Deurbraak jaar ná massaskietery lewe van agt eis

Foto: SAPD/Facebook

Drie verdagtes is in hegtenis geneem in verband met ʼn massaskietery ʼn jaar gelede in Gugulethu, Kaapstad, wat die lewens van agt mense geëis het.

Twee van die verdagtes is op 20 Julie in hegtenis geneem en het vlugtig in die Athlone-landdroshof verskyn, het brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, gesê.

Die derde verdagte is op 27 Julie aangekeer en het die volgende dag in die hof verskyn. Thabo Dyasi, Sivuyile Matoti en Lundi Zweni sal Dinsdag weer in die hof verskyn vir ʼn borgtogaansoek.

Die massaskietery het op 23 Julie 2021 tydens ʼn tradisionele seremonie by ʼn huis in NY 79 in Gugulethu plaasgevind. Vyf mense is op die toneel dood terwyl nog drie later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het.

Volgens Potelwa het ʼn voertuig op die dag voor die huis stilgehou en het die insittendes op mense wat die seremonie bygewoon het losgebrand voordat hulle van die toneel gevlug het.

“Die Wes-Kaapse polisiebestuur het die vasberadenheid van die ondersoekers om die saak op te los en die oortreders aan te kla geprys as deel van voortdurende pogings om misdadigheid in plaaslike gemeenskappe uit te roei,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

annie ·

Dit is dringend nodig om Cele tot die vlak van polisieman te bevorder. Hy verdien dit. Ander polisiehoofde is onsigbaar. Net Cele en sy Cowboy-kuil is orals… nadat die misdade gepleeg is. ‘n Ware sheriff van oudsher. Miskien smeek hy, onbewustelik natuurlik, om ‘n rol in Zelenskyy se epiese film oor sy oorwinning oor wrede Rusland en kry dalk ok ‘n volkleur-volblad-pic in Voque… rollie en al.

Nie Verbaas ·

Wil jy nou hê dat die polisiemag nog verder moet verswak? Ek wonder net so by myself hoe lank dit Amerikaanse speurders sou gevat het om die saak op te los.

miraclealigner ·

Goeie vordering. Daar is hoop – dalk word die swernote wat in 2006 in my kar ingebreek het ook binnekort vasgetrek…

Nierkie ·

Daar was in 2005 by my huis ingebreek en bloed en vingerafdrukke was op die toneel gevind, dalk hoor ek ook iets die jaar.

JohanR ·

Lyk asof massaskietery nou die nuwe sport is in SA, en ou Cyril die naweek op die ANC byeenkoms wil nog die boere se lande he vir geen betaling! Ou Cyril het ook nie meer ‘n clue nie….clueless!

Swerwer ·

Wau…….’n jaar later?????????????? is omtrent ‘n deurbraak vir Cele en sy korrupte span.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.