Derde verdagte vas in koelbloedige taxi-moord

Argieffoto

’n Derde verdagte sal na verwagting Donderdag in die plaaslike landdroshof verskyn in verband met die onlangse moord op ’n taxi-eienaar in Barberton, Mpumalanga.

Dié verdagte was uit op parool ten tyde van die moord.

Maroela Media het vroeër berig ’n taxi-eienaar het sowat twee weke gelede sy Toyota Quantum by die huis van ʼn motorwerktuigkundige geparkeer. Toe hy uitklim, het ’n gewapende man onverwags te voorskyn gekom. Sonder om ’n woord te sê, het die verdagte ’n skoot op die slagoffer afgevuur en van die toneel gevlug. Die 34-jarige man is op die toneel dood.

Twee verdagtes, van wie een ’n korrektiewe beampte, is enkele dae daarna aangekeer.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê ’n ondersoek het die polisie intussen na ’n derde verdagte gelei wat glo ook betrokke was by die moord.

Dié verdagte is Maandag in Kabokweni naby Witrivier in die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie in hegtenis geneem. Hy het reeds Woensdag op aanklag van die besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie in die hof verskyn en bly in aanhouding.

Volgens Hlathi het ’n ondersoek aan die lig gebring dat die man in 2007 skuldig bevind is aan moord, vier aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, huisbraak, sewe aanklagte van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie asook diefstal.

Sy twee medebeskuldigdes, Bonginkosi Governor Mabaso (35) en Michael Alpheus Sithole (55), ’n korrektiewe beampte, sal weer op 8 Maart in die hof verskyn. Hulle sal na verwagting dan aansoek om borgtog doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Persheks Adri ·

‘n Gewoonte misdadiger wat uit was en nog moord kan gaan pleeg en nóg onwettige wapens en ammunisie pffft! Hierdie stelsel darem laat ons herhaaldelik in die steek gggmmmfff pateties man

Blom ·

Waar gaan die regstelsel end hierdie land heen. Die man is in 2007 skuldig bevind aan moord, vier aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, huisbraak, sewe aanklagte van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie asook diefstal. Maar hy is uit op parool en die ander beskuldigde is ‘n korrektiewe beampte.

Boer ·

Die man in 2007 skuldig bevind is aan moord, vier aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, huisbraak, sewe aanklagte van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie asook diefstal. Is dit een van die wat CR op parool laat vry laat het omdat die tronke te vol is a.g.v. die covid. Die man het seker 13 jaar gesit vir Moord. Waar is die gereg in die land. Was hy in Botswana dan het hulle hom gehang.

Regverdigheid ·

Wys jou net hul word vrygelaat om weer te moor… doodstraf moet terug gebring word, moordenaar hoort nie op straat of wat se ek !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.