DA na MRK oor Gauteng se water

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Solly Msimanga, DA-leier in Gauteng, en Nico de Jager, DA -woordvoerder vir infrastruktuurontwikkeling in Gauteng, gaan Maandag ’n klagte by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) aanhangig maak oor dié provinsie se huidige waterkrisis.

Dié klagte volg nadat onlangse waterbeperkings deur Rand Water daartoe gelei het dat ’n kind ernstige beserings opgedoen het toe hy water wou gaan skep.

Die 13-jarige seun is sowat twee weke gelede in ’n ernstige toestand in die hospitaal opgeneem nadat hy deur ’n voertuig omgery is terwyl hy water in Coronationville in Johannesburg gaan haal het.

“Dit is kommerwekkend aangesien ons inwoners gedwing word om water by watertenkwaens te gaan haal,” sê Msimanga.

Om sake te vererger het die DA onlangs tydens ’n toesigbesoek aan Rand Water se pompstasie en waterreservoir in Eikenhof ontdek dat daar ’n waterlekkasie reg buite dié perseel is.

“Toegang tot water is ’n basiese mensereg en Rand Water maak tans inbreuk op hierdie reg deur watertoevoer na verskeie reservoirs en pompstasies in die provinsie te beperk. Hierdie reg behoort nie met gevaar gepaard te gaan nie, en ons inwoners betaal vir ’n diens wat hulle verwag om sonder onderbreking gelewer te word,” sê Msimanga.

Die klagte sal om 11:00 in Braamfontein ingedien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Kokerboom ·

Kan DA ASB ook ‘n dringende klagte by MRK lê oor rioolbesoedeling in KZN

Terence ·

As die wet net wil begin werk. Huidiglik word die howe duidelik deur die regering beheer en voorgesê wat om te doen.

marius ·

Hof bevele werk net in beskaafde lande . Hierdie plek is ‘n onbeskaafde hool . Punt

Doline ·

Twee weke terug het ek n waterkraan wat deur vuurbespryders gebruik word gerapporteer en tot vandag het niemand dit al reggemaak. Die munisipaliteit van Tshwane se werkers was besig by die waterkraan en toe hulle ry het soos n gewone kraan se stroom begin loop. Dink net hoeveel water is al vermors.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.