Die speke gaan sing in Pretoria

Ter illustrasie. Argieffoto

Die 2022-weergawe van die gewilde Tshwane Classic-fietswedren skop Sondagoggend by die Voortrekkermonument af en deelnemers kan na roetes van 99 km en 50 km uitsien.

Nodeloos om te sê sal verskeie paaie tussen 04:00 en 18:00 op die dag vir verkeer gesluit wees en die Tshwane-metropolisie het ʼn lys van alternatiewe roetes beskikbaar gestel. Verkeersbeamptes sal ook beskikbaar wees om alle padsluitings te monitor.

Die wedren spog vanjaar ook met ʼn splinternuwe toeskouervriendelike roete wat by die Voortrekkermonument in Eeufeesstraat begin en in Rodger Dyasonweg eindig.

Die Tshwane Classic is vir die eerste keer in 2018 aangebied en ʼn jaar later het byna 7 000 deelnemers hul staal op hul ysterperde gewys.

  • Deelnemers gaan Sondag in die volgende areas te siene wees:

Groenkloof, Irene, Centurion, Rooihuiskraal en die Hennopsrivier-meander

  • Wees op die uitkyk vir fietsryers in die volgende strate en paaie:

Eeufeespad, Christina de Wit-laan, M36 Alexandra-pad, Transoranjepad, N4 Magalies-snelweg, Ruimteweg, die R55, Apiesdoringstraat, Spinetailstraat, Voortrekkerweg, Industrial-pad, Pretoria-pad, Rodger Dyasonweg, Nellmapius-pad en die R511.

  • Volgens die Tshwane-metropolisie kan daar van die volgende alternatiewe roetes gebruik gemaak word:

Die R21 en Ben Schoeman-hoofweg; Jean-laan; Wierda-weg en Saxby-laan; Trichardt-weg en Cradock-laan; Trichardt-weg en Clifton-laan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Danie ·

Wel sondae is n rusdag kan seker sport en ontspanning doen.

Joe Olivier ·

Die metropolisie sal monitor en outsurance sal seker die verkeersvloei reël. Dink die metropolisie het lankal verleer om diit te doen. Bring genoeg spaarwiele vir die potholes saam.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.