DA: ‘Zuma moet hom oorgee of in hegtenis geneem word’

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Die departement van korrektiewe dienste (DKD) bestudeer nog die Konstitusionele Hof se uitspraak oor Jacob Zuma se parool, maar die DA meen die oudpresident moet homself oorgee of in hegtenis geneem word.

Die Konstitusionele Hof het Donderdag Zuma se verlof tot appèl met koste van die hand gewys en dus bevestig dat die mediese parool wat Arthur Fraser, die voormalige kommissaris van die DKD, in September 2021 aan die oudpresident toegestaan het, onwettig was.

Singabakho Nxumalo, DKD-woordvoerder, het gesê die DKD win regsadvies oor die uitspraak in en sal mettertyd verdere kommentaar lewer.

Die DA het die Konstitusionele Hof se uitspraak verwelkom en gesê dit bevestig nou “dat Zuma in die tronk hoort, en dat sy lastige litigasie ’n laaste desperate poging was om geregtigheid te ontduik”.

John Steenhuisen, DA-leier, het gesê die party se prokureurs is tans besig om ’n brief op te stel wat aan Zuma voorgelê sal word en waarin hy versoek sal word om homself vrywillig en binne ʼn redelike tydsraamwerk oor te gee vir inhegtenisneming.

“Indien Zuma versuim om aan hierdie versoek te voldoen, sal ons aan die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, Makgothi Samuel Thobakgale, skryf en vra dat hy Zuma in hegtenis neem en na die Estcourt-gevangenis terugbesorg. Indien een van hierdie partye versuim om daaraan te voldoen, sal hulle in minagting van die hof wees.”

Indien Thobakgale poog om die inwerkingtreding van die Konstitusionele Hof se uitspraak te vertraag, sal die DA nie huiwer om verdere stappe te doen om te verseker dat hierdie uitspraak gehandhaaf word nie, het Steenhuisen gesê.

“Zuma moet nou die gevolge dra vir sy skaamtelose miskenning van die oppergesag van die reg. Hierdie uitspraak moet nou ook as ’n belangrike regspresedent dien wat verseker dat enige en alle ANC-lede en openbare verteenwoordigers wat by staatskaping betrokke is, nooit die mediese paroolproses kan misbruik om aanspreeklikheid te ontduik nie.”

Die burgerregteorganisasie AfriForum, die DA en ander het in 2021 ’n dringende hofaansoek teen ses respondente beteken in die saak wat die vrylating van Zuma op mediese parool uitgedaag het.

Die vraag wat nou oorbly, is of Zuma terug tronk toe moet gaan en of hy reeds sy vonnis uitgedien het al was dit buite die tronk weens ’n onwettige mediese parool. AfriForum se standpunt is egter dat Zuma terug tronk toe moet gaan om sy volle vonnis dáár deur te bring.

“Geen politikus mag bo die wet geag word nie. Die onwettige wyse waarop Zuma sy tronkstraf vrygespring het, beteken hy het nóg ’n vonnis wat hy agter tralies moet uitdien,” het Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum, gesê.

Die Konstitusionele Hof het Zuma op 29 Junie 2021 tronkstraf vir minagting van die hof opgelê weens sy versuim om voor die Zondo-kommissie na staatskaping te getuig. Hy het sy gevangenisstraf op 8 Julie 2021 by die Estcourt-gevangenis begin uitdien.

Dit het tot ʼn vlaag gewelddadige oproere gelei wat uiteindelik meer as 300 sterftes veroorsaak en ekonomie skade van miljarde rand berokken het.

Zuma is in September 2021 op mediese parool vrygelaat. Die Hoogste Hof van Appèl het in November verlede jaar beslis dat die mediese parool waarop Zuma vrygelaat is, onregmatig en ongrondwetlik is, en dat hy moet terug tronk toe vir ʼn tydperk soos bepaal deur die DKD. Daar is teen die uitspraak geappelleer waarna die Konstitusionele Hof nou sy uitspraak gelewer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

etienne ·

Ag liwe genade, ons almal weet hy sal die binne mure van n tronk nooit sien nie. los dit en beweeg aan

Hendrik ·

Nee, hulle moet aanhou druk uitoefen op Zuma. As hy hiermee wegkom dan sal elke Jan-rap-en-sy-maat dink dis ‘n maklike manier om tronkstraf vry te spring.

Cherokee ·

Elke jan rap en sy maat het nie die staatsvoorsiening van fondse nie,

Cherokee ·

Waarom jý sòveel duimoppe kry vir jòu ondersteuning van Zuma se geveg om geregtigheid te omseil (omseil soos in vryspring, as die Putin-aanhangers nie verstaan), maak dit makliker om te verstaan waarom soveel van die lokale lesers en ‘kommintators’ ook ondersteuners is van Putin.

marius ·

Waarvoor bestudeer hulle die uitspraak ? Dit is die hoogste hof. Gaan sit !

Koen ·

As jy dink zuma gaan tjoekie toe dan glo jy ook aan kersvader en die tanne muis.

Cherokee ·

Hokaai marius! Wees regverdig (of is dit bloot realisties?), gun hulle die tyd om eers die uitspraak te bestudeer, en dàn uit te vind Zuma is by die ANC (en sommige van die lokale lesers) se vriend en held, in Rusland. As hulle daaroor besluit het soos jy voorstel, dan behoort sy pasboek ingetrek gewees het.

Martie Smartie ·

Daars hy, daar brand Natal weer. Carl Niehaus moet solank sy rugsakkie pak om sy grootmeester te gaan beskerm…

Michael ·

Zuma was nie die oorsaak van Natal oproer nie. Dis deur magte binne die ANC georkestreer. Dis tyd dat mense wakker word-die ANC sit agter die goed nie Zuma nie

Loun ·

Daar vat daai ernstige kwaal wat hy onder lede het weer vlam….
More lê hy in die hospitaal….

Cherokee ·

Waarom sou ek saamstem met jul opgewondenheid oorlat Zuma (beslis volgens julle) sal vryspring? Uh uh, my kop werk anders. Ek is positief ingestel.

Seef ·

Wat is daar nog om te “bestudeer”? Het die hoogste hof dan nie die heel laaste sê nie? Of werk dit nie so in hierdie piesang land nie?

miraclealigner ·

Ek weet wat die antwoord is maar gaan Arthur Fraser nie ook aangekla word nie? Dit is misbruik van ;n gesagsposisie, en onwettige vrylating van ‘n veroordeelde gevangene?

Cherokee ·

Jy plaas op skrif,die vraag wat ek ook het sedert die lees van diè en soortgelyke berigte.

Amelia ·

en sy pel fraser moet ook saam hom in sel sit maar sal nie met een van hul gebeur nie

Michael ·

Zuma was onwettig gevonnis-die KH het geen magte om vonnisse te lewer nie-dis die KH wat homself as bo die wet verhewe beskou. Talle regsgeleerdes het dit destyds bevestig maar mense is so behep met Zuma dat hulle nie wil erken die KH het onwettig opgetree nie.

Debbie ·

Ek sou sê los hom, fire hom uit politiek uit want word hy toe gesluit gaan die looting weer begin en ons land veral KZN gaan nie dit weer oorleef nie.

etienne ·

Breaking news. Zuma in Russia to seek for medical help………………………………hahahahahahahaha

Stephen ·

Zuma was warned of the outcome and he is already seeking Med Assistance in Russia. This circus is so predictable.

Tania ·

Ja nee vee die sweet van jou koppie af, die lewe maak n groot draai met alle ANC lede, begin in die tronk en eindig in die tronk – waar julle hoort

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.