Dié man gesoek vir Pinnacle Point-moord

Clement Siabata Kholoane (Foto: Verskaf)

Die landdroshof in Mosselbaai het ’n lasbrief uitgereik vir die inhegtenisneming van ’n verdagte in die moord op Marietha Willemse.

Willemse (79) is in Junie grusaam op die Pinnacle Point-landgoed in Mosselbaai vermoor nadat sy en haar man, Johannes, in ’n huis in Albatrosstraat oorval is. Johannes het die aanval oorleef.

Clement Siabata Kholoane van Lesotho word nou gesoek in verband met die moord.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê Kholoane is positief met die moord verbind met behulp van vingerafdrukke wat op die toneel gevind is.

Johannes en Marietha Willemse (Foto: Verskaf)

Maroela Media het vroeër berig Johannes het op 4 Junie omstreeks 10:00 alarm gemaak by die bure waarna daar ondersoek ingestel is en Marietha in die slaapkamer aangetref is. Die polisie is ontbied en Marietha se liggaam is in ’n stoel aangetref. Sy het ’n wond aan haar nek gehad.

Johannes het verskeie steekwonde opgedoen en is ná die aanval na ’n hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Pojie sê Kholoane het sedertdien uit die omgewing gevlug en daar word na hom gesoek. Die moontlikheid bestaan dat hy hom tans in die omgewing van Bloemfontein in die Vrystaat of Lesotho bevind.

Die polisie doen ’n beroep op lede van die publiek om enige inligting wat tot Kholoane se inhegtenisneming kan lei by die ondersoekbeampte, AO Geoffrey Moos, by 044 606 5631 óf 079 163 7659, of andersins by Stop Misdaad, 08600 10111, aan te meld.

Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Die Pinnacle Point-landgoed in Mosselbaai. (Foto: Pinnacle Point/Instagram)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Blomme ·

Hoe het hy toegang tot so uitstekende sekuriteitskompleks verkry? Dalk met hulp van binne?

George ·

Mense is baie gemaklik in estastes, en as hul iemand in die straat sien, neem hulle aan dat security hul ingesign het, maar ongelukkig is dit nie altyd die geval nie

Madelein ·

As hy nie toestemming gehad het om die landgoed binne te gaan nie, hoe het hy dan ingekom.Ek verstaan die sekuriteit is van die beste?

George ·

Hy kort een persoon binne om in te kan kom, en soos talle estates bly daar misdadigers binne, en gee so toegang.

Snowball ·

Hoe het hy toegang gekry tot die sekuriteitslandgoed? Kameras, wagte, heinings en hekke met sekuriteit. Dit moet bekend gemaak word, want daar is baie sulke ‘estates’ waar jy betaal vir sekuriteit. Ek bly self in een en is menige dag oortuig daarvan dat dit nie naastenby so veilig is as wat mens hoop of dink nie.

George ·

Glad nie so veilig nie, ongelukkig bly baie van die mense reeds binne, en so kom hul makkers in.

Anna84 ·

My oupa het in ‘n gesogte sekuriteitskompleks gewoon in Pretoria. Elektriese heinings, toegangbeheer, derduisende spandeer aan alarms, kamaras ens. En steeds is hy in sy woonstel oorval deur 3 mans en hy is vermoor.

Alma ·

Baie jammer vir jou verlies. Dit is verskriklik om iemand so aan die dood af te staan.

ES ·

Dis in die meerderheid van die gevalle Lesotho-, Mosambiek- en Nigeriese burgers wat hulself aan hierdie haatmisdade skuldig maak.

En dan wonder ons hoekom xenofobie ‘n probleem in ons land is…

Christine ·

Hier is ook baie SA’ers skuldig aan moord…. Moenie ons eie mense verontskuldig nie.

George ·

Ek sal nooit mense in estates verstaan nie, jy betaal teen n hengse koste, die mense, wie jy probeer protection van kry, doesn’t make sense.

melaney ·

Mens wonder of hy dalk een van die bouers was wat gehelp het om die huis te bou. Dalk het hy ‘n duplikaat sleutel laat maak om snags terwyl hulle geslaap het, binne die huis te kom.

Jack ·

Die boer maak j plan maar die misdadiger het reeds n plan. Altyd n buitelander wat kom moor want hy het mos niks om te verloor nie en sy kleur maak dat hy net in die massa kan verdwyn. Hy is nog dalk onwettig ook in land soos miljoene ander terroriste.

Di ·

Soos dit vir my lyk is hier meer onwettig in die land van Lesotho af as wat ons dink. Kyk maar na al die zama zamas wat al JARE hier onwettig myn en ons slapgat regering doen al vir JARE niks hieraan. Duidelik het hierdie spul in Lesotho gesien dat SA ‘n lekker plek is om kriminele dade te kom pleeg want ons regering voel ‘n veer om ons mense te beskerm teen hierdie gemors nie.

Frank John ·

Hoekom hulle spesifiek teiken? Dis ‘n kompleks, hoekom nie ander ook nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.