DA verloor nóg ʼn wyk

(Foto: Demokratiese Alliansie/da.org.za)

Die DA het Woensdag nóg ʼn wyk verloor – dié keer in Bethal, Mpumalanga. Die ANC het die wyk met net ses stemme teen die VF Plus gewen, met die DA derde en die EFF vierde.

Hoewel die DA terselfdertyd gemaklik gewen het in Lydenburg, maak dit die deur oop vir die VF Plus om te begin redeneer dat daar in sommige dele van die noordelike binneland plekke is waar die DA die opposisiestem verdeel en die ANC laat wen – die ou DA-argument teen die VF Plus op sy kop gedraai!

In 2016 het die DA net-net gewen in Bethal, maar dié keer het sy aandeel in die stemme afgeneem van 45% tot 26%. Die VF Plus het reeds vanjaar verskeie wyke in Noordwes van die DA afgerokkel. Die VF Plus se stemme het ook met 56% gestyg sedert die 2016- munisipale verkiesing, terwyl die DA 65% van sy stemme verloor het.

Die Bethal-wyk is gewen deur Mabhiyane Sipela van die ANC met 701 stemme – net ses stemme meer as die VF Plus se 695 stemme. Die DA het 514 verwerf en die EFF 78 stemme.

Ondanks al hul gebieker, verdeeldheid en koersloosheid het die DA gewen in Lydenburg, maar hul steun het afgeneem van 69% tot 48%. Spiridian Couvaras (DA) het 643 stemme gekry, teenoor die 434 stemme vir die VF Plus en 240 vir die ANC.

In Sekhukhuneland, Limpopo, het Sello Phosoko (ANC) gewen met 1 269 stemme, gevolg deur die EFF met 741 stemme en ʼn onafhanklike kandidaat met 79 stemme.

Die volgende twee wyke wat die DA moet verdedig, is in Germiston en Thabazimbi. Die oë sal op hulle wees om te sien of die DA se vryval voortduur en of hulle die tendens kan stopsit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Theoman ·

Jammer VF PLUS het net net verloor, 2020/21 sal wenspan wees, en terloops Jan Jan die VF + plus is nou n party wat op sy eie die DA met Zille se skille opdraand gaan gee.

Gert ·

@Jimmy: Dis die strik waarin die DA getrap het, word ‘n party vir almal, en gou is jy ‘n party wat net veg vir swartes.

Judge Dredd ·

Nog te veel meelopers van ANC plannetjies – maar nogtans goeie nuus om te sien dat party mense se ogies darem besig is om oop te gaan.

Clipper ·

Mense moenie dom wees nie. As DA uitval gaan eff groei en die amptelike opposisie word

Judge Dredd ·

EFF is alreeds die amptelike opposisie – ANC luister eenvoudig nie na enigiets wat DA se, maar het al paar keer hul standpunt verander as gevolg van EFF.

Cherokee ·

Hoe lekker sit jy die DA-aanhanger op sy plek, Judge Dredd :-)

Oujongvrou ·

Cherokee jou haat vir die DA raak nou boring. En tug my asb nou oor my onsuiwer taalgebruik.

se maar ook net ·

Clipper dis waar maar dan moet DA flippen vinnig wakker skrik want all of a sudden hoor of sien jy hulle nie meer nie.

koos ·

Vusi se woorde aan Zuma lyk my is nou op betrekking op hom.
A broken man in a broken land (party?)

aj ·

Die Wit lede het die DA voorheen ‘gedra’ met hulle hardwerkendheid terwyl die Moesie element net kom ‘aansit het by gedekte DA tafels’.

Die DA verloor nou baie meer as STEMME na die VF+ toe. Dit is die hardwerkende kundige werkers wat oorstap na die VF+ wat die DA gaan knak!

Pop ·

En nou het elke liewe een wat kon vir die VF gestem, waar gaan die res wittes vandaan kom vorentoe. Of het julle ook busse vol stemme om aan te ry. Regtig ek staan soms stom vir witmense se redenasies. Gaan kyk asb hoeveel wit, bruin, swart en indier mense in SA woon. Vergelyk dan gou die getalle.

Kerneels ·

Die ANC is reeds besig om die VF+ te infiltreer. By jou volgende vergadering, kyk maar om jou rond.

Gaitsigubib ·

Waar kom jy daaraan? Die VF kan en sal nog baie groei. Jy het geen idee wat mense kan bereik as hulle saam staan nie, dis nogal duidelik. N minderheid het dan SA van 1948 tot 1994 regeer en hulle het dit nie “verloor” nie, hulle het dit self oorhandig.

Lizelda ·

Jip! Totsiens DA, danksy Mmusi se uitlatings teenoor witmense…

Chris Ws ·

Dit vat lank om sommige mense hul oe te laat oopmaak vir die DA.Gelukkig het BAIE ,veral blankes, se ogies intussen oopgegaan en daar sal nog meer se ogies “oopgaan”vir dit wat hulle NIE WOU SIEN NIE. VF+ BO!

Rina ·

DA het te veel struwelinge. EFF en ANC n defnitiewe neeeeee …… VF julle is tops

JohanR ·

Dit verstom my dat enige iemand nog ‘n stem kan gee vir die ANC. Kyk om julle mense en vra wat verbeter, en of dit ooit gaan verbeter?

JK ·

Ons vra dit al van ’94 af, en hulle gee net nie om nie. Volgende jaar se beloftes laat hulle vergeet van die gemors nou, en volgende jaar is dit dieselfde storie.

Joe ·

Mmusi het van die begin af die DA van binne laat verrot, hy’t die DA n tak van die ANC gemaak. Hy’t die werk wat hy vir hul moes doen, gedoen.

Jerry ·

DA fire tog nou vir Maimane en sommer ook vir van Dammetjie en kry dit agter die rug sodat julle nie ook die wyke van Germiston en Thabazimbi gaan staan en verloor nie. Sonder die DA se steun lyk dit nie vir my of die VF veel hond haar af maak teen die ANC nie, om nie eers te praat van manifestobeloftes om terug te slaan waarvan daar ook nog niks van gekom het nie. Die VF beplan seker weer om eers net voor die volgende verkiesing terug te slaan en kiesers weer n rat voor die oe te draai, maar ek het nuus vir julle. “Auntie ZILLE is back”!

Jack Sadie ·

Ek stem VF+, maar antie Helen het die vermoë om die DA te red. Sal hul oë oopgaan? Ek twyfel.

HARTSEER ·

Eendrag maak mag
Tweedrag breek af

My engelse oorlede man het my altyd geterg omdat ons afrikaanse sprekendes so kan dwars trek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.