Departement staan bont ná video van LUR

Phophi Ramathuba (Foto: Twitter)

Die departement van gesondheid word oorval met medianavrae waarin hy versoek word om standpunt in te neem rakende die behandeling van buitelandse pasiënte nadat Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid in Limpopo, ’n Zimbabwiese pasiënt voor ʼn operasie in die Bela Bela-hospitaal verneder het.

Die departement blyk egter huiwerig te wees om hom oor daaroor uit te laat aangesien dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, tans in die buiteland is.

“Die departement het nie die volle konteks van die videogesprek tussen die LUR en die pasiënt nie, wat dit moeilik maak om gevolgtrekkings te maak,” sê Foster Mohale, woordvoerder van die departement.

“Die waarnemende minister van gesondheid, Angie Motshekga, het die departement opdrag gegee om al die nodige inligting te versamel wat haar in staat sal stel om dr. Phaahla by sy terugkeer van ʼn volledige verslag te voorsien.”

Die departement het wel in ’n verklaring toegegee dat die land se openbare gesondheidsorgstelsel in sommige gebiede, waaronder Limpopo, sukkel om aan die landsburgers se gesondheidsorg te voldoen weens die “onvoorspelbare hoë aantal ongedokumenteerde migrante uit buurlande” wat mediese behandeling in Suid-Afrika kom soek.

Mohale sê die kwessie rakende buitelandse pasiënte is een van die onderwerpe wat tydens bilaterale en multilaterale vergaderings op Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG)-vlak bespreek word om ʼn langdurige oplossing te vind.

“Gesondheidsorgwerkers moet ten spyte van hierdie uitdagings verseker dat hulle hul hoë morele verpligting en standaarde ooreenkomstig die Hippokratiese eed, saam met die Nasionale Gesondheidswet en die Vlugtelingewet van Suid-Afrika handhaaf.

“Dit beteken egter nié dat alle dienste gratis is nie, want slegs primêre gesondheidsorg- dienste word gratis verskaf, maar hoër vlakke van sorg is onderhewig aan ʼn fooi,” sê Mohale.

Maroela Media het vroeër berig Ramathuba se kop word geëis nadat sy ʼn vrouepasiënt in ʼn kamer vol omstanders by die Bela Bela-hospitaal berispe en beledig het. ʼn Video van die voorval waarin die LUR daarop wys dat migrante van Zimbabwe “enorme druk” op die gesondheidsorgstelsel in Limpopo plaas word sedertdien wyd gedeel.

Die Indaba-vakbond vir jong verpleegsters (YNITU) is een van dié wat daarop aandring dat die LUR uit haar amp verwyder word.

Die vakbond wys in ’n verklaring daarop dat die Grondwet daarvoor voorsiening maak dat landsburgers sowel as buitelanders die reg het om sonder enige vorm van diskriminasie behandel te word. YNITU beskuldig die LUR daarvan dat sy nié net onregverdig opgetree het nie, maar haar ook aan magsmisbruik skuldig gemaak het.

“Dit was nie die plek óf die tyd óf die regte gehoor om aan hierdie kwessies aandag te gee nie. Die pasiënt is in ʼn siekbed en as sy opgeneem word, is sy regtig siek en het die hulp van versorgende gesondheidsorgwerkers dringend nodig.

“Dr. Ramathuba het ʼn verantwoordelikheid om as ʼn dokter en ʼn LUR empatie te beoefen. Ons glo dat sy die verkeerde boodskap aan personeel in openbare hospitale stuur. Niemand moet toegelaat word om ʼn pasiënt in ʼn hospitaal te terroriseer nie. Sy is nie ʼn voorbeeld nie en dit is nie die eerste keer dat sy so iets doen nie.”

YNITU beweer Ramathuba het vantevore al gesondheidsorgwerkers onregverdig in die openbaar aangeval.

“Dit blyk uit haar gedrag asof sy die pasiënt boelie en die pasiënt is nie verantwoordelik vir die ontwerp en implementering van regeringsbeleid nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

87 Kommentare

Harley Davidson ·

Dit is wat dit is ,ek wens die media en ons sogenaamde leiers wil ook die feite deurgee soos dit werklik is ,ek het respek vir die vrou gekry oor sy sê wat almal dink maar te bang is om te sê.

George ·

Sterkte as jy, afrikaans sprekende moet le met n dokter wat so voel.

Koen ·

Wat maak die taal saak. As enige persoon onwettig in ‘n ander land is, kan hy/sy nie aanspraak maak op behandeling nie. Gaan probeer jy as afrikaans sprekende dit in enige ander land. Ons is nie die uitverkore volk wat jy dink ons is nie.

Gaitsigubib ·

George, ek sweer my kop is te plat om die afmerkers te verstaan. n Dr le mos n eed af. Mens hoor die vrou van Zim klink swak en in pyn en se dankbaar: “thank you” in die agtergrond. Ja sy is onwettig, maar is dit nou waaragtig die regte tyd en die plek vir ‘n argument? Dis presies waar wat jy bo se, as ou Harley op die operasie tafel le moet hy nie VIP behandeling verwag nie. Jy weet n ander woord vir Xenophobia is rassisme.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ja, Gaitsigubib, wat het verkeerd geloop met ons boeremense?

Wat op dees Aarde ·

Kyk alhoewel ek heeltemal saam met Dr. Ramathuba stem, voel ek sy het die verkeerde gehoor gekies, maar ook moontlik die regte gehoor. Die Tiran van Zimbabwe het die boodskap goed gekry d.m.v die media storm wat plaasvind.

Wat op dees Aarde ·

Ek stem volkome saam met jou Harley Davidson. Ek staan bankvas agter Dr. Ramathuba

marius ·

Wat van die mense wat jy in bouvalle toegesluit het sonder kos gedurende covid die uwe ? Patetiese mags misbruik . Hoe tiperend .

Marcello ·

Maar dit gee haar nie die reg om ‘n persoon te verneder in die opgenbaar nie. Dit is Mags gebruik .

Republikein in die Wes Kaap ·

Wie gaan slote grawe? Wie gaan vir tuindienste werk? Wie gaan toilette skoonmaak en karre was? Ek verdien ook my brood en botter in Afrika.

Antie Sarie ·

Ek het nie geweet dit is wettig om n video te neem van iemand sonder dat hul daarvan bewus is nie?

Jean ·

Baie mense in SA ken Amerika se wette beter as ons sin en dink dat dit ons wette is.

Antie Sarie ·

Waarom dink jy sit winkel sentrums met cctv kennisgewings op. En toe ek by my besigheid kameras opsit, was ek ook gese om kennisgewings op te sit. Deur prokureur,

piet ·

Jy mag net nie kameras he waar jy mense se privaatheid skend nie, soos in kleedkamers byvoorbeeld.

George ·

Jy mag video neem glad nie teen die wet nie, dis nie versteek nie. Jy mag ook oproepe en gesprekke opneem – maar jy moet deel wees van die gesprek, sonder toestemming.

Keelvol ·

George, jy mag nie n video neem of n oproep afneem sonder daardie persoon se toestemming nie. Tensy jy n hofbevel het. Of jy moet die persoon inlig dat jy die gesprek opneem en vir water doeleindes. Dit is skending van privaatheid as jy dit nie so doen nie. Jy mag nie eers daardie opnames op sosiale media versprei nie….. gaan lees die poppie wet.

Koen ·

Jy praat eenvoudig twak. Orals is daar kameras wat almal afneem. Ek kan nie glo dat jy dit nie weet nie.

Keelvol ·

Koen, orals waar daar kamers is, is daar kennisgewing op wat sê dat daar kameras is. Of kyk jy dit net raak as dit jou pas?

vuurvliegie ·

Johan, Geen borde op waar huiseienaars kameras op het nie.

Dandeleen ·

Sy het op ‘n stadium in die kamera in gekyk. Dit is duidelik sy was bewus.

Astrain ·

Hierdie dokter is 200% reg!!! Ek kan nie net arriveer in Switserland en sê ek soek mediese hulp nie??? Hulle sal my ONMIDDELLIK arresteer en deporteer. Honderde duisende Zimbabwiërs leef van ons belastingbetalers se geld af, ek weet hulle is goeie mense maar hulle moet terugkeer na Zimbabwe en verantwoordelikheid gaan neem vir hulle eie gemors wat HULLE veroorsaak het!!! Hulle sal ‘n ruggraat moet groei en hulle land gaan terugneem uit die hande van hierdie massa moordenaars uit en dit self reg maak.

piet ·

As dit lewensreddende behandeling verg, moet hulle jou behandel. Daar is allerhande internasional konvensies waaraan voldoen moet word. Ek laat my nie vertel dat as jy in Switserland deur ‘n motor omgery word en jy le daar bewusteloos in die pad gaan jy nie medies behandel word nie. Twak man.

Pieter ·

Ja jy sal behandel word tot op lewensreddende vlak, maar jy gaan hoes daarvoor. Dit is hoekom jy reisversekering uitneem wanneer jy oorsee gaan reis.
Hierdie is 100% korrek wat die LUR kwytraak. Dit is ek en jy se belasting wat hierdie onwettige immigrant behandel, en sy het geen bydrae gemaak in die land nie.

Nie Verbaas ·

Immigrante is dan in Suid Afrika verwelkom deur ANC en EFF. Staatshospitale se verpleeg personeel is in elk geval in meeste gevalle onbevoeg en gee bitter min om vir pasiente veral as hulle wit is. Hier sal niks van kom nie

Miskruier ·

As mens in Limpopo nie eens Penado by die kliniek kry nie, moet jul weet hoe gaan dit hier.

Fran ·

Sy en haar party is self skuldig aan die gemors. Die swak ANC steur hulle nie aan die grensbeheer nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Immigrasie en grensbeheer is krities. Dis waarom Trump ‘n hoë muur wou bou. Europese lande kou klippe met onwettige migrante. Die oorlog in Orkraïne vererger sake. Almal weet sodra daai migrante op jou grondgebied is het jy probleme. Hulle welstand is die gasheer se probleem. Beskaafde lande sal nie migrante laat sterf nie.

ES ·

‘n Vriendin van my het in Engeland siek geword en afgesien daarvan dat sy ‘n buitelander is, het sy ongelooflike goeie gesondheidsorg gekry, sonder diskriminasie.

Ons weet nie hoekom die Zimbabwiese burger in die hospitaal is nie maar ons is vinnig om kritiek te lewer, sonder om die feite te he.

Sou jy wou he ander lande moet jou so behandel as jy daar is (vir wat ookal rede) en jy kort dringende mediese hulp?

Die meerderheid van die kommentaar hier wys hoe min mense het empatie vir ‘n vreemdeling.

Ja, daar is probleme met buitelandse, ongedokumenteerde burgers, maar dit is nie die kwessie hier nie. Daardie mense het ook ‘n reg op lewe en op esondheid as hulle hulself hier bevind.

vuurvliegie ·

Jy moet jou medies skriftelik in kennis stel as jy na ‘n ander land reis. As jy nie medies het nie kan jy tydelike mediese dekking koop per maand wat ‘n mal buitensporige bedrag is. Niks in die lewe is verniet nie, net hier by ons in Suid Afrika.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ek reis dikwels dwarsoor Afrika vir werk. Is al daar behandel vir malaria, diarea en ‘n slangbyt. Elke keer vriendelik en met empatie behandel. Geen vra is gevra oor my herkoms nie. Moes smeek vir ‘n rekening om van versekering te eis.

Miena ·

Suidlander – as slanghanteerder is ek nou nuuskierig – as ek mag vra watse slangbyt het jy opgedoen en waar?

Republikein in die Wes Kaap ·

Wettig of onwettig is nie die issue nie. Daar is konvensies in plek wat lande verplig om migrante te behandel. Lyke van migrante gaan in die strate lê as lande weier om hulle te behandel. Selfs Trump weet dit.

domheks ·

Die vraag? Wie het betaal is Switserland? Die staat of die persoon self?

Elma ·

Ek stem saam met jou ES. Gesondheidssorg is NOMMER EEN volgens die Hipokratiese eed. nie volgens n magsbehepte LUR met n gatgril nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Elma, Hipokrates draai in sy graf om.

LANA is ELANè ·

Die is feite, maar waar is menslikheid? Mense is uitgelewer aan mekaar se genade, genade wat ons voorwaar nie vir mekaar het nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Siek mense is weerloos. Hulle kan nie terugbaklei nie. Ek glo nie die siek vrou het oor die grens gekruip nie. Sy woon dalk al jare hier.

Treurwilger ·

Dit maak nie saak wat die omstandighede is nie, hierdie persoon is onprofessioneel en het skandelik opgetree.
Teleurstellend dat Maroela-lesers dit nie snap nie, maar gereeld lees ons van die gruwelikhede in SA staatshospitale.

Treurwilger ·

As Ramathuba vir die ANC stem, is dit laakbare optrede om ‘n weerlose pasiënt so te verneder.
Weier toelating tot die hospitaal as julle nie bereid is om ‘n diens te lewer nie, en wys op dië manier wat julle van die ANC-regering se swak grensbeheer dink.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ek raak werklik bekommerd oor die gesindheid van my mense, oftewel boeremense. Het ons al so laag gedaal? Wat het verkeerd geloop? Ek is dalk nie ‘n groot kerkmens nie, maar vra myself wat sou Jesus doen?

Trotse Boervrou ·

Die klein bietjie mense in die land wat julle uitroei met julle onbekostigbare mediese fonds tariewe raak al hoe minder. Maw julle geldput droog nou so bietjie op. Ons betaal ons alies af aan mediese fonds tariewe en dan word ALLES van die karige spaarrekening verhaal. Maw dit is binne ‘n maand of twee uitgeput. Dan bly die hospitaal plan gedeelte oor wat se bydrae, glo ek, net so vir minder bevoorregtes gebruik word want ons gebruik dit nie eintlik nie. Deesdae verkies ek om hul die “meer bevoorregtes” te noem. Nou, met die nie bestaande Regering stroom die “meer bevoorregtes” oor die landsgrense. Skielik wil jul ‘n bohaai opskop oor die begroting. Hierdie is ‘n helse sirkus! Ek verwag nie van julle om te verstaan waarmee julle besig is nie. Na amper 30 jaar is dit duidelik jul doen nie. Geen salf te smeer nie. Ons wag geduldig vir die totale ineenstorting van SA, wat naby is, en sal dan maar weer die land opbou, want ons kan!

Republikein in die Wes Kaap ·

Hier is nie meer mense om dit te doen nie. Die beste talent is landuit.

Strandloper ·

Zimbabwiese pasiënt sê dit alles. Moet ons10% belasting betalers nou die hele Afrika van gratis medies voorsien?

Republikein in die Wes Kaap ·

Blameer jou geliefde Mbeki vir sy stille diplomasie.

Marcello ·

Ek dink dit is uiters onvanpas om haar mening uittespreek voor mense, sy voel sy het die reg, om mense te verneder. Imigrante/Suid-Afrikaners voel al klaar verneder omdat hulle by ‘n Provinsiale Hospitaal moet aanklop vir hulp, en ongelukkig word 99% mense so behandel by Provinsiale Hospitale. Jou mensereg word geskend en jy word afgebreek. En glo my dit gebeur by ALLE Provinsiale Hospitale. Ek behandel nie eers my hond so sleg soos die personeel van die Provinsiale Hospitale pasiënte behandel nie. Ek was ‘n paar jaar gelede met my kleinkind wat haar kop oopgeval het, by ‘n Provinsiale Hospitaal se ongevalle, en die dr. se antwoord was gaan sit maar agter in die ry, (Met ‘n 3jarige kind??). Toe ek met die Ongevalle Matrone daaroor praat was haar antwoord: Die minimum wagtyd is 12 ure. SKANDE !!!

piet ·

Hoe was die uiteindelike behandeling en hoe lank het julle toe gewag? Ons moet in gedagte onthou dat die behoefte groot is en ook as dit by ongevalle kom die mense wat in die ergste toetstand is eerste behandel sal word. As jy nou nie rerig ‘n ernstige geval is nie, dan wag jy maar (as jy verniet behandel wil word). Ek dink nie dis onbillik of te veel gevra nie. Hoeveel keer gaan mens in elk geval hospitaal toe, dis regtig net in ernstige gevalle. Vir gewone behandeling kan jy na jou plaaslike kliniek gaan en selfs ‘n afspraak maak. Ek was ‘n paar keer by die kliniek, jy wag ‘n paar uur. Nog elke keer goeie diens gekry maar jy word nie gepamperlang nie. Dis ook nie nodig om die gesondheidsdienste te misbruik nie (party mense gaan vir enige geringe ding dokter of kliniek toe). Ek gaan as dit rerig nodig is byvoorbeeld wanneer die kanse groot is dat bloedtoetse gedoen word. In hierdie geval het ek al duisende rande gespaar vir verniet boedtoetse.

Miena ·

Jy praat 50/50 % Marcello. My broer is nou komende Oktober 3jr gelede in n baie lelike motorfietsongeluk in Witbank gewees. Jammer vir die detail en grafiese info maar feite is feite – ek gaan nie al sy beserings noem nie – so le hy toe in n staatshosp – in n koma, skedelbreuk, arm vergruis, been gebreek van pelvis tot by enkel waar sy voet halfpad geamputeer was. Hy het homself uiteindelik doodgebloei na hy heelnag in die ongevalle eenheid gele het terwyl n ander man in die operasie kamer was met n skietwond en toe uiteindelik ook oorlede is. Wie is die mees ernstigste pasient in die geval? Let wel – Daar is net 1 werkende teater gewees… My pa daarenteen in in Feb hierdie jaar oorlede (metastatic carcinoma) en die staatshosp waarheen ek hom geneem het in my woondorp het hom nou weer baie goed behandel. Nie alle staatshosp is net sleg nie. Maar ja – wanneer mens mediese hulp benodig dan moet jy seker maar tevrede wees met wat jy kry op die stadium.

Casper ·

Ek stem saam met die L U R.Eerstens is die buitelander seker onwettig in die land en tweedens maak die Immigrasiewet voorsiening vir ‘n mediese visum om mediese behandeling in SA te ontvang.Die regering het nog altyd gratis mediese dienste aan die mense verskaf en hulle beskou dit nou as ‘n reg en nie ‘n voorreg nie.

Eclectus ·

As jy iemand se ware karakter wil sien, gee hom/haar ‘n magsposisie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Baie waar! Die vroumens is arrogant en kan nog hoër poste beklee. Dis yswekkend.

Lindi ·

En die klomp “dokters” staan en lag vir haar tirade? Mag haar en die ander se pad NOOOOOIT met myne kruis nie.

Lourens ·

“No illegal foreigner in Africa”, sê die ou wat die video op YouTube geplaas het.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis die siening van baie mense in Afrika, of jy saamstem of nie.

gatgogga ·

“onvoorspelbare hoë aantal ongedokumenteerde migrante uit buurlande”
Hierdie is nog ‘n direkte gevolg van ANC beleid. Hulle ontoereikende IK’s laat hulle nie toe om die gevolge van hulle onnosel besluite te voorsien nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis ook nie asof sy lief is vir Afrikaners nie, al het haar fan club hier ‘n hupstoot gekry. Oor ‘n paar jaar van nou af dryf sy NGV. Dan moet jy die klaagliedere hoor. Ons mense dink ook nie juis vorentoe nie.

Keelvol ·

Suidlander, moenie ooit weer kla vermorsing van belasting geld nie. Want die immigrante betaal nie belasting nie, maar soek gratis basiese dienste. Die uitlanders roof en vermoor onse mense.

domheks ·

Darem EEN VROU met verstand! Sy kan insien wat die hele regering nie kan insien nie!
BRAVO AAN Phophi Ramathuba,

Genis ·

Sy is reg, hulle verwoes alles in hulle lande, en ons belasing betalers moet ps staan…

Koos 100 ·

Ek stem saam met die LUR, MAAR haar eie regering is besig met ‘n Nasionale Gesondheid Sorg program, wat presies beoog waar teen sy haarself uitspreek. Hulle beoog dat die 9% met medies die 91% befonds!

Carol ·

Gaan le jy in n Staats hospitaal as n S.A. burger en kyk of jy binne n week of twee geopereer sal word.Nee.Ons as burgers van die land wag maande self jare vir n operasie.Die LUR kort n medalje vir haar uitspraak.Ek was gister by BB .Boksburg hospitaal dit is n skande hoe dit lyk en jy moet jou eie beddegoed saam hospitaal toe vat en as jy n diabeet is kry jy tee met suiker al se jy, jy mag nie suiker in neem nie en jy kry stampmielies en hoender of brood om te eet.

Lillian ·

Die waarheid is gewoonlik ‘n bitter pil om te sluk…. Sys doodreg. Ons land steier op sy laaste bene en dan kort ons nog onwettige immigrante ook onderhou wat in hul hordes hiernatoe stroom. Dis nie ons skuld Zim se leiers het hul land ook in sy maai in die grond gedryf met hul magsbehepthrid en gulsigheid nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.