Dis-Chem se brief ‘verdeel’ – Mashaba

(Foto: Karen Sandison/ANA)

Ook Herman Mashaba is nie beïndruk met Dis-Chem se brief aan werkers wat lui dat ʼn moratorium op die aanstelling van wit kandidate geplaas word nie.

Mashaba – ’n sakeman en politikus – sê dié brief is “rassisties en verdelend”.

“Raskwotas het bygedra tot ons huidige ekonomiese ellende. Stel Suid-Afrikaners op meriete aan, en belê in opleiding waar jy swakhede ervaar,” lui ’n twiet op die voormalige Johannesburgse burgemeester se Twitterrekening.

Talle mense het reeds teen die brief uitgevaar sedert dit verlede week vir die eerste keer die lig op sosiale media gesien het. Maroela Media kon intussen by wyse van  ʼn brief van die apteekgroep se regsverteenwoordiger bevestig dat die brief verlede maand aan personeel uitgestuur is.

Die brief is egter kort daarna onttrek.

“Swart en wit mense word in geldwaarde gemeet… Ivan Saltzman [uitvoerende hoof van Dis-Chem], jy behoort jou te skaam, “ skryf Ian Cameron van Action Society.

Die brief – deur Saltzman en gedateer 19 September –  lui dat wit personeellede nie aangestel of bevorder mag word nie sodat indiensnemingsteikens deur die maatskappy behaal kan word.

Dit lui dat die maatskappy se transformasiepogings rakende sy werknemerprofiel onvoldoende bly en stel dit voorts: “Dit is die koers tussen wit en swart wat tel. Wanneer geen geskikte swart kandidaat dus gevind kan word nie en ʼn wit kandidaat word aangestel, benodig ons verskeie swart mense net om die status quo te handhaaf.”

Werkers is glo gedreig om nie ʼn woord oor die brief te rep nie, maar dit is nietemin by Solidariteit aangemeld. Solidariteit se regspan het, nadat vakbondlede dit onder sy aandag gebring het, by Dis-Chem se regspan oor die brief navraag gedoen.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê die brief laat vrae ontstaan oor Dis-Chem se moraliteit en indien daar wel so ʼn streng rasverpligting op die maatskappy geplaas word, behoort hy dit uit te daag. “Hulle moet dit in die hof gaan toets omdat dit nie billik teenoor werkers is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Pietertjie ·

Ek kan dit ook sê. Die verg byna geen inspanning nie. En dit sal dieselfde impak hê as Herman se woorde. DIS WAT MENS DOEN wat die verskil maak.

GWS ·

Ek weet nou waar ek NIE my swaar verdiende geld gaan spandeer nie!!!

domheks ·

“”Die brief is egter kort daarna onttrek.””
Skynheilige ou Jood! Blankes was nog altyd goed genoeg, maar om gat te kruip by cANCer moes jy die brief uitstuur. Kry vir jou – B O I K O T ! ! !

Laurika ·

Na 28 jaar, ‘n hele 28 jaar, het ons nie meer heel paaie in SA nie, ons het meer misdaad – kinders word elke dag vir muti vermoor en vermink, werkloosheid is erger as ooit tevore, meer korrupsie as ooit, ons het beurtkrag en hoeveel daklose gesinne wat nog wag op die huis wat hulle 28 jaar gelede belowe was, en mense soos Herman Mashaba word nou deur sy eie mense aangeval omdat hy slim genoeg is om die groter prentjie in te sien. Daarsy, ek hoef niks verder te sê nie, nê?

Pietertjie ·

Herman is ‘n politikus wat blanke steun probeer werf vir sy jongste aanslag op mag. Kyk eerder na sy “track record” as sy “statements”. En bly weg van Dischem!

Danie ·

Niemand is so blind soos die massas wat nie die probleem wil raak sien nie. Na alles wil hulle nou die een man wat n positiewe bydrae tot die land gemaak het in hulle kamp stenig. Wys jou net…

Kobus ·

Vele dreigemente van boikot doen die rondte. Indien wel sal dit korttermyn wees. Kyk maar hoe lyk Spur oor naweke. Geniet steeds steun van blankes. Alle gelyste maatskappye, waaronder DisChem is egter volgens wet verplig om kwotas te handhaaf. Die groep is ook sterk genoeg om ‘n prysoorlog te begin waarteen kleiner apteke nie sal kan meeding nie. Markkragte sal inskop en wie kan mense kwalik neem indien hulle winskopies sal wil aanskaf? Ongelukkig is die regering se ideologiese behepted die ondergang van ons ekonomie.

Claudette ·

Onthou Dischem het nou Toys R US ook oorgekoop…behoort nou ook aan Ivan Saltzman

Vonny ·

Die boikot teen Spur het gewerk!
Ons ondersteuning lè by Arrie Nel apteke!
Terloops Absa stel ook nie meer blankes aan….

Kobus ·

Dalk korttermyn. Wat het sedert die boikot gebeur want hulle word steeds ondersteun

Republikein in die Wes Kaap ·

Absa en van die ander groot banke maak takke toe by dosyne. Weet nie waar die nuwe aanstellings gaan werk nir.

Martin ·

Ek en my vrou shop nou al oor die 20 jaar by Dis-Chem en het baie duisende Rande daar spandeer, ons boikot vir Dis-Chem effektief onmiddellik en het sedert eergister by ‘n ander apteek ons inkopies gedoen. Julle het ‘n groot fout gemaak.

Wondermaarnet ·

By een van die takke in Kaapstad sien ek ALTYD net 1 wit vrou werk en sy pak rakke en werk op die vloer. Die wat by die betaalpunte sit, sit en klets en lag en het geen haas om kliënte te help nie.

Kattebol ·

Spur het gedink hulle is onaantasbaar en die witmense se boikot Sal niks doen nie. Dischem is onder dieselfde indruk.

Marcello ·

Kyk, ek weet nie eers wanneer laas ek ‘n blanke personeellid by ons Dis-Chem gesien het nie, so dit is nie van nou af nie, maar al lankal inwerking. Dis-Chem sien my NOOIT weer nie, hulle diens is inelkgeval pateties.

CHRISTINE ·

DIS AL JARE SO IN BV DIE VERSEKERINGSBEDRYF EN DIE ARME VERSEKERAARS KON EN KAN NIKS DOEN MET DIE FEIT DAT DIE REGERING EN DIE WETTE WAT HULLE INSTEL RASSISTIES EN KOMMUNINSTIES IS.

Old no7 ·

Die is ń beleid wat al jare toegepas word. Eskom het dit gedoen al voor 1994 en ja so ook al die ander instansies, noem maar op Denel, Spoornet, SAL, Sars, munsipaliteite, Eskom ens.Die resultate beleef ons vandag en elke dag en ons voel dit aan ons bas. Om te boikot gee mense gemoedsrus maar ongelukkig is die resultate nie wat ons wil hê dit moet wees nie. So, ek gaan Dis-Chem ook boikot maar ook maar nog so af en toe by Spur eet.

CHRISTINE ·

Die vloek van die ANC regering begin nou ondraaglik raak.

nellaj413 ·

Dit is jammer dat mense nou so vreeslik ontnugter word deir Dis-Chem se brief, hierdie beleid is nie nuut nie, dis net “per ongeluk” op skrif geplaas. Hierdie beleid is die norm by al die korporatiewe besighede, die banke pas dit al jare lank getrou toe, ongelukkig besef mense nie mooi wat gebeur by die besigjeid wat hulle so getrou ondersteun nie.

Wendy ·

Sizwe op twitter in watter wereld leef jy, kyk om jou rond en sien of die equality waarna jy verwys hoegenaamd wittes insluit , en dt hou al 29jr so aan, nee man hou op met ras en klas dis holrug gery,julle is baie meer as ons

AH ·

Alles leë woorde! Dink hulle regtig dat blanke Suid-Afrikaners dit vir soetkoek opvreet? Ek hoop van harte almal boikot hulle!

LANA is ELANè ·

O ja, dit hits net rassehaat aan. So reg in die kraal van politici en die regering.

Veronika ·

Nee wat my wit geld is dan ook nie meer goed genoeg vir dischem nie! En ek en my dogter het maandeliks n gesiene bedrag geld daar spandeer, van al ons tioletware vir 6 mense tot ons 2 se grimering en my chroniese medisyne wat alleen n R1000 is! Gelukkig kan ons als kry by n ander kettinggroep. Klaar my voorskrif oorgeplaas! Bye bye!!!!!!!

Heleen ·

Karma is a b1tch!
Dischem se prys op die aandele mark het geval en is tans amper so laag soos n jaar terug..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.