DA wil lid skors oor uitlatings teen Helen Zille

Nqaba Bhanga het sy mede-DA-lid Helen Zille in die openbaar as ʼn rassis uitgekryt. (Foto: Facebook / Nqaba Bhanga)

Die DA in die Oos-Kaap is van voorneme om Nqaba Bhanga, die party se voormalige leier in dié provinsie, hangende ʼn ondersoek van alle partyaktiwiteite te skors nadat hy sy mede-DA-lid, Helen Zille, in die openbaar as ʼn rassis uitgekryt het.

Volgens Andrew Whitfield, DA-LP en provinsiale leier in die Oos-Kaap, was die besluit eenparig en sal die amptelike kennisgewing binnekort aan Bhanga beteken word.

Bhanga was vroeër ʼn kandidaat vir die posisie van federale ondervoorsitter in die party se nuwe leierskap.

Benewens dat hy Zille as “die grootste rassis” uitgekryt het, het Bhanga ook “ongegronde bewerings” teenoor haar op sosiale media gemaak.

Hy het onder meer op sy persoonlike Facebook-profiel aangevoer dat Zille “saam met die ANC” tot sy [Bhanga se] nadeel gewerk het.

Die plasing op Nqaba Bhanga se Facebook-blad.

Sodra Bhanga die kennisgewing ontvang, sal hy 48 uur hê om skriftelike redes in te dien oor waarom hy nie geskors moet word nie.

Die saak is na die party se Federale Regskommissie vir ondersoek verwys.

“Die DA in die Oos-Kaap is diep teleurgesteld in Bhanga se optrede wat strydig is met sy vorige verbintenis tot nierassigheid en die party,” het Whitfield gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Amelia ·

Die ou storie van rassisme is al hol rug gery rassisme appartheid is al wat hul vir die mislikkings kan gebruik

Ronél ·

The moment the accuser realize he is incompetent, it’s convenient to play the race card.

Aggie ·

Hierdie hedendaagse reëling om iemand ‘n geleentheid te gee om redes te gee… is ‘n onding. Skors eenvoudig die persoon en laat die proses sy gang gaan. Dis mos eenvoudig: Of hy het dit gesê, of hy het dit nie gesê nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.