DA: ‘Regering se inperkingsmag moet vanjaar gestuit word’

Die DA sê hy neem kennis van Human Rights Watch (HRW) se kritiek op die manier waarop die Suid-Afrikaanse regering die Covid-19-pandemie hanteer.

In ʼn verslag wat Woensdag bekend gemaak is, het HRW die regering se mishandeling van kwesbare groepe, die uitgerekte sluiting van skole en die onderbreking van die Nasionale Skoolvoedingsprogram tydens die afsonderingstydperk, uitgewys.

“By die lys van menseregteskendings sou die DA die gebruik van buitensporige geweld, insluitend die moord op Collins Khoza, en irrasionele beperkings op ondernemings en werk byvoeg wat dit moeilik maak vir mense om kos op die tafel te sit,” sê Cilliers Brink, die DA se woordvoerder oor samewerkende regering en tradisionele sake.

“Die ANC sal ná Covid-19 vir drie dinge onthou word: Een van die langste en ergste afsonderingstydperke ter wêreld, die diefstal van ramphulpfondse en die versuim om staatshulpbronne te gebruik om die entstof vroeg te bekom en wyd te versprei.”

Die DA sê die regering se inperkingsmag moet vanjaar gestuit moet word.

“Die gesondheid en welstand van gewone Suid-Afrikaners mag nooit weer afhang van die giere en genade van ʼn korrupte en onbevoegde regerende party nie.”

Die DA betwis reeds die grondwetlikheid van art. 27 van die Wet op Rampbestuur, maar die kwessie behoort ook voor die parlement te dien, sê Brink.

Afhangend van die verloop en uitslag van die hofsaak sal die DA vanjaar konsepwetgewing voorberei om die Rampbestuurswet te wysig om ʼn toekomstige inperking onder parlementêre beheer te plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Peter Pan ·

Ai wie gaan hulle keer? Verseker nie die DA nie. Die regering doen net wat hulle wil.

Denise ·

die regering verarm ons land, maak ons mense dood deur soveel plekke tot stilstand te ruk.. baie plekker maak toe en mense verloor hul werke.. wat doen die regering… niks.. maak stupid reels

Mariana ·

Nou toe DA maak so. Die “regering” stuit vir niks. Hulle het ons net waar hulle ons wil hê, op ons knieë. Magsbeheptes neem die besluite.

Hendrik ·

Goeie besluit? Hoe gaan dit geskied en wie gaan die woordvoerder wees? Die ANC is hulle totaal moet gestuit word!!! Ek weet nie of daar iemand is wat die wet ken om hulle daarop te druk nie. Maar ons weet ook dat die ANC hulle nie steur aan enige wetgewing nie.

Oom Hennie Pennie ·

Hoop nie dit bly net by praat nie? Moes lankal opgetree het

Ou bees ·

Laat dit eers aangaan en agterna blaf DA soos klien brakkies wat n kar jaag is daar n verkiesing oppad?

Lee ·

Ek wonder net oor een ding…. Die regering gee daagliks statistieke oor die aantal besmettings, stertfes, ens. MAAR ons het geen statitieke oor presies hoeveel lewens deur COGTA se wetgewing gered is nie. Hulle hoofdoel is tog “to save lives” Dis alles net ‘n rookskerm vir mag, wat hulle maandeliks tot in ewigheid hernu.

Baardman ·

Dink die DA regtig dat die ANC die wetgewing sal oorweeg en goedkeur.

Carel Johannes ·

DA, wat anders kan julle verwag van ‘n eenrigting denkende kommunistiese regime, wat nie eens ‘n gevoel het vir “our people” nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.