DA sê Ramaphosa kan nie OB se verslag ignoreer

Natasha Mazzone. Foto: Facebook

Die DA se skaduminister van openbare ondernemings, Natasha Mazzone, het Vrydag gesê pres. Cyril Ramaphosa is verplig om te reageer op die openbare beskermer se verslag oor minister Pravin Gordhan, en behoort herstelmaatreëls te tref of die verslag te laat hersien.

Maroela Media het vroeër berig Busisiwe Mkhwebane het gister ʼn verslag bekend gemaak met verskeie verdoemende bevindinge oor Gordhan.

Volgens Mkhwebane moes Gordhan destyds geweet het dat Ivan Pillay, voormalige adjunkkommissaris van die SAID, ʼn sogenaamde “rogue” eenheid op die been gebring het aangesien Pillay direk aan hom gerapporteer het. Sy het aangevoer dat die eenheid destyds onregmatig op die been gebring is aangesien slegs die president sulke geheime inligtingversamelingseenhede mag stig.

Mazzone het in ʼn verklaring gesê die verslag se bevindinge dat Gordhan dus die Grondwet oortree het, mag nie geïgnoreer word nie.

Luidens die verklaring glo Mazzone, ten spyte van haar party se standpunt oor Mkhwebane se bevoegdheid om die amp as openbare beskermer te beklee, dat die DA egter steeds verplig is om die integriteit van die openbare beskermer se kantoor as hoofstuk 9-instansie te respekteer.

“Die openbare beskermer beveel aan dat pres. Ramaphosa regstellende aksie moet implementeer. Indien die president óf Gordhan glo dat die verslag foutief is, prosedureel of wesenlik, het hulle die reg om dit te laat hersien,” lui die verklaring.

Hoe ook al, die president is verplig om aandag te gee aan die verslag, het Mazzone gesê.

Mazzone het gesê die DA se verbintenis tot die handhawing van die wet oortref persoonlike en politieke meningsverskille. “Die OB het nou ʼn bevinding gemaak en die reg moet sy loop neem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Hendrik ferreira ·

Die DA hou hulself besig met allerhande dinge behalwe prioriteite soos plaasmoorde en diskriminerende wetgewing teen wit mense of is dit nie n preoriteit vir hulle nie ?

Kallie ·

Wat kan die DA doen? As ‘n politieke party kan hulle vrae vra, antwoorde eis, en standpunte inneem, maar daar eindig dit. Die VF+ is in dieselfde posisie. Die finale besluite word deur die ANC regeerders geneem.

Sarel ·

Ondersteun die Zumaliete se jongste poging of van die doring in hulle vlees ontslae te raak.

fred ·

dit word n vervelig tammeletjie vir CR en Gordhan…benuut om te sien hoe dit gaan uitdraai met éénkant die CR/Gordhan fraksie en anderkant die EFF/ZUMA fraksie..

Basjan ·

pieter, my ou mater. Ek stem 100% saam met jou. Hierdie groot kabaal, wat Mkwhebane oor minister Gordhan opskop, is net ‘n rookskerm wat moet dien as ‘n weerligafleier vir iets anders waarvan hulle die aandag wil laat aftrek.

Johan ·

Wat was die doel van hierdie sogenaamde eenheid? Dit was sekerlik om skelm mense wat gruwelik belasting ontduik, op te spoor. Indien wel, is dit mos iets positiefs. Maar in die proses het hulle natuurlik op invloedryke mense se tone getrap. En hulle kom met ‘n terugveg poging.
Die OB moet liewers begin by daardie berugte melkplaas en die saak na behore ondersoek…

Frm ·

Sjoe uit die kommentare is dit duidelik dat julle nie omgee dat zuma weer president word nie want al hierdie aanvalle op ramaphosa het daai doel voor or. Reg of verkeerd.

Maljan ·

Dis so duidelik soos daglig dat die destydse president wel kennis gedra het van die sogenaamde eenheid. Hoe anders het sy, die ob, daarvan uitgevind? Zuma se mensie mos.

Alta O'Kelly ·

Dit is so eronies dat Adv Busisiwe net sekere mense uitsonder. Daar is so baie ander sake wat haar aandag verg. Ek kry die idee sy weet nie hoe om ‘n nuwe ondersoek te begin, want vandat sy aangestel is krap sy net rond in vorige sake.

lewies ·

Dit gaan vir my oor die integriteit van die grondwet. Prosesse is prosesse en as dit nie gevolg is nie, moet die regstrukture besluit of die rede, waarom prosesse nie gevolg is nie, gedoen is in belang van landsveiligheid en in belang van die meersderheid mense en belastingbetalers. wat nie met onderduimse aktiwiteite besig was nie. Die waarheid sal seevier, nou of later.

Antoon ·

Wens ek was so positief oor die waarheid wat sal seevier as jy

Hennie ·

Verkeerd Hendrik Ferreira, die DA moet ook toesien dat wet en order gehandhaaf word in hierdie opsig, wat Mazzone hier doen is beslis ‘n prioriteit. Ramaphosa is geneig om sy rug te draai op ongeregtighede en waarmee sy hier voorloop is juis om hom te keer om dit nie weer te doen nie.
Jy het blykbaar nie die nuus dopgehou die afgelope week nie. Dr. Pieter Groenewald van die VF Plus het plaasmoorde sterk aangespreek en reeds ondersteuning van meer as een premier gekry.

John ·

Die storie het al verjaar en ‘n paar politici is ook al ‘n paar jaar ouer en gryser sedert hulle agtergekom het hul finansies kon dalk onder vier oè beland het. Nou wil moedertjie Theresa weer vir Gorghan in ‘n hoek dryf. Sekere mense se slapelose nagte is die kruks van die saak.

Willem Grobler ·

Wat ‘n sirkus! Sou ons nie beter af gewees het in ons eie staat nie? Hoe klein ookal – ons is net hierdie spul se melkkoeie. Dis met een lang faksiegeveg en ons betaal die gelag. Watwou! Ons betaal selfs die elektrisiteit van Zimbabwe…

uit 'n ander hoek ·

Die oud-word met ‘n Albatros om die nek is en was nog altyd ‘n kwessie van die eie gewete. Jy verdra dit of jy bely dit. Dit is die verskynsel van gewetenloosheid wat teen die einde van die tye sal toeneem. Laat dit vir ons ‘n barometer wees.

Ed ·

As die president en die Guptas krimineel besig is waarom moet hy die destyds president toestemming vra?

ne ·

Wonder of die OB vir JM werk of vir die land in geheel. Haar optrede is nogal snaaks, kaders word nie in haar verslae genoem nie.

Koos ·

As CR weet wat is goed en reg vir hierdie wonderlike land van ons, beter hy baie vinnig sy slakkepas strategie via komitees en ondersoek eenhede staak EN baie, baie vinnig sy voet neersit en daadwerklike aksies neem om van ondermynende beamptes in belangrike poste, ontslae te raak.

Die huidige OB se optredes in die verlede, toon reeds duidelik dat dit NIE tot voordeel van ons land en sy mense strek nie – om nie eers te praat van hoe negatief sodanige uitsprake in die buiteland gesien word nie.

Gert van Wierdapark ·

Watter integriteit praat die DA van betreffende die OB se kan-toor-tjie! Dis n grap hoe sy alles opmors wat behoorlik ondersoek MOES GEWEES het! Druip!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.