Departement oorweeg sluiting van Numbi-hek

Numbi-hek (Foto: TripAdviser.com)

Lindiwe Sisulu, minister van toerisme, sê die polisie gaan binnekort “die regte mense” in hegtenis neem in verband met die onlangse moord op die Duitse toeris Jörg Schnarr.

Intussen gaan die departement van toerisme dit oorweeg om die berugte Numbi-hek na die Krugerwildtuin in Mpumalanga te sluit nadat Schnarr en sy medereisigers begin vandeesmaand sowat 800 meter van dié hek in hul huurmotor oorval is.

Dit is nie die eerste aanval naby dié hek nie.

Sisulu het Dinsdag tydens ’n virtuele vergadering van die gekose komitee oor handel en nywerheid, ekonomiese ontwikkeling, kleinsakeontwikkeling, toerisme, indiensneming en arbeid gesê haar departement sal die moontlikheid van ’n heksluiting en alternatiewe roetes met belanghebbendes bespreek.

Die minister het gesê sy is bewus van die konstante onstabiliteit in die omgewing weens plaaslike inwoners se ongelukkigheid oor grond. Sy is ook bewus van die spoedhobbels naby die Numbi-hek wat motorise noop om spoed te verminder en wat hulle maklike teikens maak.

“Ons sal dit [’n sluiting] ondersoek.”

Sonja Boshoff van die DA het tydens die vergadering daarop gewys dat die naaste polisiestasie aan die Numbi-hek slegs een diensmotor en te min hande het. “Ons toeriste en plaaslike mense word aan ons eie lot oorgelaat.”

Sisulu het tydens die vergadering gesê daar word gekyk na die konsep van ’n toeristepolisie-eenheid  “om te verseker dat ons omsien na die mense wat ons na die land nooi”.

Maroela Media het vroeër berig bykomende veiligheidsmaatreëls is reeds by die Numbi-hek aangebring terwyl daar in die volgende twee weke nóg maatreëls geïmplementeer sal word.

Sisulu het tydens die vergadering gesê dat haar departemnent baie bekommerd is oor toeriste se veiligheid, maar het gelukkig ʼn baie goeie werkverhouding met die minister van polisie.

Dit volg nadat Sisulu verlede week gepaai het dat Suid-Afrika ’n “baie veilige plek” is met “slegs drie” internasionale toeriste wat sedert 1994 in dié land dood is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Adriaan ·

Ja so word die land net toegemaak. Sal eerder n blinde oog gooi voor daar teen comrades opgetree word. Nou word n ander hek net geteiken. Pateties verby.

My Mening ·

Nog ‘n vermorsing van ‘n massiewe salaris elke maand!! Sy is gepla oor die toeriste wat ons die land binne nooi, wat van ons eie mense, plaaslike toeriste???

Gert ·

Ja sy het ‘n goeie verhouding met die minister. Sy is net so useless soos hy.

Heinrich ·

Jis, maak net die hek toe dan is die misdaad probleem opgelos…hoekom het ek nie daaraan gedink nie! O ja, want ek leef nie in Sisulu se droomwêreld nie. Die ANC is totaal van die werkliheid losgemaak.

Kokerboom ·

Mens skud net jou kop in ongeloof as jy lees van die sinnelose twak wat nuttelose onbevoegde ANC kader ministers voorstel of kwytraak. Daadwerklike aksie en oplossings bestaan NIE in hul verwysingsraamwerk want …..hul het NIE die vermoeë of die wil!!

Roebs ·

Hou die hekke oop beskerm net ons mense en die mense wie die land aan die gang hou, toerisme is ons grootste inkomste nou moet ander mense boet omdat ons regering nie ‘n hand het om dit te beheer nie.

Chris dupreez ·

, ,Maak die hek toe, dan is die misdaad probleem opgelos.,, Huh , eish , en jy wil president van die land word.

Hennie ·

Liewe Sussie Sisulu, sluit al die hekke. Dit is nou die oplossing wat ons patetiese regering het vir misdaad bekamping.

domheks ·

“baie veilige plek” is met “slegs drie” internasionale toeriste wat sedert 1994 in dié land dood is. Aldus Sizulu.
DIT IS REEDS 3 TEVEEL SISULU! Hoe dink jy wat vertel hulle vir hulle landgenote? Dat SA ‘n baie veilige plek is? Dan moet jy/julle weer dink!

gatgogga ·

Slegs drie? Nog ‘n leuen. Ek kan sommer uit die vuis uit aan meer dink.

Leon ·

Grootste toeriste aantreklikheid in SA. Die sluit van hekke is nie veronderstel om in n sogenaamde 1e hand ter sprake te wees. So verloor SA miljoene aan inkomste maar die agbare minister sien dit nie so. Vrypas vir misdaad om hoogety te vier

Esme ·

Ek was onder die indruk dat die skuldiges alreeds vasgetrek is. Wat ‘n skande wat weereens toegeskryf kan word aan swak polisiering en ‘n Minister van Polisie wat nie ondervinding van sy afdeling het nie.

Niklaas ·

So , sluit Numbi want misdaad wen . Hek by Phabeni is dan volgende , dan volg Krokodil brug. En hierdie minister praat van “veilige plek”

Manie ·

Los die Numbi Hek, sluit die oop grense waar misdadigers eenvoudig kan oorloop en maak soos hulle wil.

Nicholaas ·

Sy kan n 100 hekke toe maak want dit nie die probleem, die kriminele sal net n ander plek kies om toe te slaan, sort die skelms uit.

Swerwer ·

Haai regtig? Sluit die hek omdat die gemors van n regering nie beheer oor hul gespuis kan uitoefen nie.

Rocco ·

Toeriste polisie eenheid – wil jy nou meer! Wat van die inwoners van Suid Afrika. Hoe meer dae, hoe meer hansworse. Die sirkustent is reeds oorvol

Althes ·

Jul wil die hek sluit, maar die misdadigers gaan net na die volgende hek. Huh? Misdaad is die probleem, nie ñ hek nie

Casper ·

Die plaaslike inwoners se ongelukkigheid oor grond,nou wat het dit met toeriste uit te waai.Begin deur die spoed hobbels te verwyder.Hulle is mos lief vir onderhandel so hoekom onderhandel die plaaslike bevolking nie i p v om te moor.

Isobel ·

Ja en so gaan alles net ten gronde. Kry oplossings maar dit te veel moeite. Sluit liewers die Numbi hek makliker vir die minister en polisie ne

Snowball ·

Tussen die ore, daar sit die grootste uitdaging. Patetiese denkwyse in ‘n land wat sink onder misdaad.

Aikie ·

Dit is nou waar polisie teenwoordigheid veronderstel is om misdaad te voorkom. Ek kan selfs nie eers onthou wanneer ek laas ‘n polisie voertuig op partollie in ons buurt gesien het nie. Wat ek wel gesien het is’ n trop polisie manne wat in werkstyd met hulle polisie voertuie gaan inkopies doen en vanaand met hulle polisie voertuie huis toe gaan.
Maar patrolleer? Ken nie die konsep nie. Dit is seker waarvoor private veiligheidswagte daar is.

PieterJ ·

Sluit die hek en laat die in daai omgewing hul inkomste van toeriste maar verloor. Hulle moet dan maar die skelms uitsorteer. Ek kan nie eens meer simpatie bekostig in SA nie.

Saartjievandiebosveld ·

Nee…dis mos net te maklik…maak die hek toe…problem op gelos….RERIG!!!! Om die kriminele te vang is net te moeilik….NÉ!!!

Johan ·

Dit is inelkgeval n swakbestuurde oliefantplaas, weet nie hoekom enige iemand nog die Kruger wil besoek nie. Die bio-diversiteit is vernietig.

Yvonne ·

Tipies ANC…behandel die simptoom ipv die oorsaak…wat gaan die sluiting van n hek bring.????…oplossing vir die misdaad etc is ……uit met die ondoeltreffende regering ….misdaad in hierdie land is totaal buite beheer

Lillian ·

Hoeveel mense moes ly voor die regering wakker skrik???? Weereens ‘n bewys van hul onvermoë om die land reg te bestuur.

Andries MT ·

Sisulu het tydens die vergadering gesê daar word gekyk na die konsep van ’n toeristepolisie-eenheid “om te verseker dat ons omsien na die mense wat ons na die land nooi”.Sy se dan die land is veilig vir toeriste (Hoe nou)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.