Donker tyd vir eierboere

Daar hang ‘n swaard oor eierboere se koppe. (Foto: Maroela Media)

Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV) se eierorganisasie het aangedui dat dit tans baie moeilik is vir pluimveeboere om eiers te produseer.

Dr. Abongile Balarane, die SAPV se eierorganisasie se hoofbestuurder, sê hoewel eiers een van die mees bekostigbare diereproteïenbronne bly, word dit al hoe duurder vir boere om hierdie hoogs veelsydige en voedsame proteïenbron te produseer.

“Sedert die begin van die maand het Eskom se tariefverhoging van 18,5% ingeskop, wat meer druk op die eierprodusente geplaas het.

“Daar is beraam dat die veranderlike koste om ʼn eier te produseer, wat elektrisiteit, brandstof en voer insluit, voorheen met sowat 70% toegeneem het, maar nou nader aan 80% blyk te wees,” sê hy.

“Hierdie stygende koste, gekombineer met Eskom se wisselvallige elektrisiteitsvoorsiening wat verskeie daaglikse elektrisiteitsonderbrekings veroorsaak, beïnvloed die produksie en verpakking van eiers ernstig negatief. Baie produsente, veral van die kleineres en sommige pakstasies, is in die onlangse verlede gedwing om die bedryf te verlaat.”

Hy sê die SAPV se statistieke bevestig dat die hele waardeketting geraak word as sake by primêre eierproduksie skeefloop.

“Na verwagting sal die aanvraag na uitgebroeide lêhenkuikens met 35% afneem en sal die aktiewe lêhenne wat vervang word met 11% afneem.

“In hierdie donker dae is ek egter vol vertroue dat ons veerkragtige eierprodusente sal voortgaan om Suid-Afrikaners hul geliefde diereproteïenbron te bied,” sê hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Mariana ·

En so vat die regering en Eskom kos uit miljoene se monde. So sal nog baie besighede val, maar president en sy vriende lewe mos lekker, hoekom nou bekommer oor besighede en werkloosheid en mense se honger.

Henker ·

En so styg inflasie, en op sie beurt weer rentekoerse en so gaan die bose kringloopaar net aan en aan

Papsak ·

Nee wat worrie hulle Ramaphosa en sy anc kaders mos ryk en lewe lekker alles so mooi uit gewerk

Papsak ·

So boer hierdie land agter uit by die uur maar nee stem mos vir anc en volgende jaar stem hulle maar weer vir anc

Andries ·

Hierdie berig is net om ons te waarsku die prys van eiers gaan die hoogte inskiet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.