Dag oue baba op vullishoop gevind

Netcare911 (Foto: Verskaf)

ʼn Dag oue babaseuntjie is Dinsdag omstreeks 10:00 op ʼn vullishoop langs die pad in Burlington Heights in Chatsworth, KwaZulu-Natal, gevind. Die baba was vol miere.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911, sê hulle is na die gebied ontbied waar die babaseuntjie op die vullishoop gevind is. Met aankoms by die vullishoop het paramedici die baba begin ondersoek.

“Die baba was bepaald pasgebore, want hy was nog met plasenta bedek.”

Herbst sê die baba was gedehidreer en het gesukkel om asem te haal.

Paramedici het die baba in die ambulans begin behandel. Nadat hy gestabiliseer is, is die baba na die hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Mellie ·

Jy kan mos nie met vrede in jou hart aangaan met jou lewe as jy tot so iets in staat is nie?

Jakes ·

Gewetenlose ,misrabele mens wat geen respek vir lewe het nie. Geen maar geen rede kan sulke optrede regverdig nie. Maar dis mos maklik om kinders te verwek want daar word nooit vooraf beplanning gedoen nie.

Cindy ·

ai, my hart huil elke keer wat ek een van hierdie weggooi baba stories lees :( Wat gaan deur ‘n “ma” se kop as sy so onskuldige ou dingetjie weggooi soos gemors, ek kan dit nie eens imagine nie :(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.