Dogters op pad huis toe verkrag

(Argieffoto: Hans Braxmeier/pixabay)

Die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings in Tshilwavhusiku buite Louis Trichardt in Limpopo stel ondersoek in ná twee meisies Donderdag omstreeks 16:40 aangeval is.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê die twee meisies, onderskeidelik agt en nege jaar oud, was op pad huis toe van die skool af toe twee onbekende mans, geklee in blou oorpakke, hulle oorval het. “Die verdagtes het hulle gegryp en in nabygeleë bosse by Chumbry’s-plaas gesleep. Albei is verkrag. Die mans het daarna van die toneel gevlug.”

Die kinders het hul ouers in kennis gestel toe hulle by die huis aankom en die saak is by die polisie aangemeld. Twee sake van verkragting is aanhangig gemaak en ʼn ondersoek is dadelik van stapel gestuur.

Lt.genl. Thembi Hadebe, provinsiale polisiekommissaris, moedig die publiek aan om enige inligting met die polisie te deel wat moontlik die ondersoek kan help. Kontak lt.kol. Maphefo Machaba by 082 451 7163.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

TRP ·

Uiterste siek samelewing waarin ons woon. So bitter jammer vir die meisies.

Charl ·

Die veragtelike gemors is nie mense nie, láér as diere, mag hulle stadig en pynlik vrek !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.