Dieselskok wag op verbruikers

Argieffoto

Die departement van energie het Dinsdag ʼn verhoging in die petrolprys aangekondig met ‘n skerp styging in die prys van diesel.

Die departement het gesê die prys van petrol sal om middernag met 9c per liter styg. Petrol kos vanaf 5 Junie 2019 R16,76 per liter in Gauteng en R16,12 per liter aan die kus.

Diesel met 0,05% swael en diesel met 0,005% swael is 33c per liter duurder. Diesel kos vanaf 5 Junie R15,21 per liter in Gauteng en R14,67 per liter aan die kus.

Die prys van paraffien styg met 8c per liter. LP Gas styg met 7c per kg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Karlahari ·

Is dit nou om te betaal vir Eishkom wat al die diesel uit suip ?

Sarel ·

Ek sou graag wou weet waar gaan die fondse heen anders as in die sakke van die , jy weet wie.

FREDDIE ·

Ek wonder net wat van die res van die land, klaarblyklik styg dit net in Gauteng en aan die kus?

Droomland ·

@Freddie, hier in Mpumalanga betaal ons al R16.67 vir diesel. So na die stewige verhoging in die diesel prys gaan ons vanmore af R17 betaal.

Lynette ·

Ons kom pas van Botswana af waar die diesel ongeveer halfprys is – en die ironie is dat Botswana hul brandstof van SUID-AFRIKA AANKOOP. Skokkend – die regering behoort hul te skaam!

Lise ·

Net jammer ons in die Noord-Kaap betaal alreeds 17.10 vir petrol so nou styg dit maar net weer…

Elna ·

Petrol en Diesel is dieselfde prys op die kus as in Gauteng indien nie meer nie. Petrol stasies vra verskillende prysse vir petrol en diesel. Hoekom? Ek het spesifiek daarna opgelet. Hier op die kus kos diesel R16,07 per liter en nie R14, 67 per liter nie. Hoeveel moet n mens nou eintlik betaal?Hierdie land is in sy kanon in.

San ·

Dieselprys word nie gereguleer nie, so vulstasies kan die prys aanpas binne perke ( minder of meer) as die aanbevole prys. Petrol daarenteen is gereguleer en vulstasies moet by vasgestelde prys hou.

Chris Ws ·

Elna diesel se prys word nie gereguleer nie.Dit beteken dat elke garage vir diesel kan vra wat hy wil so mens moet rondkyk en pryse vir diesel vergelyk by garages in jou omgewing om te bepaal waar jy die goedkoopste diesel kan ingooi.Sommige Garages is skelms!
Petrol se prys sal egter by al daai garages in jou omgewing dieselfde wees want sy prys word gereguleer.Let bietjie op.

Nols ·

Diesel se prys is nie gereguleerde nie. Jou vulstasie teen hoofweë met due eetplekke is gewoontlik so R2/lt duurder as die in die dorppe. Kyk waar vragmotors volmaak en jy gaan baie keer dit teen so n R1/lt goedkoper kry.

Room ·

haha, “skok”.. die manne met die Ford Rangers kry 6 figuur salarisse, dit traak hulle nie.. maar gaan seker vanaand weer in rye staan by vulstaseis om n paar sent te spaar

Judge Dredd ·

Nee – 5 figuur salaris – en ek het al Sondag vol gemaak – dankie.

Andre Stander ·

Room, mag ek n lewens-waarheid met jou deel..?

“Die rykes bly ryk, want hulle leef asof hulle arm is.
Die armes bly arm, want hulle leef asof hulle ryk is…”

KaterinaKat ·

Ag nonsens man, waar kom jy aan die gedagte dat mense wat Rangers ry, so welaf is? Het jy al die land se paaie gesien? Een van die dae sal mens n tenk of Casspir moet ry. In Mpumalanga, in elk geval.

Stephan ·

“Die prys van petrol”…
Daar is tog twee oktaan-gehalte petrol (93 en 95), en 95-oktaan is duurder as 93-oktaan…gaan beide op met 9c/l? En die onderskeidelike pryse verskil.
Hoe kan MM beweer dat die prys van petrol met 9c/l styg?
Aggenee, dis nie akkurate beriggewing nie! Kom ons probeer weer…

Sharon ·

Dis bitter lelik om salarisse uit te sonder. Ons almal werk immers om ons voertuie te kan ry. Dit val nie in ons skote nie. Dus voel ons almal dit aan ons sakke en ja, die pryse verskil van pomp tot pomp. Ek glo elke Hawe-eienaar het sy glyskaal prys. Ek gooi al lank net by Diesel Depots in, en dit is meer bekostigbaar dankie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Die regering wil nie brandstof pryse dereguleer nie……….en hierdie berig noem dat diesel R15,21 in Gauteng kos……..maar by watter vulstasie? Ek is omring deur vulstasies waar die pryse gister gewissel het tussen R15,47 en R16,67…….vir diesel met ‘n 0,05% swael-inhoud. As die pryse nie gederuguleer is nie……hoekom word die dieselprys van R15,21 nie afgedwing nie? Petrol pryse is orals dieselfde……….diesel kan jy blykbaar verkoop vir net wat jy wil!!

PeterX ·

Elna – Petrolpryse word deur die regering gereguleer en vasgestel. Dieselpryse is ongereguleer in SA – plekke kan vra net wat hulle wil vir diesel. Dit is hoekom pryse so verskil. As ons kus toe ry van Pretoria af, loop petrolstasies by Bloemfontein, Colesberg en Cradock ons in met hul buitensporige pryse op Diesel. Die Diesel 10 PPM is tans baie duur in SA, maar beslis die skoonste diesel ooit. My volgende SUV sal beslis weer petrol model wees.

Jack Sadie ·

Die toekoms lyk so: elektriese voertuie, Eskom faal. Petrolkanne vir die kragopwekkers . Dan begin ons weer van voor af. Is daar wragtig nog mense wat glo in die ANC se vermoëns? Kyk ook; as die internasionale brandstofpryse val, gaan die brandstofbelasting weer op.

Helena. ·

Ag almal probeer maar n geldjie spaar waar jy kan..of jy nou n groot kar of n scorra scorra ry. Brandstof is oral duur nie net Gauteng en die kus nie..as jy wil ry moet jy opdok..nie soos die hoë lui wat of min of niks betaal nie..

Jason ·

Room ek stem en praat van suinig!! Hulle is vol klagtes erger as ek en jy wat ons werk deur regstellende aksie verloor het!

Spokie ·

Ons in die noord Kaap betaal al by n R17,20 vir n liter vir brandstof na die styging. Voor die einde van die jaar gaan ons sekerlik R20,00 n liter betaal as dit so aangaan. Waar gaan die geld heen? Hoekom staak die taxi’s nie? My brein is te klein vir al die vrae. Iewers moet daar mos n gekonkel wees

Diefie ·

Jare terug het was daar ‘n onderhoud gewees met ‘n man wat dink hy is wonderlik. Hy het gesê Suid Afrika betaal te min vir brandstof en dit is toe net daarna wat die brandstof prys die hoogte ingeskiet het. Wie weet of die Chinese vir Caltax of BP gekoop?

Wessel ·

Die dieselprys wat maak dat petrol en diesel ewe veel kos word deur jou garage eienaar bepaal. Diesel se prys is nie soos petrol vasgestelde prys nie. Die een maak R2,10 wins hier by ons. Gelukkig looi die kooperasie hulle . Die dae van jy gooi net by jou naaste garage is verby.

Anoniem ·

Ek sal graag wil weet by watter vulstasies aan die Oos Rand kan ek diesel gaan koop vir R15.21 want almal verkoop vir R16 en meer.

Sannie ·

Ek kry 5figuur salaris. Kry uit 4figuur salaris. En moet deurkom met 3 figuur salaris. Geld vir vol maak het ek nie.

Gerrie ·

Meer meer meer meer meer meer meer meer…..

Salaris – selfde selfde selfde selfde selfde

Ek gaan maar ‘n baaiesukkel aanskaf want een van die dae gaan daar sekerlik ‘n belasting ook wees op fiets trap !

Chris Ws ·

Die dieseldepots waar vragmotors tou staan om diesel in te gooi vra meestal om en by R1 per liter MINDER as garages in dieselfde omgewing maar hulle maak nogtans ‘n wins.Dit wys mens net hoeveel woekerwins maak meeste garages op hul diesel verkope!Ek beplan my rit altyd so dat ek by diesel depot verby ry en maak vol oppad terug.Gelukkig het ons nie nodig om elkedag te ry nie.My voertuig staan 5 – 6 dae uit 7.Ons kon nou lekker rond getoer het op ons oudag maar sit eerder by die huis agv die hemelhoe brandstof prys en ry nou net as dit moet.

jan ·

Mense kan ons nie maar saam staan en hierdie petrol pryse stop nie,kos word nou alweer duurder kos pryse kom nie af as petrol pryse afkom nie.WAT VAN ONS PENSEOENAARESSE

Tiger ·

Jan jy het ‘n punt beet.Die honderde petrol tenkwaens wat daagliks brandstof na die buurlande vervoer op ons paaie moet gestop word.Buurlande betaal NIE die belastings wat ons betaal op brandstof nie en kry die brandstof ook nog teen laer as kosprys.Of hulle betaal ook belastings of hulle sit sonder brandstof!Dis tyd dat daar AKSIE geneem word want ons regering gee duidelik NIKS om vir sy eie mense nie.Die brandstof pryse moes nie verhoog geword het vandag nie maar moes VERLAAG geword het.Kyk maar op CEF Group onder “Petrol price”.Daar is dit so duidelik soos daglig.Ons word oop oe verneuk.

AJ. ·

Waarom hoor ons eers Dinsdag aand op die nuus op SABC.2 net voor sewe wat die nuwe prys op brandstof gaan wees. Dan word daar nog verkeerdelik gese dat diesel net met 13c. gaan verhoog,maar nou skierlik met 33c. Lieg almal nou soos die ANC. vir die land.
Waar is die TAXI. stakings nou? Of betaal ons lankal vir hulle brandstof ook..

AH ·

Hier is ‘n paar mense met suur druiwe oor dié van ons wat met Ford Rangers ry. Hoekom? Ons betaal dieselfde as julle met watse voertuig julle ookal ry. Doen jouself ‘n guns en koop vir jou ook ‘n Ford Ranger sodat jy kan saampraat. My inkomste kom van myne af want ek werk in die veld, nie in ‘n kantoor nie. Ek kan netsowel my dag in gemak met krag deurbring wat die baie kilometers draaglik maak. Ek ry ook uit my pad uit om diesel teen R1 per liter minder as die vulstasie om die hoek in te gooi.

Fordjie ·

AH ek sine daar is so bietjie groenigheid oor die Rangers. My man ry ook een. ‘n Pikswarte met al die mooi bells en whistles op. Ek ry ook ‘n Ford. ‘n Ford Everest. Mag maar dis lekker karre. Albei. Die Everest en die Ranger. Soos my seun altyd sê -ons is Ford mense

ne ·

Ek sien nerens dat julle van boere se insetkoste praat nie. Weet julle hoeveel duurder gaan die plaas produkte word? Die anc wil hê die boere moet bankrot speel sodat hulle die eiendom spotgoedkoop kan kry. anc weet nie dat ‘n boer ‘n plan kan maak nie….

RIA MYBURG ·

Neem asb kennis, die prys van L P GAS VERMINDER met 7 c, nie styg nie.

Oopkop ·

Pasop waar jy diesel ingooi! Paraffien word met diesel gemeng ! Ou truuk om prys laag te hou.

chrisjan ·

Ek merk nou dat tot en met die 4 Junie is diesel 61,6c en petrol 105,89 c per liter OORVERHAAL so waarom brandstof pryse moes styg gaan my verstand te bowe.Brandstof pryse moes GEDAAL het!Iemand doen duidelik nie sy werk nie!

Chris ·

Ek het paar weke terug by n puma vulstasie in Groblersdal petrol in gegooi, petrol is op daardie staduim R13.89 per liter, hierdie vulstasie het sy petrol verkoop teen R14.06. As dit gereguleerd is wat nou? Waar kan so n vulstasie aangegee word en sal daar iets aangedoen word? Klink min maar maak die somme van liters wat daagliks ingegooi word.

chrisjan ·

Chris hoe verder die vulstasie van die verspreidings depot aan die rand is hoe hoer is die prys van petrol.Dis agv vervoer kostes.Ons was in 2009 in Orania vir ‘n paar dae om die plekkie deur te kyk en sy brandstof prys was die hoogste wat ek nog gesien het daai jare.Gelukkig het ek nie nodig gehad om by Orania se vulstasie brandstof in te gooi nie en is terug Mooinooi toe met dieselfde tenk wat ek daar BAIE goedkoper vol gemaak het voor ons rit!

Chris Ws ·

Waar is die AA nou?Hulle hoord die regering aan te vat oor die styging in plaas van verlaging van die brandstof prys.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.