Dié Kaapse paaie vir Ed Sheeran-konsert gesluit

Ed Sheeran op die verhoog by die FNB Stadion in Soweto. (Foto: Big Concerts via Facebook)

Verskeie paaie rondom die Kaapstad-stadion gaan vandeesweek tydelik gesluit word vir die Britse minnesanger Ed Sheeran se reeks konserte in die Moederstad.

Sheeran, wat bekend is vir treffers soos “Shape of You”, “Photograph” en “Thinking Out Loud”, tree Woensdag en Donderdag in dié stadion op.

Die Stad Kaapstad het ʼn beroep op konsertgangers gedoen om openbare vervoer na die Kaapstadse burgersentrum of die Thibault-bushalte te gebruik en met ʼn gratis pendeldiens of via ʼn aanhanger-staproete tot by die stadion te kom.

Parkering is ná 17:00 gratis in die middestad, by die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum, Ryk Tulbagh-plein, die Picbel-parkade en Pleinpark beskikbaar.

Die tye vir openbare vervoer tussen Groenpunt en die middestad kan op die twee dae moontlik van die gewone skedule afwyk.

Parkeerbeperkings sal tussen 12:00 en middernag in woonbuurte rondom die stadion geld en die stad het ʼn beroep op motoriste gedoen om padtekens en aanwysingsborde te gehoorsaam.

Toegewysde parkering vir diegene met gestremdhede wat die stadion-pendeldiens wil gebruik, is in DF Malan-rylaan beskikbaar gestel. Slegs diegene met ʼn amptelike permit – wat die stad uitgereik het – gaan toegelaat word om daar te parkeer.

Ed Sheeran op die verhoog by die FNB Stadion in Soweto. (Foto: Big Concerts via Facebook)

Strate wat gesluit of moontlik gesluit gaan word, of waar net beperkte toegang op 27 en 28 Maart gaan wees, is:

  • Fritz Sonnenbergweg, tussen Stephan Way en Bill Peters (McDonalds) is tussen 09:00 en 23:59 gesluit vir verkeer in albei rigtings,
  • Frits Sonnenbergweg, tussen Portswoodweg en Granger Bay-boulevard is tussen 09:00 en 23:59 gesluit vir verkeer in albei rigtings.
  • Vleiweg, tussen Groenpunt-krieket en Fritz Sonnenbergweg is tussen 09:00 en 23:59 ten volle gesluit vir verkeer in albei rigtings.
  • Helen Suzman-boulevard, tussen Buitengracht en Yorkweg/Granger Bay-boulevard, se regterbaan is tussen 15:30 en 00:45 ʼn bus- en noodlaan in albei rigtings.
  • Fritz Sonnenbergweg, tussen Bay (gholfbaan) en Bill Peters (McDonalds) is tussen 16:00 en 23:59 gesluit vir verkeer in albei rigtings.
  • Fritz Sonnenbergweg, tussen Granger Bay-boulevard en Bill Peters (McDonalds) is tussen 16:00 en 23:59 gesluit vir verkeer in albei rigtings.
  • Stephanweg, tussen Sonnenbergweg en Hamiltons-rugblyklub is tussen 16:00 en 23:59 gesluit vir verkeer in albei rigtings.
  • Vleiweg, tussen Helen Suzman-boulevard en Groenpunt-krieket is tussen 16:00 en 23:59 gesluit vir verkeer in albei rigtings.
  • Fort Wynyardweg, tussen Portswoodweg en Granger Bay-boulevard is tussen 16:00 en 23:59 gesluit.
  • Portswoodweg, tussen Helen Suzman-boulevard en Strandweg is tussen 22:30 en 23:45 gesluit in ʼn noordelike rigting.
  • Granger Bay-boulevard, tussen Helen Suzman-boulevard en Strandweg is tussen 16:00 en 23:59 in ʼn noordelike rigting gesluit.
  • Granger Bay-boulevard, tussen Strandweg en Helen Suzman-boulevard is tussen 18:00 en 23:59 in ’n suidelike rigting gesluit.
  • Somersetweg, tussen Buitengracht en Chiappinnistraat is tussen 18:00 en 23:59 gesluit.
  • Slegs inwoners sal Ebenezerweg, tussen Prestwichstraat en Somersetweg tussen 18:00 en 23:59 kan gebruik.
  • Slegs inwoners en diegene wat sake daar moet doen, mag Waterkantstraat, tussen Buitengracht en Laer Burgstraat tussen 16:30 en 23:59 gebruik.

Sheeran het die afgelope naweek ook in Johannesburg voor opgewonde skares opgetree.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.