Deurbraak ná moord op ma, dogter

Hettie (links) en Lizette (regs) Deacon (Foto: Facebook)

ʼn Deurbraak is gemaak na die moord op ʼn ma en dogter van Polokwane in Limpopo.

Volgens oudkol. Gawie Louwrens is ʼn verdagte Sondag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem in verband met die moord op Lizette Deacon (55) en haar ma, Hettie (in haar laat 70’s).

“Bosveld-misdaadondersoeke het inligting ontvang rakende die verdagtes, waarna ʼn operasie in samewerking met die polisie en veiligheidsmaatskappye uitgevoer is.”

Inligting het die span gelei na ʼn woning in Mookgophong (Naboomspruit) waar ʼn Zimbabwiër in hegtenis geneem is. “Verdere inligting is opgevolg en nog verdagtes is geïdentifiseer en word gesoek,” het Louwrens gesê. Maroela Media wag op terugvoer van die polisie.

Die verdagte wat in hegtenis geneem is.

Lizette en haar ma se liggame is Donderdagaand laat in hul motor langs die R37 by die Kushcke-afrit, buitekant Polokwane, gevind nadat hulle laatmiddag ontvoer is nadat daar by hul meenthuis in Welgelegen ingebreek is. Albei vroue was vasgebind en het verskeie steekwonde gehad.

ʼn Vriend van die vroue is vroegaand na hul huis en was geskok toe hy bloedspore in die huis gekry het. Die dogter en ma was ook skoonveld. Die buurtwag en polisie is ontbied.

Lizette was die eienaar van die Ocean Basket-restaurante in die Mall of the North- en Savannah-winkelsentrum in Polokwane.

Honderde mense het Vrydagmiddag na die Mall of the North opgeruk. Mense wat aan die vreedsame optog deelgeneem het, het bosse blomme voor Ocean Basket neergesit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Althes ·

Induen dit buitelanders is, moet daar beter grensbeheer toegepas word

Termiet ·

LOL, Ai my maat, “beter” grensbeheer? Daar is GEEN grensbeheer nie. En die anc en eff verwelkom alle mense van regoor Afrika met ope arms.

Pieter ·

Vyftig miljoen vir n grensdraad wat jy kan knip met n tang die land en sy ANC kommuniste is n grap.

Daniël Hendrik ·

Was net nog ‘n manier om ‘buddies’ van die kommies te help om hulleself te vergryp aan fondse uit die staatskas wat deur hardwerkende bleek belastingbetalers aangevul word. En sedert zuma met sy lang vingers dit reggekry het, en steeds lag vir alles en almal (regstelsel sirkus ingesluit) wie hom agter tralies probeer kry, gaan die volgende amptenare dit ook probeer tot hulle dit regkry…..

Nella ·

Dalk n (voormalige) werker van Ocean Basket? Tien teen een was hy bekend aan hulle.

Anel ·

As dit ‘n voormalige werker was, wst sê dit vir ons? Moet GEEN buitelander in diens neem nie. Maak nie saak hoeveel goedkoper hulle is nie. My oupa het altyd gesê: goedkoop is duur koop.

Jakes ·

Laat ons maar eerlik wees, daar is power grensbeheer op ons grense en buitelanders stroom in wetende dat SA sekerlik die misdaad mekka van die wereld is en dat dit n misdaadparadys is. Dit is makliker in SA om borgtog te kry as wat dit is om gevang te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.