Dierekliniekwerkers aangerand, beroof

Die heinings wat die Mdzananda-dierekliniek in Khayelitsha oprig. (Foto: Verskaf)

Werknemers van die Mdzananda-dierekliniek in Khayelitsha is Woensdag aangerand en beroof terwyl hulle ’n helpende hand aan ’n lid van die gemeenskap verleen het.

Die weldoeners was gistermiddag besig om hul heel eerste heining op te rig as deel van ’n projek om gemeenskapslede van Khayelitsha wat graag honde wil aanneem, se erwe te beveilig. Hulle is in die proses deur ’n groep gewapende verdagtes oorval.

Mthobeli Mgumane, Tabo Noko, Magcinandile Mzondi en Lynton Adams is tydens die voorval van hul kragopwekker, gereedskap, beursies, selfone en motorsleutels beroof.

Mzondi is met ’n vuurwapen en ’n hamer oor die kop geslaan. Noko is met ’n hamer op die rug bygedam.

Albei is ná die voorval na ’n hospitaal gehaas vir mediese behandeling. Mzondi het ’n hematoom tydens die aanval opgedoen en moes steke op sy kop kry. Noko het veelvuldige kneusplekke aan sy rug opgedoen.

Die heinings wat die Mdzananda-dierekliniek in Khayelitsha oprig. (Foto: Verskaf)

Mgumane en Adams is ongedeerd, maar erg getraumatiseer.

“Ek is so kwaad,” sê Heidi May, hoofbestuurder van die kliniek.

“Ons werk so hard vir hierdie gemeenskap om mense op te hef en te bemagtig en om die lewe van diere beter te maak. Dit is hartseer hoe die misdaadelement die goeie mense van Khayelitsha raak wat ’n normale veilige omgewing vir hul gesinne en hul troeteldiere wil hê.”

“Dit is absoluut hartverskeurend,” sê Marcelle du Plessis, geldinsameling-en-kommunikasiebestuurder van die dierekliniek. “Hierdie omheiningsprojek sou soveel lewens verander en huise vir troeteldiere kon skep, maar nou is ons bang om voort te gaan daarmee.”

Die kliniek vra nou lede van die publiek vir skenkings om die gesteelde items te vervang. Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Bolandse Nooi ·

Dit is hoekom ek sê – ek doen net goed aan mense wat dit verdien! Hierdie mense maak baie mense én diere se lewens beter, maar die misdadigers ontsien hulle nie eens nie. Maar met ‘n tikkop kan jy nie redeneer nie … hulle lewens bestaan net uit van die een “fix” na die ander “fix” en hulle gee ‘n snars om vir wíé hulle beroof om die geld vir hul volgende “fix” te kry.

Delia ·

Party mense is soos “acid”. Daar waar hulle betree, groei daar nooit weer iets. Sulke tipe mense bou niks op, breek net af.

Karoo ·

Kan die son dan nooit op niemand skyn nie…. ek sal die mense nooit verstaan nie. Altyd teen “goed” en vir “kwaad”. Hoe kom die goeie mense ooit uit hierdie omgewing van afbreek?

Olive ·

Dat hulle met hammers bykom is no maar so. Maar ek is nie baie opgewonde om die “gemeenskap” te laat honde aanneem nie. Of wel die meeste van hulle. Kyk hoe lyk diere in sulke areas en hoe word hulle behandel. Dit bly maar ‘n baie hartseer verloop van die lewe.

Ronél ·

Daar MOET mos oral ‘n verskil gemaak word ten koste van diegene wat dit werklik verdien

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.