Duitser ‘net’ derde toeris om in SA te sterf – minister

Minister Lindiwe Sisulu (Foto: GCIS)

Lindiwe Sisulu, minister van toerisme, hou vol Suid-Afrika is ’n “baie veilige plek” met “slegs drie” internasionale toeriste wat sedert 1994 in dié land dood is. Dit sluit in die vermoorde Anni Dewani en nou ook Jörg Schnarr, die Duitse toeris wat Maandag in Mpumalanga doodgeskiet is.

“Dit is ’n rekord van veiligheid,” paai die minister. “Ons voorsien maksimum sekerheid vir toeriste.”

Die minister van polisie het egter Woensdag bekend gemaak dat 11 voorvalle van roof, waarby toeriste betrokke is, tussen April en Junie 2022 in Mpumalanga alleen aangemeld is.

Sisulu het Woensdagaand tydens ’n perskonferensie die moord op Schnarr as “berekend” bestempel. Haar departement het Schnarr se medereisigers, onder wie sy vrou, vroeër die dag bygestaan.

“Ons het hulle al die nodige ondersteuning gebied. Ons wou aan hulle en ander toeriste wys dat hierdie ’n veilige land is. Hierdie is ’n ongeluk wat ons nie kon voorsien nie.

“Suid-Afrika is ’n land wat omgee en die departement van toerisme is ’n omgee-departement… Suid-Afrikaners is vredeliewende mense en Suid-Afrika is ’n vredeliewende land. Ons maak staat op toerisme vir ons ekonomie.”

Die 67-jarige Schnarr was Maandagmiddag as deel van ʼn toergroep van die Drakensberge na die Mdluli Safari‑lodge in die Krugerwildtuin op pad toe gewapende aanvallers hulle sowat 800 meter van die Numbi-hek voorgekeer het.

Die familie se verklaring rakende die voorval is tydens die mediakonferensie voorgelees aangesien die familie glo ongelukkig is met hoe die Duitse media oor die moord berig het. Schnarr se kinders het glo deur Duitse media se beriggewing van hul pa se moord te hore gekom.

(Foto: SAPD)

Luidens dié verklaring het ’n motor die pad van die groep toeriste se gehuurde motor sowat 800 meter van die Numbi-hek versper voordat drie gewapende verdagtes uit die motor geklim en na die gehuurde motor gestap het.

Schnarr was agter die stuur en het luidens die verklaring in dié stadium sy deur oopgesluit. Dié stelling is later in twyfel getrek toe die minister aangedui het dat Schnarr sy deur toegesluit het.

Die verdagtes het nietemin ’n skoot afgevuur en Schnarr het in die motor inmekaargesak. Hy het egter in dié stadium reeds die motor in trurat gesit met sy voet nog op die versnellingspedaal.

Die gehuurde motor het agteruit gejaag, die pad verlaat en ’n grensmuur getref. ’n Jojo-watertenk agter die muur het eindelik die motor tot stilstand gedwing.

Luidens die verklaring was die aanvallers in dié stadium nog op die toeriste se spoor. ’n Groep inwoners het egter uit hul huise gekom om ondersoek in te stel en dít het die aanvallers die skrik op die lyf gejaag.

Die familie van die oorledene is traumatiseer en het Woensdagaand na Duitsland teruggevlieg. Haar man se liggaam sal Donderdag na Duitsland gevlieg word.

Volgens Sisulu het die groep toeriste op 20 September in Kaapstad geland waar hulle vyf dae en vier nagte in die Moederstad deurgebring het voordat hulle vier dae en drie nagte in Durban deurgebring het. Vandaar het hulle twee nagte in die Drakensberge deurgebring voordat hulle Maandag met die gehuurde motor na Mpumalanga gereis het.

“Hulle het intussen aan ons gesê hulle is mal oor Suid-Afrika.

“Ek wil alle toeriste verseker dat die departement van toerisme sal voortgaan met sy pogings om toeriste se veiligheid te verseker. Die aanval op toeriste is nie ’n daaglikse gebeurtenis in ons land nie, maar een voorval is te veel.”

Maroela Media het vroeër berig drie mense “van belang” is ná die moord in aanhouding geneem vir ondervraging. Die polisie in Mpumalanga het vanoggend aan Maroela Media bevestig dat dié mense nog nie in hegtenis geneem of aangekla is nie.

Dit ten spyte van Sisulu wat aangedui het dat die drie reeds in hegtenis geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

80 Kommentare

Hannelie ·

Wat slegs drie????? Daar moet NIEMAND wees nie Lindiwe…….niemand!!!!

Racheltjie Debeer ·

Die agbare minister leef in haar eie wêreld. Hoe de hel is dit ‘n veilige land as daar daagliks mense vermoor word? As ek die geld gehad het, was ek lankal landuit.

Mrs H ·

En as dit so veilig is, kan die minister seker klaar kom sonder n ton lyfwagte rondom haar?!

Katinka ·

3 te veel en hierdie land, wys jou hoe min jou Lewe beteken, “net 3rde toeris”,

Republikein in die Wes Kaap ·

Moord is moord. Of dit nou plaaslikes, toeriste, buitelanders wat hier werk, boere of wat ook al is.

Suzette ·

Dis nou ook nie asof die aanvallers vra of mense toeriste of nie. Hulle moor voor die voet

Roebs ·

Is nie ‘n veilig land nie, regtig loop bietjie rond kom uit jou kantoor uit en loop in die strate dan sal jy ‘n ander liedjie sing. bring somer vir Cele saam sonder begelyding van polisie loop rond en sien wat in die land aangaan.

Fran ·

Hierdie nar van ‘n minister weet ook nie veel nie maar verdien miljoene!

SjN ·

En orals waar sy betrokke is is daar chaos. Haar uitlatings van slegs 3 bewys dit, 3 te veel.

Manie ·

Net op hierdie voorblad word berigte gelewer van 6 mense wat vermoor is.

Byekonfyt ·

Hierdie regering wat eerste en meeste na hulself kyk probeer tevergeefs die wrang vrugte van hulle doen en late met mooi woordjies op media platforms toedraai. Dit is n klap in die gesig van elke wetsgehoorsame Suid-Afrikaner.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ek het nie die syfers nie, maar glo dis baie meer as drie. Dan praat ons nie eens van aanrandings nie. Wettige migrante uit Europa wat hier werk vir kort tydperke loop ook deur. Gaan kyk maar na hofsake.

Marie ·

“Ons voorsien maksimum sekerheid vir toeriste.” ASSEBLIEF voorsien dit aan landsburgers ook!!!!!!!!!!

Patch ·

Dis juis die punt! Hulle kan dit nie aan ons eie landsburgers voorsien nie maar verkondig dat hulle dit aan toeriste voorsien. Bog man!!!

Nie Verbaas ·

Kan iemand die definisie van maksimum sekerheid aan die leë konfytblik verduidelik?

Kobus ·

“Ek wil alle toeriste verseker dat die departement van toerisme sal voortgaan met sy pogings om toeriste se veiligheid te verseker…..Hoe agbare minister? Hoe? Moordenaars sien wit velle , nie toeriste of SA burgers nie. Moor sal hulle moor, ongeag.

Samuel ·

Kry die onagbare minister nie skaam om so te lieg nie? Skaamteloos.

DEON ·

Wys jou net hoe min denk selle daar is, ñ veilige en liefdevolle land. Wat lees mens daagliks op die nuus? Moord, moord en steeds moord is aan die orde van die dag.
Sy moet haar skoolgeld terug vra, want duidelik is sy niks geleer nie.

vuurvliegie ·

Sy moet ‘n bietjie rondloop sonder haar 10 lyfwagte.
Dan sal sy gou agterkom SA is ‘n onveilige land.

Kokkie ·

Het sy al ooit by naasbestaandes van slagoffers van plaasmoorde so baie gaan doen om hulle te ondersteun? Of val dit dalk onder ‘n ander minister?

Callie ·

Miskien moet die geagte edele minister self bietjie alleen rondry sonder haar beskermde voertuie en gewapende personeel en ervaar hoe dit WERKLIK daar buite is. Duidelik leef sy in ‘n nder wêreld as die belastingbetalers.

Kokkie ·

Hoe onderskei die moordenaars tussen toeriste en gewone SA -burgers? Moet ‘n mens dalk ‘n bordjie om jou nek dra wat sê: ‘Tourist, don’t kill’. Vir diegene wat nie so ‘n bordjie dra nie, is dit Malema se opdrag: ‘ Kill the farmer, kill the boer’. Ons bly darem in land wat deur sicko’s geregeer word.

Janine ·

Mens kan werklikwaar net jou kop skud, en bek hou oor die snert wat hierdie regering se ‘werkers’ kwytraak! Ongelooflik!

Sandra ·

Is jy nou ernstig, net die derde toeris om hier te sterf?? Derde een te veel.

Annelie ·

Wat verstaan hulle van die woord vredeliewend. Hulle ken nie van vrede nie en om lief te wees vir jou medemens is n vloekwoord vir hulle.

Hannelize ·

“Minister”Lindiwe Sisulu, Graag wil ek van jou weet: watter ongeluk kon julle nie sien gebeur nie? Moord is beslis nie ‘n ongeluk nie!!!! Die man is nie in ‘n ongeluk oorlede nie. HY IS VERMOOR!! Ek hoop van harte dat die man se familie besluit om stappe teen jou & die res doen.

Isobel ·

AI kry haar jammer. Weet sy ooit wat aangaan in hierdie land van ons??? Net soos die Minister van Polsie ook nie weet waarmee ons as gewone mense moet saam lewe nie. Ek dink ons almal is al ewe gefrustreerd.

Hennie Biebouw ·

…en wat van die 20 000 ander nie-toeriste wat elke jaar in hierdie anarchistiese hel van ‘n ANC land vermoor word? En nou praat ons nog nie eens van die duisende vrouens en kinders wat verkrag en aangerand word nie….

KatjieDeKat ·

Sy sien dit duidelik nie as haar probleem nie, sy is mos minister van Toerisme. So as landsburgers daagliks afgemaai word in hierdie slagveld SA, sien sy dit as iemand anders se probleem. En die betrokke persoon wie se verantwoordelikheid dit Wel is, blameer vir Jan Van Riebeeck. Of enigiets en enigiemand behalwe hulself en hul departement.

Jessey ·

Sy leef in ‘n Eutopia en is vir seker heeltemal uit voeling met wat in SA aangaan. Miskien (het nie feite nie) Net drie, maar herinner my aan Cele se uitspraak oor die verkragtings vroeer die jaar “net” is nie ‘n antwoord nie, ek dink sy moet dalk ook net wer haar syfers gaan bekyk, want hoed het dit dalk vie haar gegee. Met dit gese, moord is een ding, maar as y na die statistieke van roof waar geweld betrokke is teenoor toeriste, dan se daai syfer nie veel nie, want daar is soveel pogings al gewees, dat mens nie die mense se veiligheid kan verseker nie. Die regering kan nie eers sy Burgers se veiligheid verseker nie, maak nie saak jou herkoms nie

Leon ·

Kan net nie glo dat die toeriste sou gese het watter wonderlike land SA is nadat hulle een van hulle so gruwelik vermoor is in die wonderlike land nie ??????????? hoekom toer hulle nie verder nie in die wonderlike land ne ????????
Hulle is onmiddelik huistoe ek wonder hoekom ???????

Mariana ·

En dit moet nou iets beteken. Bewaar ons dat die vrou ooit president raak. Sy is so uit voeling met als om haar. Drie toeriste is drie te veel. Enige moorde is te veel, maar vir haar en haar maatjies beteken dit niks, solank hulle net kry wat hulle wil hê. En veilig is die land glad nie. Ons lewe in vrees,elke dag. Selfs in jou eie huis. Word wakker!!!

Roek ·

Smaak vir my daar is ‘n wesenlike verskil tussen mens en toeriste !

Delia ·

Wat rook Sisulu? Vredeliewende land?????
Het sy al iemand aan die dood afgestaan. Dink sy ondersteuning beteken n handdruk, eish we are sorry en dan ontkenninh van die realiteit. Daardie Duitse toeris en alle ander vermoordes in die land SAL NOOIT WEER HULLE GELIEFDES VASHOU NIE.
In watter bubble lewe sy… o ja, die een met sekuriteitsbegeleiding en veiligheidswagte wat ek en jy betaal.

Perdeby ·

En weet jy “net” derduisende boere is al vermoor!!!!!!!!!!!!!!!!

Nie Verbaas ·

“particularly in the face of recent progress made towards reducing the crime rate in South Africa.” Hou van die grap.

Waarnemer ·

Net 3!Veilige land!me sizulu graag wens ek jou en jou vriende mnre rama…garien en bekkie cele uitnooi om vir slegs 1 uur SONDER julle lyfwagte in Emalahleni aka Witbank se onderdorp te kom rondstap….helder oordag….dan lewer jy gerus weer jou kommentaar oor hierdie veilige land in die media.

Pierre ·

Vertel die wereld, versprei dit so ver moontlik en hang die regering aan die groot klok

Casper ·

Ons is veronderstel om ‘n vrede liewende land te wees met vrede liewende mense agbare minister volgens u maar die teenoorgestelde is waar,kyk maar na die misdaadstatistiek.

Elma ·

WOW!!!! Dis OMTRENT n prestasie, Ek slaan my hande saam. Goeie genugtig, nes mens dink die spul kan nie NOG iets belagliks kwytraak nie, dan kom daar so iets. Nee o maggies.

Manie ·

Sy is nie die naam minister werd nie!! Hulle is te bang om te erken wat in die land aan die gang. .bang hulle moet verantwoordelikheid aanvaar vir die land se probleme wat deur hulle veroorsaak is!

Trinity ·

Kan iemand asseblief vir my die padkaart gee na die “veilige” Suid-Afrika waar die dame bly – ek wil ook daar gaan bly…

Patch ·

Ons het ‘n pragtige land … maar vredeliewend?? Nee Lulu, jy het geen idee waarvan jy praat nie…. Ons WENS ons het ‘n vredeliewende land gehad ja. As ons land so vredeliewend was sou ons toerisme geboom het en ons ekonomie ook beter gewees het, maar die waarheid is, baie uitlanders is skrikkerig om in SA te kom vakansie hou. Selfs ons eie mense immigreer om ‘n veiliger lewe vir hulle en hul gesinne te skep. Maak oop jou oë.

WILLEM ·

Net 3? 0 is teveel!! Daagliks is daar berigte van plaas moorde – daaroor word niks gesê nie!! Wat word gedoen om ons land veiliger te maak?? Min arrestasies word gemaak en indien wel kry diegene borgtog. Kyk hoe lyk ons wonings, omhein met mure en elektriese heinings, diefwerings – ons bly in eie tronke en tog is ons nog nie veilig nie. Genoeg is Genoeg!!

Onnie ·

Sy praat absolute snert! Sy het geen benul wat in die land aangaan nie.

Johan ·

Sjoe waar het Sisulu so leer lieg net 3 sy het seker nie die selfde nuus as ons gekyk nie

Martie ·

Heerlik heiden die vrou is nie vars nie, slegs een mens was klaar te veel!

Bella ·

Wanneer jy nie weet waarvan jy praat nie, dan bly mens eerder stil Minister!
Niemand is Suid Afrika se veiligheid word 1e gestel nie.
Hoe lank al weet die hele land, dankie vir al die nuus kanale, dat dat daar n probleem by die Numbi hek omgewing is?
MAANDE!

OW ·

Geen regdenkende mens sal sê dat hy mal is oor ‘n plek,en van sy mense is daar vermoor nie.Die minister bedoel seker dat SA misdaad mal is.Tyd om wakker te word,die uurglas is besig om leeg te loop.

marius ·

Hoeveel moorde was daar sedert 94 in totaal . Gaan verkoop twak aan die kleuters .

Debbie ·

Wonder in watter suid Africa bly sy want hier is geen vredeliewende mense hier nie en ons is hoog bo op die lys van een van die gevaarlikste lande in die wereld. Word wakker sisulu

Danie ·

Ek wonder dit klink asof daar n getal gekoppel is aan moorde voordat dit ernstig opgeneem gaan word.Is plaasmoorde nie al by 5000 kerf verby en niks gebeur.

Blikke ·

Duitser ‘net’ derde toeris om in SA te sterf – minister…. Jy leef in n droomwêreld Sisulu…..dis DRIE te veel…..die verwagting is dat dit NOOIT moes gebeur het nie!!!
Maar dis reg dat die wêreld kan sien wat hier aangaan en dat geen waarde aan menselewens geheg word nie!!!!

Visentjips ·

Die internasionale pers word ore aangesit deur ANC regering se pers korrespondente …daarom hoor ons hier in Europa net mooi niks van bv. plaasmoorde nie. ANC beheer inligting.

Sien berig hieronder…

“But Germany’s ambassador to South Africa, Andreas Peschke, has praised Tourism Minister Lindiwe Sisulu and the government for their “exemplary” response. “

Nie Verbaas ·

Sisulu jou kommentaar verklap jou intelligensie. Suid Afrika veilig? Seker as jy 24/7 lyfwagte om jou het, ja.

Blikkantien ·

Soos Cele gesê het ivm die verkragtings by die mynhoop in Krugersdorp: die een vrou was “net” deur een man verkrag.

piet ·

Ek moet se dis verbasend min gegewe die algemene daaglikse moordsyfer.

Johann ·

O hoog oneerbare minister,dan wil ALLE SUIDAFRIKANERS asb ONMIDDELIK as toeriste geklasifiseer word! So kan ons dalk ook veilig en liefdevol in ons eie land voel? Dis nou as jy en SHARAAAP kan saamstem oor die WAARHEID en dit asb aan die wêreld bevestig.

Veral dink ek dit nodig dat ALLE BOERE beslis as TOERISTE verklaar word!

Maar, weereens, HOU OP LIEG oor wat die werklikheid in die RSA is as dit kom by moord en diefstal en verkragting en aanranding en ontvoering en bedrog en korrupsie! Jy kan vir SHARAAAAP vra…hy het al.die STATS en nommers. Dis mos sy job om dit voor te lees sonder gewete of verwysing of verandeoordbaarheid.

SIEK SIEK SIEK OM ONS AS SA’ners SÓ BLATANT TE MISKEN!

Chantal ·

Veilige land?! Ek weet nie wat of ek moet lag of huil nie. Hier word meer mense vermoor in ons land per dag as in oorloggeteisterde gebiede. Inbrake, verkragtings, diefstalle, hijackings, aanrandings … En natuurlik die geliefde korrupsie.

Miskruier ·

My familie het laat weet hul kom nie meer nie, baai Euro,s.

blia ·

“Suid Afrika is ‘n veilige land”. Verseker! Snaaks dat die vorige tien artikels wat ek gelees het gaan oor moord, geweld en korrupsie. Die vrou onderskat regtig die gemiddelde mens se intelligensie. Sy lieg ook soos ‘n tandetrekker oor haar “statistiek” van 3 slagoffers.

christo ·

En as Lindiwe Sisulu maar nét die derde ANC minister is wat in SA vermoor word nie? Sy’t mos lekker SAPD BBP beskerming wat ons belastinggeld betaal.

TO ·

Ja, siestog, die een weet nie wat die ander se. Patetiese spul, as hulle miskien meer op hulle werk konsentreer sal hulle ook ‘n bietjie weet van wat in die land aangaan.

Leon ·

Julle moet vir julle eie diskressie altyd onthou dat Lindewe
Sisulu net kan LIEG ??????? hierdie toeriste het niks positiefs oor SA te se nie , hulle vriend is in SA in hulle teenwoordigheid vermoor ????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.