De Ruyter glo eers landuit ná onthullings  

Andre de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom (Foto: Du Preez de Villiers)

André de Ruyter, uittredende uitvoerende hoof van Eskom, het die afgelope week ʼn opskudding veroorsaak met sy uitlatings dat ʼn senior politikus by die korrupsie by Eskom betrokke is.

Volgens mediaberigte gaan De Ruyter die land vir ʼn tyd verlaat om sy veiligheid te verseker. Die ANC het heftig op De Ruyter se bewerings gereageer en gedreig om hom hof toe te sleep.

Die ANC sê De Ruyter probeer die skuld vir sy eie mislukking om die land se ligte aan te hou nou op iemand anders pak – en die ANC en Luthuli-huis is “maklike sondebokke”. Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, het gesê as De Ruyter enige bewyse van korrupsie het, het hy ʼn plig om dit voor te lê.

ʼn Taakspan van die ANC se veteraneliga het ʼn beroep op pres. Cyril Ramaphosa gedoen om beskerming aan De Ruyter as “fluitjieblaser” te verleen terwyl die bewerings deur die toepaslike wetstoepassingsagentskappe ondersoek word.

Die ATM het intussen versoek dat De Ruyter voor die parlement gedaag moet word om vrae te antwoord oor sy onthullings. Die party wil ook weet of De Ruyter wel die beweerde korrupsie aangemeld het.

Artikel 34 van die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede bepaal dat dit verpligtend is vir persone in gesag om korrupsie aan te meld.

Die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare ondernemings het intussen die stap verwelkom om De Ruyter met onmiddellike effek te verwyder.

Volgens Khaya Magaxa het die komitee egter kennis geneem van die ernstige aantygings wat De Ruyter gemaak het.

“As die komitee wat ʼn grondwetlike verantwoordelikheid het van toesig oor Eskom, kan ons nie daardie ernstige bewerings ignoreer nie. Ons moet dit opvolg totdat die waarheid aan die lig gebring word en die oortreders aanspreeklik gehou word.”

Die DA het reeds ʼn aansoek gebring om inligting te kry oor die hoëvlak-politikus wat glo by korrupsie in Eskom betrokke is.

De Ruyter het in die onderhoud met die joernalis Annika Larsen op e.tv onder meer gesê dat ʼn minister ingelig is oor ʼn spesifieke hoëvlak-politikus wat by korrupsie in Eskom betrokke is, en dat die betrokke minister toe na ʼn senior amptenaar gekyk en glo gesê het: ‘Ek dink dit was onvermydelik dat dit in elk geval sou uitkom’.

Die DA het ʼn aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) gebring om Eskom te dwing om bekend te maak wie die persoon is.

Dr. Eugene Brink, strategiese raadgewer vir gemeenskapsake by AfriForum, het gesê De Ruyter beskik oor intieme kennis van die kragvoorsiener en daarom moet sy bewerings oor ANC-hooggeplaastes se betrokkenheid by Eskom se korrupsie ernstig opgeneem word. “Dit is ook nie die eerste aantygings wat hy oor endemiese korrupsie gemaak het nie, en dit is nie net ʼn sogenaamde staatskaping-probleem nie. Hierdie aantygings tesame met ander fluitjieblasers s’n moes al vroeër ondersoek geword het, maar dit blyk makliker te wees om diegene eerder net stil te maak.

“Eskom se direksie het die land en hul organisasie in die steek gelaat deur De Ruyter se diens voortydig te beëindig terwyl hulle bloot sy en ander rolspelers se bewerings ernstig kon opneem en sodoende Eskom kon probeer red het. Dít maak ʼn bespotting van Ramaphosa se staatsrede-beloftes om geregtigheid by Eskom te laat geskied en korrupsie uit te roei.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

79 Kommentare

Pieter ·

De Ruyter is baie slim om dit te doen, veral met die kaders wat nou moet wys of hy lieg. En ons almal weet cANCer is so skuldig soos van 1994 af tot hede. (Moenie die kinders uitsluit nie, naamlik eff kaders).

Piet ·

Eintlik betsaan die regsreel dat as jy beweer moet jy bewys.

Kattebol ·

Dis juis agv die bewyse wat Andre het Dat hulle hom wil vermoor.

JohanEtz ·

Dieselfde geld vir CR en Kie…
Almal weet van SA korrupsie maar DOEN NIKS daar nie@!!!

My siening ·

Die ont hulling moet deur media geopenbaar word dat die ANC dit nie kan toesmeer nie maar die publiek kan druk plaas op kaders!

jou gewete ·

Nou moet hy net n BBC of CNN nuuskonfersnsie hou en alles oopgooi. dis hoogtyd dat die gemors oopgevlek word vir die wereld

Aai ·

Yes kry die beleggers betrokke dan sal jy die poppe sien dans.

groenboer ·

Inderdaad, want nou dat hy uitgeskop is het hy niks meer om te verloor nie. Hy moet straks ook ‘n boek skryf waarin hy alles vertel wat hy weet.

Dit sal hom eintlik veiliger maak, want dit help nie om hom te vermoor as hy reeds alles op die lappe gebring het nie. Maar vir die duur van die skryfwerk moet hy maar mooi gaan kyk na sy en sy gesin se sekuriteitsmaatreëls. Daar is baie min twyfel dat daar aanslae op sy lewe gaan wees.

George ·

Die wereld weet van die korrupsie, en hoekom sal die wereld omgee oor wat hier gebeur? Amerika, China weet wat hier gebeur, daar is ander dealings onder die tafel dat hul ander kant toe kyk

JD ·

Haha CNN… Clown Nuus Netwerk?
Maar nou ja, die waarheid moet uit, ek sou net nie CNN is n baken vir die waarheid beskou nie

Ilze ·

JD. My seun noem hulle die Crisis News Network. As daar nie ‘n krisis is nie dan skep hulle een.

Piet Snot ·

Gewete, wanneer laas het jy CNN gekyk? Hulle is so links, dis verstommend. Hulle sal die feite so draai, jy sal dog jy’s op ʼn ANC nuuskonferensie.
BBC ewe linksgesind.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ja Piet Snot, Afrikaners vreet enige snert wat uit Amerika kom.

Snowball ·

Tyd vir die KGB – Kader Gaan Baklei. En die hofnar Fikile Mbalula, slim soos ‘n brood, gaan die linies lei om die ANC se onbevlekte naam in ere te herstel. Dis nou witwarm in Loothuli huis – tyd vir ‘n lekgotla en kommissies (lunch is on the house né? – die mense moet mos bietjie eet).

Marius ·

Waar n rokie trek …………..
Goeie werk Mnr. De Ruyter.

Hennie ·

Ag liewe Fikile : Dink jy regtig enige iemand met meer as 3 breinselle neem jou ernstig op? Jy is die spreekwoordelike sirkusnar jouself! Verduidelik liewer vir die armes hoekom hulle al hoe swaarder kry, terwyl net ‘n uitgesoekte paar welkom is op die soustrein. Komaan man – “Grow a pair”, en dan verduidelik jy sommer ook vir Cinderella om ook ‘n paar te kry.

Nicholaas ·

Nou lyk hul kamma baie verbaas oor al die korrupsie en geld grype, wonder of hul ooit sien hoe vol hul sakke gestop is oor die jare.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Ek het geen vertroue in en respek vir die ANC-leierskap van die verlede en hede nie. Geen, nullo, zigsrollo.

Sanet ·

ANC, haal die klappe van julle oë af…….. Julle eie gemors haal julle in, en niemand anders kan blameer word as julle self nie!!!!! Die prentjie in die spieël is toe nie so rooskleurig nie!!!!!!

Nie Verbaas ·

Dade van n man met integriteit. Iets waarvan die ANC geen benul het nie.

melaney ·

Die gespuis sal aan die wêreld verkondig dat De Ruyter nie sy werk ordentlik kon uitvoer nie, daarom het hy homself om die lewe probeer bring deur sianied in sy eie koffie te gooi.

annie ·

… gedwing? Skielik gaan vervolging nou móét plaasvind? Waarvoor is die Zondo-kommissie teen groot geld aan die gang gehou? En niks het daarvan gekom nie. Selfs Zuma sit sy voete nog en afkoel in sy brandpoel? Die ANC maak nou sy naam erg badprop! Sy ware kleur, die galgeel ongure een, lê die wêreld vol en almal trap daarin. Ons Grey-listing is nie verniet op die kaart nie. Dit hang juis saam met ‘n diepsinnige regeringstyl… die sg Phala-kopklem-stormbuffel-aksie vir gerieflike uitkomste.

gpsa ·

Verplig om korrupsie aan te meld met die wete dat mens jou lewe waag terwyl mens weet niks sal daarvan kom nie.

Die ongeskrewe wette tel in die land baie meer as die geskrewes.

Leon ·

Op die stadium is al sy bewerings ongegrond. So hy het absoluut niks bereik net spekulasie nie. Inteendeel word alles wat hy se bevraag teken. Geen ondersoek kan kom van sy “vermoede” nie. As hy nie verplig gevoel het nie, hoekom bewerings maak ? Stel homself ook so bloot. Jou stelling dus irrelevant

Piet ·

Jy is reg Leon. Sy bewerings moet nog getoets word. Tot dan gebeur niks.

Vexed ·

By wie meld jy dit aan wonder ek, almal is van bo tot onder deurspek van skelm. Daar is niemand. Ons weet dit almal. Daar is heelwat mense in die staatsdiens wat sien wat aangaan maar daar is nêrens om te gaan nie…

Anna84 ·

Ek sou verseker ook landuit vlug, want daar is nie ‘n manier wat jy ‘n fluitjie blaser in SA is sonder dat jy daarna vermoor word nie. Hy het dan nog nie eers iets gesê nie, toe word sy koffie al vergiftig…

Alex ·

Sooooo… kom ons dink mooi, Andre was in diens gestel om ondersoek in te stel wat aan gaan in Eskom. Toe doen hy sy werk en nou is hy in die moeilikheid daaroor. Maw. Jy moet n huis bou. Daar word verwag dat jy dit moet doen met alle erns. Nou dat die huis klaar is, is jy in die moeilikheid oor jy dit gebou het en perfek jou werk gedoen het. Asb verduidelik die een aan my, want ek verstaan nie meer hoe die samelewing werk nie

Piet ·

Die deure is nou wa-wyd oop gemaak om Eskom net nog verder met groot hoeveelhede geld te plunder.

Aai ·

Ek lag vir die ANC hulle kan nie eers die Guptas in die land kry wie dink hulle is hulle?Ha Ha

Vexed ·

Ons weet mos almal hoe skelms reageer, hier is ‘n sprekende voorbeeld.

Andries ·

Kyk maar daar is darem nou n geskarrel in di duiwehok.
Mens wil eintlik sê ja ja ja… n Gedreig met regstappe soos n voormalige ANC, SG, n leier van n politieke party, na “onthullings”.
Dit gaan my verstand te bowe, dat mense kan dink, dat daar ni getuienis sal wees vir stellings, bewerings en publikasies nie.

Lekker onrustig slaap manne. Di waarheid is oppad

Vincent ·

Net nog n bewys dat ons sogenaamde regering net n front is vir n misdaad sindikaat wat die land en sy burgers plunder.

Owlie ·

DA, Solidariteit, Afriforum julle sal die De Ruyter gesin in veiligheid SA moet uitneem.
Dis absoluut amazing dat daar na wetgewings verwys word wanneer ‘n fluitjie blaser te voorskyn kom maar wanneer lede van die regering weet hulle was/is verkeerd dan moet ander die skuld kry. ANC gaan kyk na al die nuus berigte, videos in jul eie stemme en verduidelik aan die wêreld hoe De Ruyter skuldig is aan misleading as hy geen besluite sonder jul inmenging kon neem nie. Hou op om sirkus sirkus te speel en privatiseer eskom – sedert 2020 covid lockdown is oor en oor bewys hoe korup julle is.

Maritza ·

ANC kan se wat hulle wil maar die hele SA weet dat hulle die skuldiges is.

Nie Verbaas ·

De Ruyter sal nie aantuigings maak as hy nie in besit van konkrete bewyse is nie. Hy is n hoogs intelligente man met integriteit. Die ANC lafaarde sal natuurlik alles in hulle vermoë doen om dit toe te smeer, nê Ramaphosa, Gordhan en Mantashe.

Sarel ·

Wat het geword van die Zondo verslag?
Wat her geword van die omddrsoek.na geweld in KZN
Politieke inmenging en toesmeerdery im al die
Staatsinstandies is algemeen bekend

My siening ·

Regte ding gedoen want ANC SAL JOU UITHAAL om hul korrupsie te beskerm, jy het nie n probleem in ander lande nie want hierdie is n getuigskrif vir n beter toekoms in n land met waardes wat SA lankal verloor het!

Sarel ·

Kom hierdie man of enige lid vz. Sy gesin.nou iets oor
Dan weet jy waarhee. Om die vinger tecwys

Johann ·

Ongelooflik om te dink iemand wat die waarheid praat en opstaan teen diefstal en vergrype moet in 2023 uit sy eie land vlug? Dis nou die land wat die anargis ANC claim die toonbeeld van demokrasie is? KLUG!!!!!

pieter ·

die ANC MAFIA kan ons maar ‘n drone reël om die mafia uit te haal….dan is almal verlos…..

Wendy ·

Ag kan Maroela tog nie asb v di kaders hulle lesers se kommentare wys nie?? Well done Mnr de Ruyter jy moes dt lankal gedoen het -die kaders speel nou met ons om hulself te red-nou sal hul jou slegmaak sodat dit in al wat n nuusberig nuuswaardig sal lyk ons almal weet mos nou al v 30 jr wat aangaan

Gerhard ·

Although South Africa is subjected to various types of corruption, three notable forms are wasteful expenditure, state capture, and corruption related to or using Black Economic Empowerment (BEE) legislation. – Hierdie is wat internationaal gese word van Suid-Afrika. Hierdie is alles onder die cANCer beheer en dit word van 1996 af so gesien. So, julle kan maar agter Andre aan hardloop, hy het maar net die deur op ‘n skreufie oopgemaak vir die wereld en ek hoop hy gaan, waar hy ookal heengaan oorsee slim genoeg wees om alles op die lappe te sit en dan kyk na hom en sy gesin, sodat die gespuis nie by hulle kan uitkom nie, want ek is seker hulle sal sy mond toe wil hou, maak nie saak hoe nie. Andre het nie hierdie bietjie aas verniet uitgegooi nie, hy het verseker geweet dat dit die “cage gaan rattle” en oh boy, het dit nie….well done Andre. Pas jouself op en vlug asap.

JohanEtz ·

Dieselfde geld vir CR en Kie…
Almal weet van SA korrupsie maar DOEN NIKS daar nie@!!!

Josua ·

Andre se van staan nou soos n paal bo water uit en doen hom gestand, dit moes Andre Die Ruiter op die wit perd gewees het, daar is wetgewing in plek wat jou die reg gee om n wereld hof te nader indien jou eie regering te lamsakkig is om n saak in die hof aan te hoor en korrupte mense aan die pen te laat ry. Ek glo die ANC is net n “escape” code vir die buiteland wat betrokke is by die korrupte spul en wil seker maak alles word onder die mat ingevee. Gelukkig weet ons dat nie net SA afhanklik is van Evkom nie maar die res van Afrika ook daarom is die deure oop om n wereld hof te nader maar wie gaan die sweep klap want ek twyfel of die politieke partye in SA die eerste tree gaan neem want dit gaan vir hulle oor stemme nie geregtigheid nie nou gul hul almal en demand maar dit is net n rookskerm tot hulle ons verkeerd bewys. Die huidige vloede in SA gaan deur belasting groot geld vir die ANC inbring, ek wonder hoekom want daar is reeds iemand anders blameer vir die ramp!

elphia ·

Mnr de Ruyter, wees asb net veilig en versigtig! Ons land het mense soos jy nodig in die stryd teen korrupsie.

domheks ·

Hoe de hel moet hy die anc by die anc verkla? Wys net weereens geen integriteit by die KADERS nie!

Johanna ·

Ek glo NIE André het n sent gevat by #skom NIE. Ook NIE op belastungbetalers SE geld geteer NIE. HY was NIE alleen betrokke by Eskom NIE nee wat van die wat nooit niks wou weet van die stelery NIE? Oppad die bom Gaan bars en dit sal NIE deur die regerendeparty wees wat iets Gaan doen NIE maar een van Ander partye

Mudguard ·

Dis hoe Afrika rol. Kyk maar na al die lande suid van die Sahara. Behalwe dalk Botswana.

Jacques Dawie ·

Dink die ANC hy is/ was nie voorbereid voor hy die korrupsie op die lappe gelê het nie? Dink bietjie na oor die kaliber van De Ruyter se karakter en sy kennis? Ek dink die ANC reaksie speel presies in sy voorspelling. Dink daaroor,

Frank ·

Ek raai dit was ook ‘n berekende waagstuk om die raad te dwing om die regte ding te doen en of by hom te staan, of by die korrupte spul en nou weet almal wat hulle keuse was.

JohanR ·

Gee name Andre. Daar moet ‘n paar ANC’s wees wat op warm kole sit.

Juanita ·

Wat help dit korrupsie word aangemeld as die hele spul korrup is? Meld dit aan by die volgende korrupte en so word dit toegesmeer en die aanmelder word geteiken?

Johanncb ·

“Cats on a Hot Tin Roof”! Politici, slaap maar met albei oë oop! Julle is in vir ‘n ding!

gatgogga ·

“……..dat dit verpligtend is vir persone in gesag om korrupsie aan te meld.”
Dan is die hele ANC ook skuldig!

Keelvol ·

Die hele onderhoud is n klug spel, n poging om homself te veronskuldig in die oë van die publiek . Hy het n ondraaglike situasie nog erger gemaak met die permanente beurtkrag en fase 7 (nie 6 nie). Nou vlug hy die landuit omdat hy Kwansuis vrees vir sy lewe. How convenient. Ons almal weet van die hoë vlakke korrupsie by eskom. Dis niks nuuts nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hy het waarskynlik PR spindokters in sy hoek.

Nie Verbaas ·

Ramaphosa weet presies wat by Eskom aangaan maar hy is n totale slapgat en die party (ANC sindikaat) word voor die welstand van Suid Afrika en sy burgers gestel.

Judy ·

Daar word nou deur Matashe verwag dat Mnr. De Ruyter Matashe se gemors wat hy aangevang het en nog steeds elke dag aanvang moet skoon maak. As ek na Matashe kyk kan ek sien hoekom Eskom in ‘n gemors is.

Wondermaarnet ·

Die ANC weet nie waarvan hulle praat nie. Die probleem IS DIE ANC. Beurtkrag kom van 2006 af en toe was De Ruyter nog nie die CEO nie.

Vonny ·

Sexy Andrè gaan vir n laaaaaang kuier.
Dis die veiligste . !

Althes ·

Maar mnr Cassim watsenaam moes die korrupsie al in 2017 aangemeld het, mnr Fikile Mabula. Hy was voor de Ruyter daar!!!
Mnr Cassim het SA versaak!

Gerrie ·

De Ruyter moet ons wat agterbly nou net ‘n guns doen vanuit die buiteland en elke krummeltjie waarheid van die dakke af verkondig. In die fynste detail moet hy elkeen op die naam noem. Dat die wêreld (en ons landgenote) kan weet.
Iewers moet die waarheid die ANC se demoniese golf breek.

kommentaar ·

Voorspoed mnr de Ruyter en gesin. Mag dit met julle goedgaan, en dankie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.