Danie en Elanie Gerber herstel van Covid-19

Elanie Gerber saam met haar pa, Danie. Foto: Verskaf.

Die Springbok-legende Danie Gerber en sy dogter, Elanie, het van Covid-19 herstel.

Pa en dogter het Saterdag in ’n video op Facebook hul dankbaarheid uitgespreek nadat albei negatief getoets het vir Covid-19.

Maroela Media het vroeër berig Danie het verlede maand positief vir die koronavirus getoets. Elanie het die siekte kort daarna opgedoen. Albei het sedertdien in isolasie aangesterk.

Elsabé Gerber, Danie se vrou en Elanie se ma, het intussen ook positief getoets vir Covid-19. “In hierdie stadium fokus ons net op my ma om haar ook hierdeur te kry,” het Elanie in die video gesê.

Danie het ’n beroep op mense gedoen om by die huis te bly gedurende die algehele landwye afsondering weens die Covid-19-pandemie.

“Moenie ’n hero probeer wees nie. Kyk na jouself en dink aan die mense om jou. Hierdie ding versprei verskriklik vinnig en erg. Ons wil nie graag hê julle moet in dieselfde bootjie as ons wees nie, want dit is nie ’n lekker boot om in te wees nie.”

???? COVID-19 NEGATIVE ????Deur ons symptome en tyd in isolasie het en kon hul ons nou negatief verklaar????????Weereens baie dankie aan almal… Ondersteuning en liefde????Ons ???????? vir die mense wat nogsteeds deur dit gaan en bly Glo????????… So Blessed en Dankbaar???????????? Almal wees en Bly veilig asb… ???? Elsabe Gerber my moeks gaan ook die outjie beat, ons fokus op haar en Glo????????????Ons kan dit almal saam doen, as ons saam staan en veilig wees???? Bly positief asb????

Posted by Elanie Gerber on Saturday, April 18, 2020

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Estelle ·

Jy bedoel seker “celebrities”……. Sou jy eerder wou he hul moet ook baie siek word Jan? Dis snaaks dat dit jou pla as hul dit net matig het. Eks dankbaar Angus is gesond!

Alida ·

As ons so min Covid19 gevalle het dat almal wat dit kry en herstel in die koerante verskyn, hoekom moet ons tans 5 weke in grendelstatus deurbring? Niemand het nog vir ons gesê hoeveel mense is verlede jaar aan griep of lugwegverwante siektes dood nie. Ek wed julle baie meer! Ek sê nie ons moet nalatig wees nie en hierdie virus is anders in die sin dat hy vinniger en makliker aansteek. Maar wat maak ons volgende winter as daar weer ‘n nuwe virus sy verskyning maak? Gaan ons voortaan herfs en winter opgesluit deurbring? Wonder maar net….

Cherokee ·

Tania Heyns, die ‘legende’woord word misbruik en oorbruik. Probeer ‘n nuwe, asseblief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.