Dooie koei veroorsaak ongeluk

Die ongelukstoneel nadat ‘n motoris vir ‘n dooie koei in die pad uitgeswaai het. (Foto: Verskaf)

Verskeie mense is beseer toe die bestuurder van ʼn ligte motorvoertuig uitgeswaai het vir ʼn dooie koei in die pad net voor Port Edward in KwaZulu-Natal. Die insittendes moes met kake van die lewe uit die voertuig bevry word.

Netcare 911 het Maandag net ná 23:00 gereageer op inligting oor ʼn botsing op die R61 aan die Suidkus. “Volgens inligting tot ons beskikking lyk dit of die bestuurder van die voertuig uitgeswaai het om te keer dat hy ʼn dooie koei in die pad tref. In die proses het hy beheer van die voertuig verloor,” sê Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911.

Die voertuig, met ses insittendes, het teen ʼn skuinste langs die pad tot stilstand gekom. Volgens Herbst is een persoon ernstig beseer, drie persone het matige beserings opgedoen en nog twee insittendes het minimale beserings opgedoen.

“Die brandweer- en reddingsdienste het kake van die lewe gebruik om die mense uit die voertuig te bevry en die pasiënte is op die toneel behandel,” sê Herbst.

Nadat hulle op die toneel gestabiliseer is, is al ses pasiënte met ʼn private ambulans na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Huh ·

Ek wil net gou uitvind hoe pas 6 mense in ‘n ligte motorvoertuig

Stof ·

Heelwat nutsvoertuie en stasiewaens het ses tot agt sitplekke. Dit is veral nuttig omdat dit wel minder as tien is, en dus nie ‘n openbare bestuurspermit vereis van pa en ma, as die gesin groot is nie.

Liezl ·

Ja, wil ek ook weet, want daar is net 3 sitplek gordels op die agterste sitplek. Maar jong, sommige mense steur hulle mos nie aan dit nie. Wetteloos is aan die orde van die dag.

Neels ·

Antwoord is maklik die mrnse klim in en sit bo op mekaar selfs in die kattebak. Het julle dit nog nooit gesien nie? Julle mag verskoon word seker bly julle in grootstede. Gaan kyk in die platteland daar is n 1+ 3 taxi sommmer n 1 + 8 en inkopies

Uilspieel ·

Deesdae loop die beeste ook mos oral net waar hul wil. Het die wet verander dat boere en eienaars van beeste hul beeste moet binne heinings hou? In di verlede is hul net uit di pad gejaag en op di plek doodgeskiet.

Wonder net... ·

Wat soek dooie koei in pad? Hoekom is hy nie dood in sy eie afgekampe kamp? Te veel “bos beeste” in SA deesdae maar tog sal daar eerder diere geslag word in hul eie kampe (al behoort hul nie eens aan die slagters nie)!

Connie ·

Daardie koei as dit dieselfde bruin een is, is gereeld deur die dag daar im die pad. Moes ook al uitswaai geen oppasser naby, het vanoggend die merke gesien en gewonder wat het gebeur.

Chris ·

Aag shame nou is haar plekkie leeg in die pad gaan seker n bees van n fees wees wat daar gehou gaan word

RS ·

Weer mense se skuld. Hulle moet ba hul beeste en ander diere omsien.

Piet parys ·

Die regering laat mos hulle broers toe om diere te laat wei net waar hulle wei en loop sommer hier in die dorp . PLAKKERSLAND SA . Geen beheer nie en vee word nie geskut nie en nie gebrand merk nie want anders kry die Anc nie stemme nie as hulle sou optree teen die skuldiges . EK SOU DAAI VED EIENAAR SOWEL AS DIE MUNISIPALITEIT DAGVAAR OMDAT HULLE LOSLOPENDE VEE TOELAAT.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.