DA-veteraan Kopane bedank

Patricia Kopane. (Foto: Twitter)

Veteraanpolitikus Patricia Kopane het as DA-lid bedank, een van verskeie hoëprofielbedankings in die party die afgelope ruk, en gaan ActionSA nou nader om by dié party aan te sluit.

Luidens ʼn verklaring van Kopane het sy haar besluit om te bedank met ʼn “swaar hart” geneem, maar doen sy dit ook “sonder spyt en met ʼn skoon gewete”.

Sy sê haar besluit in 2003 om by politiek betrokke te raak was nie omdat sy ʼn politieke party wou dien nie, maar ná ʼn leeftyd in die gesondheidsektor om die mense van die land te dien.

Kopane se loopbaan in die DA strek oor sowat 20 jaar. Sy het in 2020 as Vrystaatse DA-leier die tuig neergelê en aangedui dat sy haar nie vir nog ʼn termyn verkiesbaar gaan stel nie. Sy het destyds gesê haar besluit om ná agt jaar nie meer die party in die provinsie te lei nie, het ʼn lang aanloop gehad en sy het steeds as partylid en LP aangebly.

Haar destydse bedanking as provinsiale leier het egter gevolg op dié van die destydse KwaZulu-Natalse provinsiale DA-leier, Zwakele Mncwango. Dit het tot heelwat bespiegeling gelei dat daar ʼn georkestreerde poging is om van swart leiers in die DA ontslae te raak.

Sy was die afgelope 13 jaar ʼn LP en was voorheen ook ʼn raadslid van die Mangaung-metro.

“Die waarheid is dat ek nie meer glo dat die DA die politieke voertuig is waarby ek in 2003 aangesluit het nie. Ek voel nie dat ek in die DA hoort of dat ek die ruimte het om politieke bydraes tot my land te lewer nie.

“Ek het geen kwade gevoelens teenoor die DA nie en wens niks anders as net die beste vir die talle goeie mense wat in die party bly nie,” lui haar verklaring.

Kopane sê die beëindiging van haar partylidmaatskap beteken nie dat haar diens aan die land ook daarmee eindig nie. “Ek het nog baie om by te dra in diens van my land en kan my nie voorstel om weg te stap van die politiek terwyl my land in soveel moeilikheid is nie.”

Sy gaan nou gesprekke met Herman Mashaba, president van ActionSA, begin om by dié “opwindende nuwe party” aan te sluit en te bepaal watter rol sy deur ActionSA kan vervul.

“Ek doen dit openlik, deursigtig en met die trots van ʼn Suid-Afrikaner wie se werk in diens van haar land nog nie klaar is nie.”

Die DA het Maandag ʼn kort verklaring gesê dat die party Kopane se bedanking as parlement- en partylid ontvang het en aanvaar.

“Ons bedank Patricia vir haar diens aan die DA en die rol wat sy in die parlement gespeel het,” lui die verklaring van dr. Roy Jankielsohn, die DA se Vrystaatse leier.

Makashule Gana het twee weke gelede ook sy bedanking as DA-lid aangekondig. “Ek bedank om aan te sluit by ʼn ontluikende generasie leiers en aktiviste wat verbind is tot mobilisering en organisering om mag aan die mense van Suid-Afrika terug te gee,” het Gana toe gesê.

Luidens berigte is verskeie swart leiers in die DA glo ongelukkig oor hoe hulle “geteiken” word en hoe ʼn oorheersende groep wit partylede binne die organisasie glo gekant is teen beleid wat veronderstel is om die foute van die verlede reg te stel.

Verskeie ander swart partylede dreig glo ook om hul sakke te pak onder die bestuur van DA-leier John Steenhuisen en Helen Zille, voorsitter van die DA se federale raad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Samuel ·

Politiek bly maar ‘n vuilspel. Ek kan glo dat die DA swart lede teiken ten spyte van hul bewerings dat hulle nie diskriminerend is nie. In elkgeval is die DA lankal nie die party wat dit eens was nie. Vol bek en maak geraas, maar wanneer jy hulle nodig het, draai hulle hul rug op jou. Ek weet.

Kokerboom ·

Ons is vinnig oppad na ‘n “us/them” politieke status

Sobymykoolkop ·

En toe kon sy nie die versoeking weerstaan om die rassisme tamboer te tokkel nie , minderwaardigheid is ń baie erge siekte.

Althes ·

Siestog, dalk moet sy nog notules tik vir die swart oppergesag in Action SA en wat dan? Hul wil elkeen ñ koning op hul eie mishoop wees. Magsbehep of magsdronk die politiek.

Althes ·

Die raskaart is afgesaag. Sy gaan nog baie base hê bo haar, almal swart, en wat gaan haar verskoning dan wees?

SjN ·

Die geld is seker beter, loop en kry klaar, moenie raskaart trek nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Geen werklike verskil, die DA en Action SA moet in elk geval saamwerk om die ANC te kelder.

Althes ·

Ag kom tog net oor julleself me Kopane. Volgens wat ek oor die nuus verneem het oor jou besluit, kla jy dat swart DA lede onder wit lede moet werk.
Daar was ook bewerings van wit rassisme teenoor swart DA lede.
Me. Kopane natuurlik gaan jy en mede swart Action SA lede onder swart bestuur moet werk.
Herman Mashaba het Johannesburg op ñ skinkbord vir ANC teruggegee toe hy uit die DA bedank het.
Waarom het hy en Mmusi Mmaine nie ñ gesamentlike party gestig nie?
Omdat elkeen hul eie leier wil wees.

Ettienne ·

Mmmm … die DA het haar seker nie genoeg geleentheid gegee om haar tribalism uit te leef nie, magsvergryp en selfverryking….

Althes ·

Me Kopane ek het vanoggend gehoor op ñ bekende radiostasie dat u werklik belangrike poste beklee het in die DA.
U is ook moeg om die DA te verdedig dat hul ñ ‘wit party’ is.
Dis werklike ñ groot openbaring oor die situasie van SA. Wie het die grootste rassistiese gevoel teenoor ñ ander etniese groep? So probeer SA ñ rat voor die wêreld draai dat daar net wit rassiste is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.