DBV-personeel ontslaan ná hulle gans keelaf sny

Die video wys hoe een van die lede die gans se nek met ʼn groot mes morsaf sny, terwyl ʼn ander lid die dier op die bakkie se bak vasdruk (Foto: Skermgreep)

ʼn Video van drie personeellede van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Oos-Londen wat ʼn gans se nek met ʼn mes afsny, het groot ontsteltenis op sosiale media veroorsaak. Dié lede is intussen ontslaan.

In die video staan drie persone, geklee in Oos-Londense DBV-uniforms, by ʼn bakkie. Die video wys hoe een van die lede die gans se nek met ʼn groot mes morsaf sny, terwyl ʼn ander lid die dier op die bakkie se bak vasdruk.

Die gans spartel soos hy uit die lid se greep probeer loskom.

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het Maandag in ʼn verklaring bevestig dat die drie lede tydens ʼn tugverhoor met onmiddellike effek ontslaan is.

Die NDBV het ook ʼn saak van dieremishandeling teen die lede aanhangig gemaak.

Die NDBV sê die DBV in Oos-Londen word tans deur die NDBV bestuur en dié tak gebruik intussen die NDBV se hulpbronne totdat ʼn nuwe komitee saamgestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Tipper ·

Maroela ek hoop ons weet wie die name is,dan kan ons op Facebook sien hoe lyk die manne.

Misky ·

Kan julle nie meer oor die gebeure bekend maak nie? Hoekom het hulle dit dan gedoen? Gewoonlik is BDV werkers juis lief vir diere en red hulle uit haaglike omstandighede. Hoekom sal hulle nou sommer net die gans se kop afkap vir geen rede nie

Leana ·

Dit is sulke mense wat my in die lelikste tale op aarde laat praat. Ek hoop regtig dat julle nooit weer ‘n werk kry nie en kripeer van elende, mens maak nie net ‘n dier dood oor dit vir jou lekker is nie en as dit regtig nodig was om dit te doen kon julle regtig aan ‘n beter manier geding het. Mag julle stik in jul eie …

Oom Hennie Pennie ·

Kry eers die storie agter die storie. Dalk was die gans baie ernstig beseer en was dit die enigste uitweg? Moes hulle nou ‘n sjirug in ‘n private hospiaal kry om die gans uit sy leiding te verlos? Voordat jy kritiseer, kry eers al die feite. Dis net ‘n dier onthou en was hy 10 teen 1 ernstig beseer

Pieter ·

Dit is hoekom ek nie meer geld vir hulle gee nie. Gee my geld nou vir wetnose ek stop baie daar die diere se hokke is mooi skoon en daar is altyd kos en water in hulle bakke.

Dries ·

Daar word daagliks derduisende hoenders ,kalkoene, ganse en eende geslag. Ek is daarvan oortuig dat daai gans geslag is om te eet.

Wielspore ·

Die besonderhede rondom die saak is vaag om te kan sê dat die gans se keel afgesny is om te eet. Dit kan wees dat die gans beserings opgedoen het en dit van so ‘n aard was dat hy dit nie sou oorleef en die gans uit genade doodgemaak is.
Dit het met my al gebeur dat ek op twee geleenthede genade dood toegepas het, die een was ‘n duif wat die windskerm getref het en die ander geval was dit ‘n tarentaal wat ook die motor getref het. Die beserings was in albei gevalle van so ‘n aard dat die voëls dit nie sou oorleef.

Dries ·

As ek na daai DBV manne kyk is ek oortuig dat hulle nie wreedaards is wat die gans sommer vir die lekkerte dood gemaak het nie. Hierdie is niks anders as kwaadwillige media sensasie

Ovelia ·

Kan jy dt oot vertel.. hul is weerlose diere. Gee daai 3 manne vir mense wt omgee vir diere dan praat ons weer

Johanna ·

Daar moet beslis n ander red wees soos dat die gans dalk beseer was en moes vakant gemaak word.

Barend ·

Het julle geweet KFC was eers hoenders wat se kele afgesny was

Gert ·

En daar is die mense hulle werk kwyt agv ‘n simpel mens wat als wil plaas op sosiale media. Het die DBV die saak ordentlik ondersoek oor hoekom dit gedoen was of is dit weer kom ons dank liewer die mense af omdat almal daaroor skree, net nou toi toi almal voor ons hek.?

Aikie ·

Die werklike vraag is: “Wat het hulle daarna met die gans gemaak?” Hom weggegooi? Gekook en geëet? Alle mense, selfs ons bemaarde vegetariërs moet doodmaak om te eet. Of dit nou ‘n gans of’ n wortel is, maak nie saak nie.
Ek dink die saak het hand uitgeruk met die DBV.

Barend ·

En die vegetariërs teiken goed wat nie kan weghardloop nie.

Gerhardus ·

Hulle is veronderstel om die diere te beskerm en om ‘n liefde vir diere te hê. Ons het in Secunda ook ‘n vrou gehad wat by die DBV gewerk het, wat ‘n bobbejaan laat doodskiet het, terwyl daar mense wat wat die bobbejaan kon “dart” en vang en die regte besluite sou neem. Sy het hulle egter laat terugstaan en die bevel gegee dat die bobbejaan geskiet moet word. Dan het sy nogal die vermetelheid gehad om te sê dat sy nie ‘n diere liefhebber is nie. Ek ondersteun glad nie meer die DBV nie, aangesien hulle lankal nie meer die diere se belange op die hart het nie.

Hompie ke Dompie ·

Hoe anders moet ‘n gans dan doodgemaak word? Geskiet, geskok, of met ‘n hamer?

Barend ·

Kap sy nek af dink ek, maar die manne sou mekaar dalk beseer het

Rudolph ·

Ek verstaan nie mense se skielik ontsteltenis nie. Dink hulle, hulle KFC hoenders, Karoo lammers pleeg selfmoord of word nakose toegedien voordat hulle kele afgesny word. Diegene wat van diere ‘n maaltyd maak behoort niks fout hiermee te vind nie

Oom Hennie Pennie ·

Feit: As jy by die DBV werk dan is jy lief vir diere.
Feit: Partykeer moet jy ‘n dier keelaf sny of doodmaak om die dier van pyn een lyding te verlos.
Feit: Ek was vir 45 jaar ‘n boer en praat uit ondervinding.

Toy ·

Liewe genade ek kan sulke goed wat aan diere gedoen word mos glad nie hanteer nie. Dit breek my hart.

pestilensie ·

Die slag van diere behoort n verpligte vak op skool te wees. Hoe dink julle gaan ons oorleef wanneer bestaansboerder weer in hierdie derdewereld van ons oorneem.

TO ·

Sies man julle is veronderstel om die diereryk te beskerm. Dis hoekom ek nooit ooit ‘n dier by spca sal aflaai nie, te maklik om dood te maak

Nick ·

ja ne en wie van julle eet vleis,al die diere word so gemartel maar nou skielik moan julle!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.