Dissiplinêre stappe volg ná video van ‘besope’ Eskom-werker

(Argieffoto: ANA)

Eskom gaan ’n interne dissiplinêre proses teen ’n werknemer begin nadat ’n video op sosiale media gedeel is waarin hy of sy besope ná ’n motorongeluk voorkom.

Die kragvoorsiener het Dinsdag in ’n verklaring gesê die video wys dat die betrokke werknemer “sukkel om te staan” kort nadat hy of sy met ’n Eskom-voertuig in ’n motorongeluk betrokke was. “Ons is dankbaar dat daar geen beserings tydens die voorval was nie.”

Luidens die verklaring bepaal Eskom se beleid en reëls dat werknemers nie onder die invloed van alkohol gedurende werksure mag wees nie. Die kragvoorsiener is ook gekant teen dronkbestuur, word daar in die verklaring verseker.

“Gegewe die moontlike gevaar en risiko’s wat met die aard van ons besigheid verband hou, handhaaf ons die reël [van nugter bly gedurende werksure].

“Ons betreur dus die risiko’s waaraan ons werknemer se gedrag ander padgebruikers en voetgangers moontlik blootgestel het.

“Ons kan die publiek en ons kliënte daarvan verseker dat ons ook terwyl die polisie die saak hanteer, regstellende maatreëls sal tref om te verseker dat sulke gedrag nie herhaal word nie,” het Motlhabane Ramashi, senior bestuurder van bedryf en instandhouding in Gauteng, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

gatgogga ·

“Regstellende maatreels”.
Ja, ek wonder ook, want ons weet dat regstellende aksies veroorsaak dat dinge agteruit gaan.

Pierreli ·

Besope Eskom werker? Shocking!!!
Ek dink elke dag die regering en die staats instansies ministers is almal besope of onder die invloed.
Hulle stel geen goeie voorbeeld vir die res nie.

koos10 ·

Kom nou Eskom, die reël van nugter by die werk?
Bestuur onder die invoed is ONWETTIG!!!!
Om onder die invloed by die werk te wees is ‘n ontslaanbare oortreding, behalwe as jy ‘n toetser is by SAB(?).
Wat gaan julle aan die werknemer doen? Ek kan met sekerheid sê van watter ras die persoon is, net om julle media verklaring te lees, en dit bepaal ook julle aksies.

gatgogga ·

Netso. As die persoon enige oortreding begaan, en hy is blank, dan sal dit pertinent genoem word.

Magda ·

Gedog Alkohal is VERBAN – mmmm seker gekoop by ????????????

Mariana ·

Verstaan nou nie, hoe weet hulle dan nou nie of dit ‘n hy of ‘n sy is wat bestuur het nie……en boonop dronk ook. Met die drankverbod ook nog op ons, gaan dit mos nou weer bewys dat verbod of nie, mense gaan drink……….

Anoniem ·

Hulle verwys die heeltyd na die werknemer na ‘n “hy” of ń “sy” so weet hulle wie die persoon is teen wie hulle dissipliner gaan optree…?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.