Donderweer, reën in Kaap van storms

Reënwolke oor Mosselbaai (Foto: Argief)

Kapenaars moet hulle teen nóg swaar reën met gelokaliseerde oorstromings staal wat na verwagting tot Saterdagmiddag in dele van die Wes-Kaap kan voortduur. Reën- en donderbuie kom reeds sedert Donderdag in dele van dié provinsie voor.

Volgens Tokelo Chiloane, weervoorspeller verbonde aan die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD), het donderstorms Donderdagmiddag in dele van die Klein-Karoo, Laingsburg, Hessekwa, Worcester en in die omgewing van Swellendam uitgesak. Dié weersomstandighede het tot Vrydagoggend voortgeduur.

Chiloane sê ’n 60%- tot 80%-kans vir reënval word tot Saterdagmiddag vir die suidelike en westelike gebiede van die Wes-Kaap voorspel. Die reën sal met rukwinde en koue gepaardgaan.

Chiloane sê ’n 60%-kans vir reën word ook vir Vrydag oor groot dele van die Oos-Kaap voorspel. Die reën sal teen Sondag na KwaZulu-Natal versprei.

“Teen Saterdagmiddag sal die reën in die Wes- en Oos-Kaap opklaar,” sê Chiloane.

Bewolkte toestande en ligte reën word ook tot Saterdag vir groot dele van die Vrystaat, Noordwes, Gauteng, dele van die Noord-Kaap, Mpumalanga en Limpopo voorspel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Harley Davidson ·

Ek hoop binnekort is dit kaap van goede hoop ‘n buurland van die piesang Republiek van Suid-Afrika waar mense regtig vry en voorspoedig sal wees .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.