Deurbraak ná diefstal van vervoerbande

(Argieffoto: SA Polisie/Facebook)

Twee verdagtes, onderskeidelik 29 en 42 jaar oud, staan tereg op aanklag van diefstal van vervoerbande ter waarde van R2,1 miljoen.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), sê die twee mans is Woensdag in Evander, Mpumalanga, in hegtenis geneem.

“Dit kom ná werknemers van Sasol in Januarie 2019 die diefstal ontdek het. Die saak is by die Valke aangemeld vir verdere ondersoek. Tydens die ondersoek is die verdagtes geïdentifiseer en ʼn lasbrief vir hul inhegtenisneming is Woensdag uitgevoer.”

ʼn Gesamentlike span is aangestel om die diefstal van vervoerbande te ondersoek. Die Valke se eenheid in Secunda wat ernstige georganiseerde misdaad ondersoek, die Valke se eenheid in Secunda wat ernstige handelsmisdaad ondersoek, die Valke in Mpumalanga en Secunda se honde-eenheid het die operasie in Springs en Witbank uitgevoer.

Nog inhegtenisnemings word verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Murray ·

Wat wil hulle met die vervoer bande doen? Of is dit ‘n kwessie van dis daar kom ons vat dit en sal later besluit wat ons daarmee gaan doen. Sekere mense is diefstal in hulle DNA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.