Dissiplinêre stappe ná Medupi-ontploffing

Herstelwerk kan glo miljarde rande beloop. (Foto: Chris Yelland/Twitter)

Dissiplinêre stappe gaan teen agt werknemers gedoen word wat na bewering vir die ontploffing by eenheid 4 van die Medupi-steenkoolkragstasie naby Lephalale, Limpopo, verantwoordelik was.

Zweli Witbooi, waarnemende kragstasiebestuurder van die Medupi-kragstasie, het die media ingelig oor die stand van sake om die kragopwekkingseenheid wat in Augustus verlede jaar tydens ʼn ontploffing beskadig is, te herstel.

eNCA berig ondersoeke het aan die lig gebring dat die ontploffing weens nalatigheid van dié betrokke werknemers veroorsaak is. Die ondersoek is in Januarie afgehandel.

“Ons kon die tegniese assesserings betreffende die herstel van die beskadigde eiendom afhandel en dit het ons in staat gestel om die mark te kon nader,” het Witbooi gesê.

“In hierdie geval het ons toestemming gekry om die diens van die oorspronklike toerustingvervaardiger te gebruik en hulle sal ons help om eenheid 4 te herstel.”

Die kragstasie van R122 miljard het 14 jaar geneem om te voltooi. Die aanvanklike koste was op tussen R56 en R60 miljard geraam, maar die koste het drasties toegeneem.

Die steenkoolkragsentrale bestaan uit ses eenhede. Sodra dit ten volle in werking is, sal die kragsentrale help om beurtkrag te verminder.

Witbooi sê dit sal sowat R2,5 miljard kos om Medupi se eenheid 4 te herbou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Di ·

DIT is die gevolge van onbevoegde mense in poste aan te stel! ONS moet nou die gevolge dra van hierdie nalatigheid EN op die einde van die dag hiervoor betaal.

Anel ·

Dis nou al amper ‘n jaar later en daar is nog nie eens begin met die herstelwerk nie!!! Wat ‘n skande!! Wanneer hoor ons wie die skuldiges is en vir hoe lank hulle tronktoe gaan, en is hulle van terorisme aangekla???

Frank ·

Daardie werknemers moet van hoogverraad aangekla word. Wildehonde.

Snowball ·

Miljoene, biljoene, miljarde miljuisende verkwis in die mishoop van ‘n land om kader se knoei -en -konkelwerk reg te dokter.

Wondermaarnet ·

Hulle gaan vervolg word, maar die kostes word nie verhaal van hulle nie.

JM ·

Ek stem saam met “Snowball”. Belastingbetalers is keelvol oor die skade wat onbevoegdheid en nalatigheid veroorsaak en wat in ons kele afgedruk word. Mag daar spoedig uitkoms wees!

Manie ·

Dit het tyd geword dat die managers en leiers die pad kry en nie die operateurs nie. Bestuur moes toesien dat dit nie gebeur het nie.

Misky ·

En die kostes verbonde? Gaan dit ook van hulle verhaal word of wie betaal op die uiteinde vir die onbevoegdheid?

Strandloper ·

Sjoe, wat n mooi toonbeeld van regstelende aksie. So bly geskoolde mense doen die herstelwerk. Anc poog nou al 30 jaar om die wiel te verander na wurm bollie, moet sê nogal redelik sukses behaal.

Samuel ·

Wat hierdie werknemers gedoen het is krimineel. In my leeftyd sal die kragsentrale nie herstel word nie.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

“Never a dull moment is the Afro-nationalism communist state of eMzansibabwe in Southern Africa. What will be the next non-dull moment?”

Kerneels ·

“…WAARNEMENDE kragstasiebestuurder…”
Ek rus my tas.

Swerwer ·

So die 22miljoen Vlag se geld kan nou maar weer aangewend word vir die onbevoeg gevulde poste van Eskom. Sal nooit hierdie landjie van ons weer regkry nie.

JohanEtz ·

Ons loop deur onder beurtkrag en hoë tariewe!!! So verkeerd om dít wat jy tekort van het, na buurlande uit te voer?

Janee ·

Ons gaan suffer (soos tant Stienie gesê het) VIR DIE RES VAN ONS LEWENS. Die mense weet nie van instandhouding en ‘n land regeer. Maar nee….”ons kan baie praat en weet van alles”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.