Here nie en nog minder is ek van JOU kultuur! Gaan gooi jou dolosse soos julle dit doen en los ons uit! Waarmee wil jy ons jag huh? Dis ‘n dreigement wat jy nou doen!!!

“BLM is belangrik. Die feit bly dat swart spelers al onder rassisme in Suid-Afrika deurgeloop het. Daar is diegene wat rassisme in die geheim beoefen en ons sal hulle jag omdat ons die pyn ken wat rassisme veroorsaak.”

Corrie ·

Ek is klaar met SA Rugby, Krieket en Sokker.
Stel nie meer velang nie. Sal ook nie produkte van die sportsoorte se borge koop nie.

Jaco ·

Dis darem ‘n LANG lys wit name in dié rugbyspan. Wat dan nou van raskwotas?

Hercules ·

ek glo in die Bybel, is ‘n wedergebore Christen, ‘n volgeling van Abba Vader, Jesus Christus, die Heilige Gees en buig my knie net voor Jesus my verlosser

geen terroriste organisasie of ‘n minister sal my manupileer en dwing om my knie voor ‘n ander afgod te buig nie!!

Astrain ·

En steeds is die stilte vanuit Ramaphosa se mond dawerend…

Jakes ·

Die minister wil wys dat hy n magtige man is en wat hy se is wet. Shame siestog.

JohanR ·

Word 59 miljoen mense van ‘n land nou deur ‘n ANC minister gedruig?

Blikke ·

Hoekom skree almal nou MRK? Hulle gaan in elk geval niks doen nie en beteken in elk geval net mooi NIKS!!!

JohanR ·

Blikke….kom ons by in stadium, of is ons al daar waar die MRK, die NVG, die Hawks, die hofe, die regters niks beteken. Die ANC maak al klaar hulle eie besluite of iemand in hulle midde skuldig is, of nie….gewoonlik nie!

Blikke ·

JohanR….ek dink net dat die hele petalje absoluut niks gaan oplewer nie….jy weet mos….hulle maak net soos hulle wil en niks gaan daarvan kom nie. Dis juis hoekom ek al tot vervelens toe keelvol is vir al hierdie twak en dan kos dit nog geld ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.